Die Nuwe Testament is saamgestel deur woorde, sinne, hoofstukke, boeke (soos briewe of evangelies) en dan ‘n totale eenheid.
Vandag gesels ons oor hoe dit saamgestel is. Hoekom is dit belangrik? Wel, omdat ‘n verstaan van daardie samestelling vir ons ‘n wereld van kennis en wysheid oopmaak. Ek was nog altyd gefassineer deur legkaarte. Altyd. Dit lyk my ek is in goeie geselskap, want die skrywer en verteller Malcolm Gladwell is ook so. Hy vertel hoe hul gesin een vakansie in die Franse platteland is, en so vasgevang was deur ‘n moeilike legkaart dat hulle omtrent die platteland besoek het nie. Hulle moes hierdie legkaart klaarmaak. Sedert hy ‘n kind was moes hy legkaarte voltooi. Hy praat van hoe absurd dit is, aangesien elke legkaart ‘n antwoord het. Hy gaan verder deur te se dat dit selfs die prentjie vir jou gee. Ek was nog altyd gefassineer deur legkaarte vir dieselfde rede. Hoekom wil jy dit doen wanneer jy die antwoord het? Ek pak eerder iets nuut aan wat nog nie gedoen is nie. Dis dalk waarom ek ‘n argeoloog wou word as kind (of dalk was dit net Indiana Jones se films). Punt is egter dit: My fassinasie met die Bybel kom sedert ek ‘n kind is, juis omdat ek gevoel het daar is ruimte vir interpretasie. Daarom dat ek Teologie gaan studeer het. Die Bybel is ‘n legkaart, maar ek weet ons het nie al die stukke nie. Totdat Jesus terugkeer sal ons nooit al die stukke besit nie – dit moet ons aanmoedig om die sinne, die woorde, die samestelling daarvan, sommer alles, beter te probeer verstaan. Dis die inspirasie. Maar jou sal jy vra: “Kan ons nie alles weet van die Bybel nie? Jesus se dan alles sal openbaar gemaak word?” Kom ons kyk na ‘n teksvers waarin daar na geheime verwys word: Daar is geen geheim nie, of dit moet openbaar gemaak word; en daar word niks geheim gehou nie, of dit moet aan die lig kom. MARKUS 4:22 AFR83 Jesus verwys hier spesifiek na mense wat met onderduimse dinge besig is. Dinge wat nie deel moet wees van Sy Koninkryk nie. Kyk eerder na hierdie legkaart teksvers: God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus wat ek verkondig, en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. Eeue lank het dit geheim gebly, ROMEINE 16:25 AFR83 Die geheim is Jesus Christus. Hy word gevind in alles wat ons aanpak in die Koninkryk. Daarom kan die een nie die ander een veroordeel nie. Ons roeping is om Jesus te vind in mekaar se lewens. Paulus skryf verder hieroor in sy eerste brief aan die Korintiërs. Dit klink min of meer so: “Nou sien ons in ‘n dowwe spieël, maar eendag sal ons volmaak kan sien...” Ons het nie al die antwoorde oor die Bybel nie. Die legkaart is nie klaar nie. Hou aan bou. Die deel van die legkaart wat jy sien sal pragtig lyk. Volgens Stephen Neill (The Interpretation of the New Testament; 1966:33) was Jospeph Barber Lightfoot se kommentaar op die brief aan die Galasiers die rede waarom hierdie Cambridge professor die kampus aan die praat gehad het oor die Nuwe Testament. Lightfoot sou so passievol klasgee dat die lokaal waar hy klasse aangebied het te klein geword het. Op die ou end sou sy passievolle dosering van sy vak lei tot een van die grootste lokale in Cambridge. Dalk dink jy nie so nie – lees eers hierdie gebed. Nadat ons hierdie gebed saam gelees het tydens vanoggend se Bybelstudie het ons almal weereens besef dat enige iemand, insluitend gelowiges, maklik eensaam kan raak. Ons sou in die res van die Bybelstudie weer sien hoe God ons kom seën met Sy teenwoordigheid sodat ons kan weet ons hoef nooit eensaam te wees nie, maar wanneer ons is, is Hy steeds daar. Ons sou sien dat deur liefde vir ons medemens daardie eensaamheid gebreek kan word, maar dat ons nie konstant by ander moet wees net om nie eensaam te voel nie. Paulus moet ‘n moeilike brief skryf vir mense wat hy gehelp het om Jesus se teenwoordigheid te vind. Hierdie mense is om die bos gelei deur ander mense wat sekere aspekte van geloof kom toevoeg het tot dit wat hulle geglo het. Ek en jy was ook al om die bos gelei. Aanvanklik skryf hy vir hulle direk en eerlik, en later in die brief gee hy vir ons daardie pragtige Galasiers 5:22-23 wat gaan oor die vrug van die Gees. Paulus wil graag sien dat hulle die vryheid beleef wat hy beleef het toe hy vir Jesus leer ken het, want hy weet dan sal hulle nie deur mense wat hulle om die bos lei weggevoer kan word nie. Ek en jy het albei al gewens dat ons ‘n beter oordeelsvermoë kan hê. Min dinge maak mens so eensaam soos die wete dat jy om die bos gelei is met ou idees wat die geskiedenis gewys het vals is. Dit was dieselfde vir hierdie mense. Hulle is om die bos gelei deur mense wat idees rondom die besnydenis wou laat herleef het. Die mense vir wie Paulus geskryf het, het geweet in hul hart van harte dat dit totale nonsens is, en daarom is hy so kwaad in die eerste deel van hierdie brief. Ons moet ook iets beleef wanneer ons om die bos gelei word. Ons kan nie niks voel nie. Van ons voel dalk kwaad, ander voel eensaam, en ander weer hartseer. Jy moet iets voel. En dis wat Joseph Lightfoot regkry in 1860. Hy help studente om die emosie te voel van dit wat Paulus beleef, en dit breek deur hul eensame, unieke wêrelde. Die brief sluit af met ‘n tema wat nie eensaam is nie – diens aan mekaar. Die wetenskap se dit al jare lank. Die mens groei en leef gelukkig wanneer hy of sy dien. Gaan dien jy dan. Dit skep konneksie met God, en het die potensiaal om eensaamheid se wind uit te skop. Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en 'n ander evangelie aanneem. Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring. Maar al sou een van ons of selfs 'n engel uit die hemel aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref! Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het – die vloek van God sal hom tref! Klink dit nou asof ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie. Dit moet julle goed besef, broers: die evangelie wat ek verkondig, is nie deur 'n mens uitgedink nie. Ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of by 'n mens geleer nie. Inteendeel, Jesus Christus het dit in 'n openbaring aan my gegee. Julle het immers gehoor van my optrede toe ek destyds nog 'n aanhanger van die Joodse leer was. Ek het die kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer uitroei. En in die Joodse leer het ek onder my volksgenote bo baie van my leeftyd uitgestyg, want ek was 'n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van my voorvaders. Oor Koos de la Rey, die Sphinx en Simson se problemeElke boek in die Bybel is uniek en spesiaal op sy eie. Elkeen het ‘n groter boodskap, en elkeen het ook kleiner boodskappe. Soms verstewig daardie kleiner boodskappe die groter gedagte of boodskap van die skrywer. Die skrywers van die Bybel sou ook daardie kleiner boodskappe verduidelik deur metafore. Amos is glad nie verskillend nie.
Ek wil graag met jou drie metafore deel uit die boek Amos om jou te help om te verstaan hoe belangrik hierdie boek vandag nog nie ons tyd is. Nommer 1: God se genade as ‘n wa wat oorlaai is. Ons vind hierdie metafoor in Amos 2:12-13: 12 Maar julle het die nasireërs laat wyn drink en die profete belet om as profete op te tree. 13 Daarom laat ek julle vasval net waar julle is soos 'n wa vasval wat te vol gerwe is. Die nasireërs mag glad nie wyn gedrink het nie, en om hulle te dwing om wyn te drink was sonde teen God. ‘n Voorbeeld van iemand wat ‘n nasireër was, was Simson. Hy mag glad nie gedrink het nie, alhoewel ons almal weet dat Simson se probleem nie drank was nie. God kom sê dus vir sy volk in hierdie verse dat hul sonde teen mense, ook sonde is teen God self, en dit maak Sy genade swaar. Wat is die les in hierdie metafoor: God se genade voel vir ons meer ontvanklik wanneer ons ander help om hul beloftes aan God te hou. Nommer 2: God wat met profete praat word vergelyk met ‘n leeu wat brul. Hierdie vreemde metafoor is in Amos 3:8. Ons lees die volgende: 8 Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie? Die Here God het gepraat, wie sal nie as profeet optree nie? God se stem en teenwoordigheid word in baie plekke in die Bybel vergelyk met die van ‘n leeu. Navorsing wys dat leeus teenwoordig was in antieke Israel, asook die grootste dele van Noord-Afrika. Dis waarom leeus ook volop te vinde is in die Egiptiese hiërogliewe en ook hul teologie. Leeus was iets om te vrees. Hulle was magtig in die diere ryk, en dis waarom leiers dit ook deel gemaak het van hul eie mondering of teologie. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die bekende Sphinx in Egipte, wat die gesig van ‘n mens het, maar die lyf van ‘n leeu. Selfs in Suid-Afrika onder die Afrikaners het ons dit in die verlede gedoen. Generaal de La Rey was bekend as die Leeu van die Wes-Transvaal. Wie kan tog daardie bekende De La Rey, De La Rey, onthou van Bok van Blerk. Wanneer God praat met sy profete brul Hy soos ‘n leeu. Dit beteken dat die profete moet luister en bereid moet wees om die waarheid deur te gee. Wat is die les in die metafoor: Maak seker jy is ‘n profeet wat die waarheid verkondig, maar ook ‘n lidmaat van jou gemeente en net gewoon goeie mens wat dit ook doen. Nommer 3: Die skaarsheid van God se Woord word vergelyk met ‘n droogte in die woestyn. Dit kan seker nie reg wees nie. Ek dog ‘n woestyn is ‘n voorbeeld van ‘n plek waar daar altyd ‘n droogte is. Toe nie. Jy dink seker aan die Gauteng Leeus wat steeds ‘n droogte beleef – ‘n Wen-droogte, binne-in ‘n trofee-droogte. Dis nou ‘n droogte in die woestyn. Kom ons lees wat sê hierdie verse: 11 Maar daar kom dae, sê die Here my God, dat Ek 'n honger oor die aarde laat kom: ‘n honger nie na kos nie, 'n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor. 12 Die mense sal ronddwaal van see tot see, rondslinger van noord tot oos om die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie kry nie. Wat beteken dit? Dit beteken dat die volk honger en dors na die verkeerde dinge. Om te honger na God se Woord is om te poog om nog meer te verstaan wie presies Hy is. Hoe meer jy God in jou lewe leer ken, hoe meer leer jy die lewe ken. Wat beteken dit vir my en jou vandag? Om te honger na God se Woord, is om Hom te soek in alles wat jy aanpak, maar ook oor alles wat oor jou pad kom wat jy nie beplan het nie. En dis die boek Amos in drie metafore. Mag dit inspireer en nader aan God bring. Lekker dag. Waaroor gaan dit?Komplekse Bybelvertalings in vandag se tyd. Bybel vertaling is nie maklik nie, maar wel moontlik. Wie bied dit aan?Gerrit Visser Indien jy meer tyd het, sal dit goed wees om die onderstaande video te kyk, maar dis nie broodnodig vir vandag se Bybelstudie nie:
Na watter vertalings gaan ons kyk:2020 vertaling: 1983 vertaling: Die Bybel vir almal: 1953 vertaling: Wat sê die verskillende vertalings, en hoe help dit ons om ons verhouding met God beter te verstaan?Al vier die verskillende vertalings kom neer op twee waarhede. Die eerste waarheid is dat goddelose mense dink hulle hoef nie vir God bang te wees nie. Hulle voel dat hulle nie vrees vir God te hê nie. Die tweede waarheid word verskillend verwoord in die vertalings. Die 1953 en 2020 vertalings fokus sterk op die bronteks wat verwys na die goddelose mens wat homself so vlei (homself goedpraat) dat hy nie 'n haat kan vind vir sy sonde nie. Die Bybel vir almal en die 1983 vertaling kom in beginsel daarop neer dat 'n goddelose mens nie jammer kan wees oor sy oortredings nie, maar is bietjie verwyder van die bronteks. Ek verkies die 2020 vertaling wat sterk fokus daarop dat ons die sonde wat in ons lewens is moet haat. Dis 'n sterk teologiese basis vir die koms van Jesus in die Nuwe Testament. Ons moet die sonde haat. Sonde en verwydering van God bring groot tragedies en hopeloosheid mee. Hoe meer ons fokus op God, hoe meer kan ons Godvresend leef, en hoe meer sien ons hoe Hy ons red van ons sonde. Hierdie proses is die proses van heiligmaking. Jy kan en moet deel wees van daardie proses. Kyk 'n opsomming van vandag se Bybelstudie, en stuur dit na iemand:
Wie bied dit aan:Gerrit Visser Hoe help dit my:Hierdie Bybelstudie en video materiaal help jou om die Ou Testament se vertaling in 2020 beter te verstaan. Dis belangrik dat alle Afrikaanse gelowiges konstant probeer om die Bybel beter te verstaan. Kyk eers hierdie video:Kom ons doen Bybelstudie: Rigters 16:1-2
Voor die 2020 vertaling van die Bybel in Afrikaans was daar vyf verskillende vertalings van die Bybel. Een van daardie vertalings (Die Bybel vir almal), gaan nie in hierdie Bybelstudie hanteer word nie. Die ander vier gaan wel hanteer word. Op grond van Prof Herrie se ontleding gaan ons deur drie fases van die ontleding van hierdie teks beweeg. Fase 1: Wat staan oorspronklik in die teks?Die naaste weergawe aan wat die oorspronklike teks sê is die 1953 vertaling. Die Bodskap vertaal dit ook korrek deur te begin met die frase: "Op 'n keer". Dis amper soos die inleiding van 'n nuwe hoofstuk in Simson se verhaal. Ons kan ook sê dis soos 'n nuwe episode in die boek van Simson se lewe. Die 1953 vertaling gee nie die gevoel dat dit 'n nuwe episode van Simson se lewe is nie. Deur net te sê "En Simson het gegaan..." se betekenis is meer. Hier word nie werklik erkenning gegee aan die feit dat hierdie die inleiding van 'n nuwe hoofstuk in Simson se lewe nie. Die 1983 vertaling maak daarvan 'n leidende sin. Dit begin met "Simson" aan die begin, maar Hebreeuse sinne het altyd begin met die werkwoord. Vir ons sal dit egter vreemd klink, en daarom word die woordorde verander. Die verandering van sinne na 'n maklike woordorde is nie iets wat tot sy reg kom in die 1953 vertaling nie, en daarom voel dit vreemd om te lees. Die Nuwe Lewende vertaling vertaal vers 1 baie dieselfde as die 1983 vertaling, wat ook maklik leesbaar is. Die 1953 vertaling van vers 2 is baie korrek in hoe dit vertaal is, maar die sinskonstruksie kan verwarrend wees. Hier doen die Boodskap baie goed om 'n tipe taal te gebruik wat vir ons almal bekend is, naamlik dat dit die rondte gedoen het... Met ander woorde skinder. Jy kan selfs sê die nuus versprei. Die laaste deel van vers 2 word basies presies dieselfde in al die vertalings gelewer, naamlik dat almal afgespreek het om stil te wees tot die volgende oggend en dan vir Simson te vermoor. Fase 2: Wat probeer die skrywers van die Bybel vir ons sê?# Simson was die tipe ou wat gekuier het by 'n vrou wat hy nie moes nie. # Simson was iemand oor wie daar baie geprat was. # Simson het altyd die gevaar geloop dat iemand hom sou wou vermoor, en sou later in sy lewe sien dat dit vir verskillende redes sou wees. Fase 3: Wat leer die verskillende vertalings ons?Vanuit die verskillende vetalings is dit duidelik dat mense kyk na mekaar se gedrag. Simson se swak gedrag word raakgesien. As hy nie daarheen gegaan het nie, sou daar waarskynlik niemand wees wat hom wou vermoor nie.
Wanneer ons na die groter prentjie kyk is dit duidelik dat hierdie 'n kenmerk was van Simson se lewe. Simson hang uit by plekke waar hy raakgesien kan word vir die verkeerde redes. Dit moet as n herinnering vir almal dien dat ons moet seker maak ons hang nie uit by plekke waar daar onnodige konflik kan wees nie. Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees. (Ps 118 : 24) ![]() Wat hou hierdie dag vir jou in? Waarna sien jy uit vir vandag? Is daar léwe in vandag? Ek maak 'n stelling, ons het die kuns verloor om vir vandag te lewe. Iemand noem vir my hierdie aanhaling: "Yesterday is history, tomorrow is a mystery, but today is a blessing." Hoe moeilik is dit nie vir ons arme mensdom om vandag voluit te leef nie. Ek het die vraag gevra: wat hou vandag vir jou in? Vir jou, as individu. Vir die meeste mense is dit of niks, of spanning, of harde werk, of sommer net 'n totale leegheid. So asof ons soms sommer net opgee om te leef. Sjoe, maar dit klink darem swaarmoedig en stroef, maar dis ongelukkig die realiteit. Ons as mense het die kuns verloor om te leef vir vandag, om uit te sien na môre en om dit wat tot 'n goeie vandag gelei het, te koester. As kind het ek altyd iets in my kop gehad wat lekker was om aan te dink, en altyd iets gehad waarna ek uitgesien het. Ek onthou ook as kind dat ek soms my ma gevra het, wat gaan "eendag" gebeur. "Eendag" was vir my iets misterieus wat voorgelê het. So leef ons ook vir eendag, en nie vir vandag nie. Carpe Diem - Gryp die dag. Moeilik om vandag voluit te leef. Ons leef maar almal vir môre, of iewers in die toekoms, en maak in alles voorsiening vir môre, i.p.v. vandag. Die makelaars vertel jou om soveel moontlik vandag opsy te sit vir môre. Op die ou end is ons almal meer werd dood as lewendig. So asof môre 'n uitgemaakte saak is... Hoe leef ons vir vandag?· Doen vandag iets sinvol of lekker, iets wat jy kan geniet. Drink koffie saam met jou lewensmaat.
· Neem dalk vandag daardie groot besluit. Dit wat jy moet doen om jou te laat losbreek van die bande van ongelukkigheid wat jou vashou. · Maak 'n afspraak om vir daardie vriend te gaan kuier wat jy lankal wou sien. · Bel vandag jou ma, pa, kind, broer, suster vir wie jy so lank opsy skuif. · Beplan meer vir vandag as die toekoms, want jy kom dalk nooit daarby uit nie. · Spandeer dalk so 'n paar rand op jouself, of bederf iemand anders. · Glimlag vir 'n slag. · Maak dalk vandag iets met iemand reg, wat jy lankal uitstel. · Laat vandag tel. Laat môre vir môre en gister in die verlede. |
Gerrit VisserElke Woensdag lei Gerrit 'n oggend Bybelstudie by die kerk se hoofgebou. Dit word ook as 'n blog versprei en lewendig uitgesaai. Archives
February 2022
Categories |