'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Sondag 27 September 2020

9/26/2020

0 Comments

 

Prediker:

Anuschka Smit

Verwelkoming:

​Goeiemôre liewe gemeente en welkom by vanoggend se erediens. Ek is opgewonde om weer as instrument van Christus vanoggend voor julle te kan staan en dit wat ek glo God se hart is met julle te kan deel. Dit maak my hart so bly om elkeen van julle weer hier te sien. Ek het op ‘n stadium net begin moed verloor maar vanoggend is my hart vol vreugde om weer hier saam met julle te kan wees. 

Votum:

God het Jesus tot die hoogste eer verhef

en Hom die Naam gegee

wat bo elke naam is,

sodat in die Naam van Jesus

elke knie sou buig,

en elke tong sou erken:

“Jesus Christus is Here!”

tot eer van God die Vader

Seëngroet:

Gemeente, ek groet julle in die naam van God die Vader van almal, Hy wat oor almal en deur almal en in almal is, van Jesus Christus, wat as mens tussen ons beweeg het, en van die Heilige Gees, wat in ons en tussen ons werk. Genade vir julle, en vrede.

Stilte en Lof en Gebed:

Kom ons raak vir so oomblik stil voor die Here. Maak jou oë toe en fokus net eers op die lewe in jou hand, dan in jou lyf, gedagtes en emosies. Wanneer jou gedagtes of emosies jou probeer weglei van die moment af, bring dit net vriendelik terug na die punt van teenwoordigheid, na God se diep en radikale teenwoordigheid hier en nou. Laat die stilte jou al dieper innooi in die ryk oomblik. 

Prediking:

Die wêreld leer ons die ideaal waarna ons moet strewe, is om gedien te word, beslis nie om te dien nie.  Ek lees waar iemand die woorde “upwardly mobile” gebruik.  Ons wil natuurlik bo uitkom, die sosiale leer klim, ’n hoër lewenstandaard bereik, ’n hoë posisie beklee. Beter huis, beter kar, beter punte. Dit alles draai om onsself. Maar vandag se teks wil ons af ondertoe lei.  Tot heel onder.  Na die posisie van diens. Ons hele prentjie van die wêreld is onderstebo.  Ons prentjie van God is onderstebo. Filippense 2 kom draai ons wêreld weer reg om, herinner ons weer aan wie God in God se wese is.

Ek nooi julle uit om nou saam met my hierdie gedeelte in Filippense te lees. Dit is Fillipense 2:1-13

Saam met Efesiërs, Kolossense en Filemon maak die brief aan die Fillipense deel uit van Paulus se gevangenskap briewe. Paulus rig hierdie brief aan die gemeente in Filippi. Hy skryf vanuit die tronk en alhoewl hy ‘n gevangene is, verbly hy homself steeds in die Here. Paulus kry dit nogsteeds reg om sy blydskap in die Here te vind te midde van sy huidige omstandighede. Hy sê egter aan die begin van hierdie brief dat hy nog meer vreugde sal vind as hy weet dat die Evangelie in die lewens van die mense in Filippi sigbaar word. Dit sal hom bly maak as hulle eensgesind sal wees; een in liefde, een van gees en een in strewe.

Paulus verwag nou nie dat hulle presiese kopieë van mekaar moet wees nie, dit is glad nie wat hy bedoel nie. Ons weet dat dit is onmoontlik. Ons is nie aanmekaar gesit om presies dieselfde te dink, glo en doen nie. Wat Paulus egter met hierdie eensgesind bedoel is dat hulle moet toelaat dat Christus in hulle woon en hulle in Hom. Dit sal natuurlik gebeur dat daar verskille onder hulle was, verskille in gawes, verskille in diensmetodes, selfs verskille in klein kwessies rondom geloof. Vir Paulus mag dit net nie die rede wees dat hulle mekaar oor die kop slaan oor die klein verskille nie. Die belangrikste is dat as hulle en selfs ons die denke van Jesus Christus het, sal ons saamstem oor die belangrikste beginsels van die geloof. Dit is wat vir Paulus hier van belang is.

Die liefde wat hulle moet hê waarvan Paulus praat, is die liefde wat die evangelie en die goeie nuus bring. Hulle innerlike lewens moet die evangelie kan weerspieël. Dan sê hy ook vir hulle dat dit moenie uit selfsug of ydelheid gedoen word nie. Die evangelie waarvan Paulus hier praat is dat in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Dat hulle nie net na hulle eie belange moet omsien nie maar ook na die van ander. Hulle moet basies hierdie buitengewone prestasie verrig om na mekaar te kyk met die veronderstelling dat almal en hul behoeftes belangriker is as hulle self.

Sjoe...nou kan ons maar eerlik vir mekaar sê dat hierdie ons bietjie ongemaklik laat voel. Want dit is net so van toepassing op ons soos vir die mense in gemeente van Filippi vir wie Paulus skryf. Soos wat ek in die begin van die diens gesê het; Die wêreld leer ons dat die ideaal waarna ons moet strewe, is om gedien te word, beslis nie om te dien nie. Juis daardie upward mobility dat ons die leer van sukses wil klim wat beteken dat ons eerder na ons eie belange omsien eerder as na die persoon langs ons.

So eerlikwaar dit klink byna onmoontlik om almal anders se behoeftes en welbehae bo jou eie te plaas. En wanneer daar soveel sleg om ons gebeur en aan ons gedoen word hoekom wil ons dan ander mense bo ons eie belange plaas. Maar dit is asof Paulus geweet het dat hulle en ons dit nie alleen kan doen nie en daarom plaas hy die klem dat Christus absoluut die middelpunt van gelowgies se lewe moet wees. Want dan doen ons dinge nie vir onsself nie maar ter wille van Christus.

Wanneer Christus in jou is en jy in Hom word dinge nie meer uit selfsig gedoen nie maar uit liefde vir Hom en uit liefde vir ander. Die liefde vir Chirstus en ander is die hart van die Evangelie, die hart van Jesus Christus. Waarom het Christus uit die heerlikheid van die hemel na hierdie aarde gekom? Dit was vir ander. So waarom moet ons die evangelie toepas? Vir ander.

Om aan ander eerder as onsself te dink, is absoluut die denke van Christus. Daarom skryf Paulus in vers 5: julle moet dieselfde gesindheid onder mekaar openbaar as wat in Christus was. Nederigheid is die een kenmerk van Jesus Christus se denke/gedagtes/lewe. Selfs in die Efesiërs brief sê Paulus telke male dat hulle volkome in nederigheid en saggeaardheid en met geduld mekaar in liefde moet verdra. Weereens dit is die hart van die Evangelie.

Vandag is dit soveel te meer moeilik om nederig te wees om sagmoedig te wees. Ons sukkel om nederig en sagmoedig te wees. Ons is nie so gemaak nie. Ons wil op ons eie bene staan en staat maak op ons eie insigte en wysheid. Almal van ons is so dit is deel van die menslike natuur ons is so gekondisioneer. Maar Christus is vir ons die absolute voorbeeld.

En ons kom nou by een van die groot teologiese uitsprake in die Bybel. Sommige beskou dit as die grootste leerskool in die Nuwe Testament met betrekking tot die menswording van Jesus Christus. In vers 7 lees ons dat Jesus Christus homself prysgegee het. Dit beteken dat Christus homself leeg gemaak het. Die griekse woord is kenoo of kenosis.  

Die vraag is egter van wat het Christus Homself leeg gemaak. Ek glo dat Hy Homself leeggemaak het van die voorregte van godheid. Hy het op hierdie aarde geleef met sekere ‘beperkings’. Daar was nooit 'n oomblik toe Hy nie God was nie. En Hy was nie minder God omdat Hy 'n mens was nie, maar tog het Hy Homself van sy voorregte van godheid leeggemaak. Dit was 'n besluit oor wat dit eintlik beteken om goddelik te wees. Hy het hierdie nederige amper vernederende posisie kom inneem. Ek dink nie ons verstaan altyd die omvang van hoe hoog hy is en hoe laag hy homself kom maak het nie. 

Christus het aarde toe gekom en die posisie van ‘n slaaf ingeneem. En toe hy mens geword het, het hy nie deel geword van die godsdienstige en politieke elite nie. Christus het sy tyd spandeer saam vissermanne, arbeiders, sondaars, tollenaars. Hy het sy tyd spandeer saam met die lae klas mense van die samelewing, die verworpenes, diegene op wie die godsdienstige, geleerde en gerekende mense neergekyk het.  

Paulus kom vertel vir ons van Christus se denke, van Christus se hart. Dit is duidelik nie iets wat maklik is om na te boots nie. En Paulus kom vra dat ons dieselfde gesindheid wat in Jesus Christus is moet hê, dat ons daardie gesindheid in die wêreld sal uitleef. ‘n Wêreld wat dit so bitter nodig het. Hierdie gebroke land van ons; hierdie gebroke wêreld van ons het dapper mense (en kerke) nodig wat dit waag om die beweging van liefde agterna te sit. Wat dit waag om met dieselfde gesindheid as Jesus Christus te leef.

Want dit is wat dit beteken om ’n Christen te wees.  Om ’n Christelike leier te wees.  Om ’n dissipel van Jesus Christus te wees is moeilik, niemand het al ooit gesê dit is maklik nie. Dit is vir ons nou al maklik om te aanvaar dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het. Jesus Christus het sy regte prys gegee ter wille van die sondige wêreld, terwille van elke mens, ter wille van my en jou. Hy het homself kom leegmaak. Maar die idee dat ons op dieselfde manier onsself moet prysgee, onsself moet leegmaak? Hoe Hoe Hoe?

Dan kom dit heeltyd by my op maar as Christus in my is en ek in hom is dit die werk van die Heilige Gees wat die vrug van sagmoedigheid, nederigheid, liefde en omgee in ons lewens sal voortbring. Die Gees sal ons altyd lei tot liefde en tot diensbaarheid en tot nederigheid.  Die Gees sal ons altyd lei om ander in ag te neem. Dit is ’n proses ‘n lewensstyl verandering. Maar die Heilige Gees sal ons nie los waar ons is nie.  Die Gees sal ons steeds afwaarts lei.

Gemeente ek dink dit het tyd geword dat ons die geraas en ideale en voorveronderstellings van die wêreld moet stilmaak. Ek dink dit het tyd geword dat ons leeg word van onsself sodat ons kan vol word van die Here. Laat ek dit nog duideliker sê; Ons moet leeg word van ons eie arrogansie sodat ons kan vol word van die Here se teenwoordigheid en sodoende die gesindheid van Jesus Christus kan aanneem.
​
Ons moet ons woorde minder  maak sodat ons die Here se teenwoordigheid kan hoor! My gebed liewe gemeente is dat God se hart, dat ons Jesus Christus se gesindheid opnuut leerken en ons ons lewens daarmee sal opvul. My gebed verder is dat ons sal strewe om te dien en nie om gedien te word nie, om voete te was en hande vuil te maak vir die Koninkryk van God.

Afsluiting (gebed en seën):

0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur