![]() Afkondigings: 1. Barmhartigheid: Indien u betrokke wil raak by die gee van kospakkies kan u vir Andries Nel kontak. Sy kontakbesonderhede is op ons webtuiste, of u kan ook die kerkkantoor kontak. As gemeente is ons ook bewus dat daar dalk meer gesinne is wat finansiële uitdagings gaan beleef in hierdie tyd. Ons kan ook help met gedeeltelike kospakkies sodat jy jou finansies kan gebruik om dit te betaal wat die gemeente nie vir jou kan doen nie. 2. Maskers vir skole: Alhoewel die regering alle skole van die nodige PPE (personal protective equipment) moet verskaf wanneer skole heropen, kan ons as gemeente help deur seker te maak dat daar genoeg maskers by skole is vir die dae wat kinders hul maskers verloor of vir die kinders wat nie dalk nie kry nie. U kan ‘n masker maak deur op ons webtuiste te kyk na ‘n basiese ontwerp 3. Vergadering: Finansiële en bestuurskommissie veragdering Woensdag 08:30 1 Julie 2020 in Konsistorie. 4. Lief en leed: Ons innige meegevoel aan Denise Wilters wie se suster oorlede is. Ons dink aan haar in hierdie moelike tyd. 5. Verjaarsdae: Junie: 28 Dewald Botes 011 763 8836 Cobus Potgieter 079 693 9115 30 Rita van Wyk 082 267 8008 Vera Vogelpath 082 302 6619 Julie: 01 Eli Meintjes 011 760 2952 02 Vincent Rudd 082 952 5199 03 Pieter Du Plessis (Jnr) 061 434 4326 Loftie Eaton 084 513 1446 Irene Janse v Noordwyk 083 472 7887 Kunan Shields --------------- 04 Rio Beeby 071 490 9917 Johan Ebersohn 011 763 8836 Wayne Knight 011 760 2543 Sherene Maraz 079 497 6509 Sherene vd Struys 079 497 6509 Fokus: "God verlaat ons NOOIT nie" Liewe gemeente, baie welkom by vanoggend se erediens. Dit is vir my ‘n ongelooflike voorreg om op hierdie unieke wyse, in my praktiese jaar, dit wat ek glo God se hart is met julle te kan deel. Oomblik van Stilte: Ons as mense het nogal hierdie besonderse manier om vining aan te pas by verandering en ons vind baie keer baie vining ‘n nuwe manier van dink en funksioneer binne ons nuwe omstandighede. Ons het weer ‘n nuwe normaal binne die abnormale gevind. Maar miskien is jy vandag iemand wat net nie hierdie keer kon aanpas nie, of jy voel nog ongemaklik, onseker of jy voel alles is weer ‘n gejaag om jou lewe weer op die been te moet kry. Tussen deur al hierdie aanpassings en gejaag kan mens maklik God miskyk daarom nooi ek jou uit om saam met my stil te raak, om saam met my weer stilte in die chaos te vind sodat ons God se teenwoordigheid en God se stem kan hoor. Votum en Seëngroet: Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het, wat trou bly tot in ewigheid en nooit die werk van sy hande laat vaar nie. Ons is in U hande, ons sit aan U voete en ons luister nou na U woorde. Gemeente ek groet jou in die Naam van God die Almagtige tog Nabye Here. Genade en vrede vir elkeen. Loflied Lied 519 – Wees stil en weet: Ek is die Heer "Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek spreek, en wind en golwe bedaar, Ek sal ook jou getrou bewaar. "Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek ken jou pyn, jou donkerste nag. Ek is by jou, Ek gee jou krag. "Wees stil en weet: Ek is die Heer. Kom bring na My jou kommer en vrees. Ek sal vir jou 'n toevlug wees. "Wees stil en weet: Ek is die Heer. Bly waak en bid; volhard in geloof. Ek is by jou soos Ek beloof." Gebed: Ag Here, help ons sodat ons vas op die koers wat U aanwys sal stap. Mag ons voete nie daarvan afwyk nie. Ons roep U aan, want U sal ons antwoord, ons God! Luister tog na ons en hoor wat ons vra. Want ons wil weer voor U staan. As ons wakker word, wil ons ons verbly in u teenwoordigheid. Amen. Prediking: Die laaste paar weke het ek baie tyd gehad om te dink, die gedwing tot stillstand het my gekry om diep te dink oor baie seer in my lewe. Die daaglikse gejaag voor die pandemie het ek as ‘n verskoning gebruik om nie aan die seer en onsekerheid in my lewe te dink nie. Ek het verskonings gesoek om myself met baie dinge besig te hou eerder as om my seer in die oë te kyk, maar nou, nou het ek. Dit het my, nes Dawid, in Psalm 13 tot die vraag gebring: Hoe lank nog Here? Dit het vir my begin voel of die Here ver, want hoe lank Here moet ek nog worstel met die probleme wat ek in my lewe tans ervaar? Die woorde hoe lank nog echo deur die eerste gedeelte van hierdie Psalm en ek is oortuig dat baie van julle hierdie woorde ervaar in julle lewe. Here hoe lank moet ons nog finansiële probleme ervaar, Here hoe lank gaan my huwelik nog op die rotse wees, Here hoe lank gaan ‘n geliefde na aan my nog siek wees, Here hoe lank gaan dit nog voel of ek en my kinders geen verhouding het nie, Here hoe lank moet dit nog voel of ek nêrens kom in my lewe nie…Here hoe lank nog? Terwyl Dawid, die skrywer van hierdie Psalm die Here se afwesigheid in sy lewe ervaar, openbaar hy in hierdie ongelooflike klaaglied sy innerlike hartseer en vra hy vier keer Here, hoe lank nog. Die wonderlike is egter dat Dawid begin met ‘n klaaglied, maar dit is nie waar hy eindig nie. Ek nooi julle uit om saam met my Psalm 13 te lees. Psalm 13 2 Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? 3 Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Hoe lank sal die vyand my nog oorheers? 4 Luister tog en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag. Ek wil nie sterwe nie, 5 anders sê my vyand hy het my oorwin en juig my verdrukkers oor my ondergang. 6 Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het. Die Psalm het drie basiese afdelings. Die eerste is verse 2-3 en hierdie gedeelte is die klaaglied van Dawid. Dis waar hy sy hartseer en kommer uitdruk en aan die Here vra Hoe lank nog? Die volgende gedeelte is dan verse 3-5 waarin Dawid eerlik en moedeloos bid vir verlossing. Dit word ‘n gebed van verlossing op die klaaglied. Dan eindig Dawid hierdie Psalm met ‘n uitdrukking van vertroue in die Here. Dawid gaan deur drie bewegings: klag waarin hy sy frustrasie uitdruk; gebed waarin hy opreg om hulp vra en lofprysing. Wat het verander? Wat het veroorsaak dat Dawid van sak en as in die grond sit tot by lof kon beweeg? In hierdie eerste gedeelte spreek Dawid vier keer hierdie krtitiese vraag aan, ‘n vraag waarmee elkeen van ons kan vireenselwig wanneer jou omstandighede, jou leefwêreld uitmekaarval. Wanneer jy nie meer beheer oor jou omstandighede het nie. Wanneer dit sleg gaan en jy nie meer ‘n uitkoms sien nie. Dawid se noodroepe in hierdie eerste gedeelte, sy rou emosie en moedelose vrae; “hoe lank nog” gaan nie oor antwoorde waarna hy opsoek is nie. Dit gaan hier oor Dawid wat nie God se teenwoordigheid in sy lewe beleef nie. In hierdie tyd voel Dawid vêr van God. Voel dit soms vir jou of God vêr is? Voel dit of jy alleen deur moeilike situasies worstel en jy net met alles binne jou wil skree Here, hoe lank nog? In die direkte hebreeus vertaling lees vers 4 soos volg: Oorweeg en hoor my, O Here my God. Die woord oorweeg beteken letterlik ‘kyk’. Ons vind baie in die Bybel dat die antieke mense sal praat van God wat vir hulle kyk of van hulle af weg kyk. Hierdie is ‘n pragtige beeld wat hulle gebruik om te verduidelik dat hulle God se teenwoordigheid of afwesigheid beleef. Daarom begin Dawid hierdie Psalm deur vir die Here te vra, Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk en in vers 4 bid hy; O Here my God kyk na my! Hierdie teenstelling wat Dawid beskryf is vir meeste van ons nie vreemd nie. Daar kom sulke tye in ons lewens. Tye waar die lewe met jou weghardloop en jou voete nie trapplek kry nie en jy dan nie, maar dan is dit wanneer jy bid amper smeek, Here kyk na my!! Sien my tog net raak. Dawid bid verder in vers 4 dat die Here sy oë kom verlig. In vers 4 lees die 1983 vertaling soos volg; ‘gee my tog nuwe lewenskrag’, maar in die direkte hebreeus vertaling staan daar; verlig my oë sodat ek nie in die dood vaskyk nie. Dawid het vasgekyk in sy hartseer, onsekerheid en bekommernis daarom bid hy dat die Here sy oë sal kom verlig. Hy wil verlos word van sy hartseer. Wanner Dawid se oë dan geestelik verlig word kyk hy nie langer in die donker put van sy eie hartseer en smart vas nie. Dit is dan wanneer God se teenwoordigheid vir Dawid sigbaar word in sy lewe. Ek dink baie van ons het ook sekere verwagtinge waarin ons vaskyk. Dinge waarop ons ons hoop plaas. Ons het sekere verwagtinge van God. Ons verklein God tot hierdie towerkunstenaar en verwag dat God ons verwagtinge en wense moet vervul. Die Here moet sorg vir my finansieël, die Here moet sorg vir my huwelik, die Here moet sorg dat ek goeie punte op my rapport kry, ons koppel dikwels ons verwagtinge aan Christenskap en dan wanneer die Here nie sorg vir die dinge waarvoor ons hoop nie of wanneer die moeilike tye langer is as wat ons graag wil hê of selfs slegter raak, dan sukkel ons. Dan raak ons raadop. Dan voel dit of ons teen die plafon vasbid. Dan verstaan ons nie hoekom die Here nie uitkoms gee nie. Dan twyfel ons selfs – in God, of in ons geloof. Die wonderlike vir my van hierdie Psalm is dat Dawid nooit sy geloof in God verloor nie. Hy bly God aanroep al voel dit vir hom of God hom lankal nie meer hoor nie. Dawid het begin met sy klaaglied oor hoe lank nog Here, toe skakel hy oor na hierdie gebed van verlossing waar hy bid dat die Here weer na hom sal kyk. En skielik kom daar hierdie draai in die Psalm, van klaaglied na loflied Ons lees vers 6 wat sê: “Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.” In hierdie gedeelte sien ons dat Dawid beweeg na ‘n punt toe waar hy weet dat sy gebede verhoor sal word. Hierdie vers is eintlik ‘n tipe geloofsverklaring, of ‘n uitroep van geloof in ‘n God wat nog altyd voorheen getrou was en uitkoms gegee het. Dawid se gedagtes het beweeg van God se stilte na God se verligting, tot God se redding. Die vertroue wat ons uiteindelik sien is hoofsaaklik gebaseer op 'n houdingverandering wat Dawid ondergaan, dit het niks te doen met die feit dat al Dawid se gebede nou verhoor is nie. Dawid het altyd geweet dat God daar is. Ons eie leemtes, onsekerheid, vrees, bekommernisse oorweldig ons tot op ‘n punt waar ons in totale wanhoop sit en nie eers meer God se teenwoordigheid in ons lewens raaksien nie, ons fokus so op ons omstandighede, dat ons ons fokus op God verloor. Dan begin ons ook glo dat God ons vergeet en verlaat het. Maar midde van die deurmekaar in ons lewe kan ons steeds vashou daaraan dat die Here sal voorsien. God het soveel genade aan ons gewys in die verlede en elke liewe oomblik van ons lewens is God genadig, God is by ons. Ons kan verseker wees in God se verlossing. In God se belofte vir ‘n toekoms met voorspoed. Mag jy vandag opnuut oortuig wees van God se beloftes. Mag jy besef dat God by jou is, nog altyd was en nog altyd sal wees. Mag jy van klag tot loflied beweeg. Mag die Here ons ook hierin genadig wees. AMEN Slotlied: Lied 517: Leer ons U vetrou. o Here Seën: Die Here is voor jou om die pad gelyk te maak. Die Here is langs jou om jou in sy arms toe te vou Die Here is agter jou om die aanvalle van die Bose af te slaan. Die Here is onder jou om jou te dra as jy mag val. Die Here is rondom jou om jou te beskerm Die Here is bokant jou om jou te seën. Die Here is in jou om jou te lei met sy Heilige Gees. Die drie-enige God is by jou, van nou af tot in eweigheid Amen
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |