Johannes14:23-31
Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s'n wat My gestuur het. “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is. En nou sê Ek dit vir julle voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur. Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie, maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. “Staan op, laat ons hiervandaan weggaan.” JOHANNES 14:23-31 AFR83 https://bible.com/bible/6/jhn.14.23-31.AFR83 Dis amper asof Jesus geweet het Sy dissipels gaan eensaam wees. Wanneer ons na hierdie teksverse kyk dan dink ons dat die skrifgedeelte oor vrede gaan, maar dit kyk na vrede as ‘n resultaat van iets anders. Dit kyk na vrede as die resultaat van ‘n uitdaging waarmee ons almal al geworstel het – eensaamheid. Daar is nie een van ons wat hier is vandag wat worstel met eensaamheid nie, of dalk selfs nou daarmee worstel. En alleen wees is nie presies die regte woord nie. Eensaam dui op ‘n sterker emosie. Na Jesus se dood sien ons dat daar ‘n sekere eensaamheid heers onder die dissipels. Petrus en van die ander keer terug na visvang – waarskynlik was hulle toe nie goed genoeg om Jesus se volgelinge te wees nie. Judas hang homself. Eensaamheid kan soveel angs by mense veroorsaak dat hulle dinge doen wat hulle nie wil doen nie. As kerk moet ons verstaan dat Jesus se roeping is dat ons elkeen nie hier eensaam hoef te wees nie. Jesus weet in hierdie verse dat Sy dissipels Hom gaan mis, maar Hy wil nie he dat die eensaamheid hulle moet oorweldig nie, daarop gaan Hy vir hulle twee gawes gee: Vrede, en Sy Gees. Meer daaroor later. Ons gaan bietjie later kyk na drie dinge wat die kerk kan doen om eensaamheid te keer onder lidmate, maar eers gaan ons kyk na twee redes waarom mense eensaam kan raak. In my ervaring as leraar raak mense eensaam vir baie verskillende redes, maar die twee grootstes is:
Jesus wil nie sien dat Sy dissipels eensaam moet wees nie, en daarom gesels Hy met hulle oor Sy vrede. Hulle het ‘n geheim wat groter is as enige ander geheim op aarde, maar hulle sal nie daaroor kan stil bly nie. Dis Jesus wat die Seun van God is. Hierdie geheimenis, waarna Paulus ook verwys, maak hul monde en hul harte oop om ‘n verskil te maak in ander se lewens. Hulle kan dien omdat hulle bereid is om te getuig oor ‘n geheimenis wat hulle elkeen het. Hulle het elkeen Jesus op ‘n unieke manier beleef, en dis die geheim. Elkeen se verhouding met Jesus is spesiaal, en dit lei ons na 'n wereld waar ons almal Jesus kan dien op 'n unieke manier. Dit gee vir ons vrede met God en mense, en maak dat ons eie verhaal van Sy liefde iets is om op trots te wees. Wanneer ons God se geheim, Jesus Christus, oor ons eie geheim skryf, sien ons dat elkeen van ons vrede kry met God, en dat ons nie meer eensaam hoef te wees nie. Die kerk kan drie dinge doen om te keer dat mense eensaam raak:
Gaan wees jy so ‘n lidmaat.
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |