Welkom!Vandag se erediens werk anders as die afgelope paar maande. Tot nou toe was daar elke Sondag 'n video met 'n leraar wat preek, en ook die geskrewe teks saam met die afkondigings. Ons het die video's op sosiale media platforms geplaas, en gesien hoe God deur hierdie platforms duisende mense bereik. Vandag is egter anders. Geen video's van die leraar nie, maar eerder 'n lees en kyk belewenis vir die hele gesin. 'n Lees en kyk belewenis vir die hele gesin...God se Woord vorm ons identiteit om Hom werklik beter te kan leerken, en elke generasie beleef daardie vormingsproses as anders. Daarom is daar by al die klassieke elemente van die gereformeerde orde aan die erediens iets vir elke generasie. Jy as kyk-leser kan by elke deel kies wat jy wil kyk om jou geestelik te verterk, maar jy kan ook almal kyk. Wat voel jy vandag?Elke erediens word begin met 'n Votum en Seëngroet. Dis so om ons te herinner dat ons in God se huis is. Die wete dat ons nie net in Sy huis nie, maar ook Sy teenwoordigheid is, kan verskillende tipes impak op ons hê, veral op ons emosies. Daarom kom die vraag na vore: "Wat voel jy vandag?" Die enigste manier om werklik te kan agter kom hoe jy voel vandag is om stil te raak. Doen dit nou. Raak stil. God is hier teenwoordig. Jy is by Sy huis...
Nou dat jy rustig geraak het...Het jy al ooit agtergekom dat huise plekke is wat gevul is met mense se teenwoordigheid? 'n Huis is nie net 'n huis nie. Die een wat daar woon gee daardie huis 'n sekere persoonlikheid. Dit gee dit 'n sekere atmosfeer. As die persoon of persone gasvry en liefdevol is, is daar rus. As die eienaars van daardie huis nie so is nie, gaan jy dit waarskynlik nie laat beleef nie. So leer ons dan ook die identiteit van die eienaars ken wanneer ons in hul teenwoordigheid is. Ons kan dus weet dat in God se huis ons Sy identiteit kan leerken. Dit sukkel egter soms. Die rede? Sonde. Een van die maniere om sonde te definieer is om te sê dat ons keer om God se volle teenwoordigheid te beleef. Daarom kan nie een van ons wat hier op aarde woon Sy teenwoordigheid te volle verstaan nie. Gee jou sonde vir GodDaarom gee ons geleentheid in hierdie kyk-lees erediens dat jy jou sonde vir Hom kan gee. Hy sal dit wegvee so ver soos die ooste van die weste is. Wanneer ons dit doen kan ons weet dat ons Sy identiteit as God beter sal leerken, maar ook dat ons sal groei in wie ons is - ons identiteit. Hierdie aspekte loop saam. Dis onmoontlik om te groei in wie God is, as jy nie bereid is om ook te groei in wie jy is nie. Wanneer jy groei in Sy teenwoordigheid moet jy verander om jou naaste meer te dien deur jou identiteit wat groei.
God vergewe altyd!Ons kan weet dat God altyd sondes vergewe. Ons lees dit in Sy Woord en dit vorm ook ons identiteit. Om God toe te laat om deur Sy Woord ons identiteit te laat vorm, is om aan te meld vir 'n nuwe manier van leef. Die enigste manier om in daardie nuwe identiteit te leef, is om 'n nuwe gewoonte te kweek. God se Woord vorm ons heeltyd, en daarom moet ons dit daagliks oordink. Die nuwe gewoonte van leef in God se Woord en so Sy identiteit te ontdek, en joune meer te vind, is daagliks. Skriflesing:Die Woord identiteit is nêrens in die Bybel nie. Hoe kan ons dan weet dat God se Woord dit kan vorm as dit nêrens staan nie? Wel, die Bybel is vol van wie God is, en dit vorm ons identiteit. Ons sien gereeld dat veral die digters van die Psalms vra: "Wie is daar soos God?" Lees bietjie wat die volgende verse sê:
Die twee dinge wat hierdie teks ons leer van God se identiteit, en ons reaksie daarop (ons identiteit word bepaal op grond van wie Hy is):1. Hy is onmeetbaar:Ons sien hier dat God se verlossingswerk te groot is om te meet, maar dit geld vir God se totale teenwoordigheid in ons lewens. Ons sal nooit kan weet hoe groot Hy is nie. Ons moet ook nie probeer nie. Dit keer ons egter nie om te getuig van Sy groot liefde nie. Daar is egter 'n verskil tussen 'n verklaring en 'n getuienis. 'n Getuienis vertel van God se groot werke in jou eie unieke bestaan, maar 'n verklaring probeer alles in die heelal terug trek na jou eie ervaring. Die Woord van God verklaar wie God is in dat dit ons nederig maak om te weet dat die God van hemel en aarde eintlik onbegryplik groot is. Wanneer ons agterkom dat Sy onmeetbare groot genade sigbaar geword het vir 'n oomblik in ons lewens kan ons daaroor getuig, maar dan soos mense wat weet dat daardie grootheid verskillend gesien word selfs in die mense vir wie ek getuig se lewens. Getuig dus in nederigheid oor die onmeetbare God in jou lewe! Hy vra dit van elkeen van ons. Wanneer ons uit daardie nederigheid getuig, groei ons in ons identiteit as mense van die Woord. Jy kan nie groei as iemand wat God se Woord vertrou as jy nie onthou dat Hy onmeetbaar groot is nie. 2. Wat Hy doen is groot:
In hierdie volgende lied verklaar Laurika Rauch so pragtig wie Jesus is. Hy is die Heer van die dans. Hy was van die begin af daar, en sal altyd daar wees. Groei meer in die Woord tydens hierdie 40 dae reeks:Die afgelope week het ek met twee predikante en een pastoor gesels oor hul eie reis met God. Kyk gerus na hoe God hulle gebruik op verskillende maniere:
Na die afkondigings sluit ons af deur saam na 'n praglied te luister oor God se skeppingswerk deur Sy Woord om ons identiteite te ontwikkel. Veels geluk!Baie geluk aan almal wat die afgelope week verjaar het, en ook aan diegene wat hierdie week verjaar! 02 Nicky Aspeling 083 264 1122 03 Danie Greyling 076 438 2563 04 Heila Kleynhans 072 795 8455 Francois Lotz 072 220 5285 Ellie Rautenbach 073 809 1430 05 Monique Diedericks Rizelle Fourie 076 230 3130 06 Daniela Pretorius 082 325 6366 07 Marie Potgieter 072 889 3049 08 Esta Greyling 082 390 1944 Werner Nel 076 639 8158 Marina Smit 011 766 1988 10 Yvonne van Schalkwyk 084 362 9568 11 Gail Pieterse 072 190 6742 Ruan Steyn 011 763 4688 13 James Davies -------------- 14 Albert Dreyer 082 462 8106 Renier Nel 084 550 8872 15 Poppie Oosthuizen 074 329 5628 Dankie aan diegene wat wil help met bemoediging van ons lidmate:Ons as gemeente het besef dat daar baie lidmate is wat eensaam is en smag na teenwoordigheid, smag na mense, daarom wil ons graag 'n bediening begin om om te sien na daardie lidmate se welstand. Indien jy graag sou wou deelraak van die bediening, kontak gerus die kerkkantoor. Daar is reeds lidmate wat aangedui het dat hulle wil help met hierdie bediening, maar ons benodig nog vier lidmate wat kan help. Indien jy wil deel wees, kontak die kerkkantoor. Barmhartigheid:Indien u betrokke wil raak by die gee van kospakkies kan u vir Andries Nel kontak. Sy kontakbesonderhede is op ons webtuiste, of u kan ook die kerkkantoor kontak. As gemeente is ons ook bewus dat daar dalk meer gesinne is wat finansiële uitdagings gaan beleef in hierdie tyd. Ons kan ook help met gedeeltelike kospakkies sodat jy jou finansies kan gebruik om dit te betaal wat die gemeente nie vir jou kan doen nie. Maskers vir skole duur voort!NB: BAIE DANKIE AAN ELKEEN WAT AL MASKERS GEMAAK HET. ONS PROJEK GAAN VOORT TE MIDDE VAN DIE SKOLE WAT WEER GESLUIT IS. Alhoewel die regering alle skole van die nodige PPE (personal protective equipment) moet verskaf wanneer skole heropen, kan ons as gemeente help deur seker te maak dat daar genoeg maskers by skole is vir die dae wat kinders hul maskers verloor of vir die kinders wat nie dalk nie kry nie. U kan ‘n masker maak deur op ons webtuiste te kyk na ‘n basiese ontwerp. Nog gemeentelede met Covid-19 gediagnoseerOns het in die afgelope week nog gevalle van die Corona Virus by gemeentelede gehad. Dis belangrik dat u kennis dra dat nie een van hierdie mense by die gemeente se geboue was nie. Persone wat dit het, is nie een in gevaar nie. Ons vra asseblief vir voortgesette voorbidding vir mense wat deur hierdie virus geraak word, asook ons land se leiers en leiers van regoor die wêreld wat moeilike besluite in hierdie tyd moet neem. Tuisversorging beskikbaar!Mev Bettie Marais 082 681 7304. Sy bied haar dienste aan om mense wat tuis siek of verswak is te versorg. Entrepreneurs:
Seëngroet:Ontvang dan nou God se seën en leef hierdie week in die Woord wat ons leer wie Hy is, en wie jy is, en geniet die dans waartoe die Skepper van die hemel en aarde jou roep!
Amen!
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |