Wie preek?Gerrit Visser Tema:Ons staan stil by die vraag oor hoe ons kan waarde toevoeg tot ander se lewens in 2021. Laas week se erediens:In laas week se erediens het ons gesels oor 'n vraag wat in jou hart, en elke ander mens se hart in ons gemeente leef. Hoe weet ek God gaan met my praat in 2021?
Vandag se loflied:Om waarde toe te voeg tot ander se lewens begin by om almal lief te hê. Nou dat ons stil geraak het:Nou besef ons weer opnuut hoe belangrik dit is om waarde toe te voeg tot ander se lewens omdat ons die liefde van Christus in ons lewens beleefhet. Nou kan ons God se Woord oopbreek. Skriflesing en Prediking:Meeste mense se beplanning vir elke jaar begin by hulself. Dis natuurlik. Ons almal is maar so, maar die werklik uitsonderlike mense probeer verder dink as net hulself. Hulle dink aan ander mense. Hulle dink aan hoe hulle ‘n verskil in ander mense se lewens kan maak. Hulle dink aan wat waarde toevoeg tot ander se lewens. Maar om die vraag te beantwoord oor hoe om waarde toe te voeg tot ander se lewens, moet jy eers vra wat is werklik waardevol. Voordat ons nadink oor wat God se Woord sê waardevol is, moet ons stilstaan by die volgende waarheid: Wat vir die een waardevol is, is nie noodwendig vir ander waardevol nie. Ons almal se waarde-sisteme verskil, omdat ons verskillende verhale het. Ons is verskillend grootgemaak, ons het verskillende uitdagings beleef, ons het verskillende temperamente, en om dit alles te kroon, het ons almal verskillend gereageer op dieselfde tipe uitdagings. Dis waarom ons in gemeentes en gemeentelede ook tussen mekaar so radikaal kan verskil oor dieselfde temas of lewensbeskouings. Ons koppel waarde aan dinge wat ons van kleins af geleer het waarde het. Dis waarom ons dit waarde-sisteme noem. Die Bybel kyk na dit wat waarde het op drie verskillende maniere. Dit wat soms waarde het:Die besnydenis het waarde alleen as jy die wet van Moses onderhou. Maar as jy die wet voortdurend oortree, is jou besnydenis niks anders as onbesnedenheid nie. Om die besnydenis te kry het groot waarde gehad vir die Jode in die tyd wat Jesus geleef het. Na Sy dood sou daar groot verskille wees in die manier wat die Joodse gelowiges en die heidense gelowiges na hierdie kwessie kyk. Van die gelowiges het gesê jy moet die besnydenis ontvang wanneer iemand nuut aansluit by 'n gemeente, en ander het gesê dit hoef nie te gebeur nie. In die teksvers hierbo herinner Paulus ons daaraan dat die besnydenis wel waarde het, maar dat dit gekoppel moet wees aan jou verhouding met die lewende God van hemel en aarde. Jy kan nie die besnydenis kry, maar jou leefstyl wys nie dat jy 'n kind van God is nie. Dis soos om belydenis van geloof af te lê en nooit weer kerk toe te gaan nie, of om jou kinders te laat doop en nie vir hulle van Jesus se liefde te vertel nie. Doop en belydenisaflegging se waarde word beklemtoon deur dit wat dit vir ons leer van God, en wanneer dit niks meer leer van God nie omdat jy nie bereid is om toe te laat dat dit jou in verhouding met God plaas nie, is daar 'n goeie kans dat dit nie vir jou werklik waardevol is nie. Waar die Bybel verwys na iets wat soms waarde het, maar nie altyd nie, wil dit gewoonlik die klem plaas op iets anders wat waarde het. Dit sou iets wees wat die mens radikaal nader aan God kan bring, en ons sal net-nou sien wat dit is. Wanneer jy verstaan wat dit is, sal jy meer kan verstaan oor hoe om werklik waarde toe te voeg tot ander se lewens. 'n Geduldige mens het meer waarde as 'n bedrewe vegter, 'n mens met selfbeheersing meer as iemand wat 'n stad inneem. Hier sien ons dat die vergelyking getref word. Ons sien hier dat geduld en selfbeheersing meer waarde het as om te vinnig op jou spreekwoordelike perdjie te wees, maar nie dat dit die mees belangrike is nie. Dit wat nooit waarde het nie:Die Bybel wys ook dat daar sekere dinge is wat nooit waarde het nie. Dis dinge soos afgodsdiens, wat op verskillende maniere deur Jesus uitgewys word. Ek haat mense wat waarde heg aan die nikswerd afgode; my vertroue stel ek in die Here. Ons kan lank gesels oor Dawid wat hier noem dat hy mense haat wat waarde aan lewelose afgode heg, maar kom ons kyk eerder na die beginsel. Om enige iets anders as God meer lief te hê is 'n potensiële afgod. Geld, status, sukses. Hierdie is ook dinge wat gereeld in die pad staan daarvan om werklik waarde toe te voeg tot ander se lewens. Wanneer ons behep is met hoe ons ander wil en moet doen kan dit ook in die pad staan daarvan om werklik 'n verskil in hul lewens te maak. Jy sal altyd wonder oor of jy werklik 'n verskil maak in ander se lewens as jy afgode dien, maar om God te ken oortref alles in waarde. Dis vanuit daardie liefde vir God wat ons waarde kan toevoeg tot ander se lewens. Dit wat altyd waarde het:In die volgende teksverse sal jy sien wat waarlik waarde het. Dit is om God te dien, en alles anders as waardeloos te sien. Ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Paulus sê hier vir ons wat die waardevolste in Sy lewe is, en dit is om Christus te ken. Die res is waardeloos. Vrae om te vra wanneer jy wil waarde toevoeg:Gaan hierdie manier wat ek wil waarde toevoeg tot hierdie persoon se lewe hulle in verhouding met God kan plaas? Gaan hierdie manier wat ek wil waarde toevoeg tot iemand anders se lewens vir hulle 'n getuienis gee van hoe groot God se genade is? Gaan dit 'n lan termyn impak hê op daardie persoon se lewe, of nie? Hierdie is die vrae wat jy oor moet nadink wanneer jy in 2021 probeer om waarde toe te voeg tot ander se lewens. Waarde-sisteme mag nooit 'n verskoning wees om werklik 'n verskil te maak nie.Dalk kom jy vandag agter dat jou waarde-sisteem, die manier wat jy groot gemaak is, jou verhoed om werklik jou medemens te dien. Dan moet jy verander. Dis juis wat Paulus sê in hierdie teks. As jy 'n verskil wil maak, moet jy dit neerlê wat jou keer om ander te dien. Gaan doen dit in 2021. Amen. In ons ander eredienste:
Verjaarsdae:01 Lieb Liebenberg 083 946 5740 02 Danie Knight 082 417 4273 Ewald Pienaar ----------- Jacques van Jaarsveld 083 442 1660 03 Conrad Coetzee 083 746 2616 04 Inge Vogelpath 084 621 4828 05 Frikkie Greyling 011 760 5349 Annelize Grobbelaar 073 203 7616 Bettie Marais 082 886 1111 Frans Swanepoel 083 294 2631 Week se program:Daar is steeds geen aktiwiteite by die kerk nie. Weeklikse geestelike materiaal word aanlyn versprei: Maandag: 10:00 Koffietyd teksvers via Whatsapp om 10:00, asook die "hierdie week" e-pos. Dinsdag: 09:00 Biduur deur Whatsapp. Kontak vir Ds. Gerrit indien jy wil deel wees. Woensdag: 10:00 Bybelstudie oor die 2020 vertaling van die Bybel. Op sosiale media en Whatsapp versprei. Gebedslys:Andre Pretorius, Max de Waal, Ellie Rautenbach, Bernard Semmelink, Marie Potgieter en Roelie van Wyk. Nog video's:
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |