Die Nuwe Testament is saamgestel deur woorde, sinne, hoofstukke, boeke (soos briewe of evangelies) en dan ‘n totale eenheid.
Vandag gesels ons oor hoe dit saamgestel is. Hoekom is dit belangrik? Wel, omdat ‘n verstaan van daardie samestelling vir ons ‘n wereld van kennis en wysheid oopmaak. Ek was nog altyd gefassineer deur legkaarte. Altyd. Dit lyk my ek is in goeie geselskap, want die skrywer en verteller Malcolm Gladwell is ook so. Hy vertel hoe hul gesin een vakansie in die Franse platteland is, en so vasgevang was deur ‘n moeilike legkaart dat hulle omtrent die platteland besoek het nie. Hulle moes hierdie legkaart klaarmaak. Sedert hy ‘n kind was moes hy legkaarte voltooi. Hy praat van hoe absurd dit is, aangesien elke legkaart ‘n antwoord het. Hy gaan verder deur te se dat dit selfs die prentjie vir jou gee. Ek was nog altyd gefassineer deur legkaarte vir dieselfde rede. Hoekom wil jy dit doen wanneer jy die antwoord het? Ek pak eerder iets nuut aan wat nog nie gedoen is nie. Dis dalk waarom ek ‘n argeoloog wou word as kind (of dalk was dit net Indiana Jones se films). Punt is egter dit: My fassinasie met die Bybel kom sedert ek ‘n kind is, juis omdat ek gevoel het daar is ruimte vir interpretasie. Daarom dat ek Teologie gaan studeer het. Die Bybel is ‘n legkaart, maar ek weet ons het nie al die stukke nie. Totdat Jesus terugkeer sal ons nooit al die stukke besit nie – dit moet ons aanmoedig om die sinne, die woorde, die samestelling daarvan, sommer alles, beter te probeer verstaan. Dis die inspirasie. Maar jou sal jy vra: “Kan ons nie alles weet van die Bybel nie? Jesus se dan alles sal openbaar gemaak word?” Kom ons kyk na ‘n teksvers waarin daar na geheime verwys word: Daar is geen geheim nie, of dit moet openbaar gemaak word; en daar word niks geheim gehou nie, of dit moet aan die lig kom. MARKUS 4:22 AFR83 Jesus verwys hier spesifiek na mense wat met onderduimse dinge besig is. Dinge wat nie deel moet wees van Sy Koninkryk nie. Kyk eerder na hierdie legkaart teksvers: God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus wat ek verkondig, en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. Eeue lank het dit geheim gebly, ROMEINE 16:25 AFR83 Die geheim is Jesus Christus. Hy word gevind in alles wat ons aanpak in die Koninkryk. Daarom kan die een nie die ander een veroordeel nie. Ons roeping is om Jesus te vind in mekaar se lewens. Paulus skryf verder hieroor in sy eerste brief aan die Korintiërs. Dit klink min of meer so: “Nou sien ons in ‘n dowwe spieël, maar eendag sal ons volmaak kan sien...” Ons het nie al die antwoorde oor die Bybel nie. Die legkaart is nie klaar nie. Hou aan bou. Die deel van die legkaart wat jy sien sal pragtig lyk.
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserElke Woensdag lei Gerrit 'n oggend Bybelstudie by die kerk se hoofgebou. Dit word ook as 'n blog versprei en lewendig uitgesaai. Archives
February 2022
Categories |