Ek wonder so baie keer wat dit is wat die lewe die moeite werd maak. Hoe kyk mens vorentoe? Hoe moet ek my lewe bestuur, en inrig om die lewenspad die moeite werd te maak, om ten spyte van moeilike tye nóg 'n dag op te staan, wéér 'n dag aan te pak waarvoor ek dalk nie lus is nie.
Om positief te bly in negatiewe omstandighede. Voordat ek hierdie stukkie begin voorberei het, het 'n klomp dinge deur my kop gegaan terwyl ek gedink het oor wat alles nodig is om goeie bestuur van my lewe toe te pas. Bv. wees tevrede, doen vir ander iets, tel jou seëninge, verwerk stres en bekommernis, sorteer probleme uit, handhaaf goeie verhoudinge, ens. Wel, ál hierdie dinge moet in plek wees om 'n sinvolle lewe te handhaaf, maar … toe kry ek die heel beste raad in drie eenvoudige woorde. Woorde wat so ryk aan inhoud is, dat ons seker ure en dae oor elkeen kan praat, deur dit te bedink, ontleed en deur te trap. Drie woorde wat alles bevat om sinvol te leef, vrolik op te staan, positief te bly, uit te sien na môre. Ek het besluit dat ek wil probeer om elke oggend hierdie drie woorde te oordink voordat ek opstaan. Jy ken hierdie drie woorde baie goed, dit kom uit 1 Kor 13:13 "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde." Geloof, hoop en liefde… na my mening is dit die antwoord op 'n sinvolle, vreugdevolle lewe.
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserElke Woensdag lei Gerrit 'n oggend Bybelstudie by die kerk se hoofgebou. Dit word ook as 'n blog versprei en lewendig uitgesaai. Archives
February 2022
Categories |