'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Sondag 25 Oktober 2020

10/25/2020

0 Comments

 

Prediker:

Ds. Gerrit J Visser

Tema:

Die rykdom van die groot prentjie

Teks:

Jesaja 43:16-21

Afkondigings:

Picture
Picture
Entrepreneurs
Picture
Bestel

Jy kan gister se afkondigings hier aflaai:

Laai af.

Inleidend:

Een van die lekkerste maniere om tyd te verdryf, is deur Grand Prix te kyk - F1. Dis met dit in gedagte dat hierdie teksverse vandag se preek vir my so bietjie oopgegaan het. Ons almal sukkel soms om die groot prentjie te kan sien. Ons hou vas aan die verlede, en dink dat die toekoms presies dieselfde moet wees.

Dink veral aan hoe 'n F1 renjaer moet dink aan die groot prentjie van die hele baan om elke draai wat hy ry. Fokus op net dit wat om die volgende draai gebeur is nie genoeg om suksesvol te wees nie. Jy moet 'n reeks draai in gedagte hou. Jy moet jou kar ken, en jy moet vertrou dat die baan daar is om die beste uit jou potensiaal te ontsluit.

Raak eers stil by God:

Daar waar jy nou tyd het om rustig deur die preek te lees, weet dat God by jou is. Dat Hy met jou gaan praat oor jou lewe, jou potensiaal, en dat dit Hy is wat die heelal vashou wat dit doen. Hy ken jou persoonlik.
Here, kom help ons om die groot prentjie te sien van ons eie lewens. Help ons om beter te verstaan waar ons inpas. Maak ons nederig, want ons weet ons sal nie die groot prentjie kan sien as ons nie hoogmoedig is nie. Ons weet ook dat ons nooit die groot prentjie volledig sal sien nie. Dit sal ons lei na die sonde om sonder U te wil leef.

Lei ons dus na U Woord, waar ons beter verstaan wat die groot prentjie is.

​Amen.

Toetrede:

Ons eerste lied is een waar ons God se huis en teenwoordigheid betree. Wanneer ons dit doen, kan ons weet dat ons dit doen saam met miljoene ander gelowiges op aarde. Hierdie lied is 'n verklaring dat ons elkeen deel is van die groter prentjie van God se Koninkryk.
Picture
Picture

Skriflesing:

Ons gaan saam lees uit Jesaja 43:16-21. Dis teksverse wat geskryf in 'n tyd toe dit swaar gegaan het met die volk.
16 So sê die Here,
Hy wat 'n pad gemaak het deur die see,
'n deurgang deur die magtige waters,
17 Hy wat strydwaens en perde laat optrek het,
'n leër op volle sterkte na sy ondergang toe.
Hulle kon nie weer opstaan nie,
dit was klaar met hulle,
hulle is soos 'n lamppit uitgedoof.
18 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink
en by die verlede stilstaan nie.
19 Kyk, Ek gaan iets nuuts doen,
dit staan op die punt om te gebeur,
julle kan dit al sien kom;
Ek maak in die woestyn 'n pad,
Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
20 Die wilde diere sal My vereer,
die jakkalse en die volstruise,
omdat Ek water gee in die woestyn,
riviere in die droë wêreld
om my volk, my uitverkore volk, se dors te les.
21 Dit is die volk wat Ek vir My geskep het,
en wat my lof sal verkondig.

Prediking:

In die eerste deel van hierdie verse sien ons hoe God Sy volk herinner aan dit wat Hy gedoen het in die verlede. Hy neem hulle gedagtes terug na die Rooisee. Daar waar Hy vir hulle 'n pad deur die water gemaak het, en waar die Faroa en strydwaens vernietig was. Hy neem hulle harte en gedagtes terug daarheen omdat Hy vir hulle wil wys dat steeds voorsien. Hy wys vir hulle dat Hy onveranderlik is. Hy voorsien altyd vir elkeen wat Hom aanroep.

Dan kom die oorgang in vers 18, waar God vir die volk wil kom wys dat hulle nie kan vashou aan die verlede nie. Hulle moet ook kyk na die toekoms. Hy moedig hulle aan om nie vas te klou aan die verlede nie. Indien hulle sou vasklou aan die verlede, sou hulle dit wat Hy in die toekoms doen mis. Hy is reeds besig om iets nuut te doen. Hulle moet besluit om deel te wees van die nuwe seisoen.

So maklik in die lewe sukkel ons om die groot prentjie te sien omdat ons weier om aan te beweeg. Om aan te beweeg gee ons egter nie die voorreg om die verlede te vergeet nie. Ons verraai nie die verlede wanneer ons kyk na die toekoms nie. Om die waarheid te se, ons is bereid om met baie waagmoed besig om na die groot prentjie te kyk wanneer ons die groot prentjie probeer raaksien.

Daar is rykdom daarin om na die groot prentjie te kyk van dit waarmee God besig is in ons persoonlike lewens, en ook as 'n kerk en ook in die Koninkryk van die hemele.

Ons het 'n roeping om die groot prentjie te probeer raaksien.

God wil sy volk se aandag vestig op die groot prentjie, en Hy doen dit deur terug te kyk na die verlede, en dan na die hede en die toekoms.

Die bekende Ayrton Senna was 'n meester daarin om as't ware sy liggaam te verlaat en tydens 'n wedren van bo af te probeer kyk na hoe hy besig is om te bestuur. In daardie oomblikke sou hy die groot prentjie probeer sien van hoe die baan lyk. Hy het dit nie probeer doen op een of ander bose manier nie, maar omdat hy die groot prentjie van die totale ren as belangrik geag het.

Wanneer ons probeer om die groot prentjie van God se genade in ons lewens te sien, neem ons Sy werk in ons lewens ernstig op.

Hy wys nooit alles vir ons nie, maar Hy wil sien dat ons die groot prentjie raaksien.

Wat is dit dan wat God vir die volk oor die toekoms wil wys? Hy wil hul aandag plaas op die rykdom van die groot prentjie. Hoe lyk die toekoms. Dis een waar hy fisiese infrastruktuur skep. Hy gee water. Hy maak 'n pad in die woestyn. Soos wat Hy vir die volk 'n pad in die woestyn gemaak het met hul verlossing uit Egipte, gaan Hy dit weer doen.

Hy is altyd dieselfde, maar ons nie. Ons verander. Hy bly dieselfde. Die manier wat God dinge nuut doen het te make met ons wat ou lesse al vergeet het weer beleef. Ons beleef Sy werk in ons lewens as nuut omdat ons so maklik vergeet. Hy vergeet nie.

Die renjaer waaraan ek wou gehad jy moet dink aan die begin van hierdie erediens het iets baie belangrik in sy oor. Hy het 'n gehoorstuk. Daardie gehoorstuk is waarin die ingenieurs wat die voertuig die beste ken vir hom informasie deurgee oor toestande op die pad, en vele meer. Hy kan ook sy belewenis van hoe die veortuig werk of nie werk nie, aan hulle deurgee.

Ek en jy het ook 'n gehoorstuk in ons ore. Dis God wat met ons praat. Hy weet hoe die kar werk, maar ons kan ook vir Hom se wanneer iets van die kar weier om te funksioneer.

Ons word geroep om ons gehoorstukke te gebruik.

Gebruik jy vandag joune?

Miskien sukkel jy om die groot prentjie te sien omdat jou gehoorstuk al uitgeval het. Miskien maak jou ren nie meer saak nie omdat jy weier om te luister wat die enginieur vir jou kommunikeer?

Dink vir 'n oomblik daaroor na...

Hoe lyk mense se lewens wat die groot prentjie probeer raaksien?

Daar is drie eienskappe wat deel is van iemand se lewe wat bereid is om die rykdom van die groot prentjie raak te sien:

Entoesiasme, Empatie, en Selversekerdheid.

Pas daardie drie eienskappe in jou lewe toe vandag. Is jy nog opgewonde en entoesiasties oor die toekoms? Weet jy dat God jou daar gaan ontvang met die rykdom van die groot prentjie?

Empatie. Dis onmoontlik om die groot prentjie raak te sien as jy nie bereid is om te stop nie. Ons moet stop en ander help. Empatie is nie om net R2 by 'n verkeerslig te gee nie. Empatie is om dit te doen, die persoon se naam te vra en werklik hulle ook beter te leerken.

Selfversekerdheid. Hierdie eienskap kry ons omdat ons nie bang is vir die toekoms nie. Ons weet mos dat God daar is.

Gaan leef dan die rykdom van die groot prentjie van God se genade.

​Amen.

Gaan kyk gerus ook na die volgende materiaal wat jou kan help met die reis om die rykdom van die groot prentjie raak te sien:

Dr John Maxwell kom leer in hierdie 17 minute vir ons elkeen watter waarde is daaraan om te kyk na die groot prentjie, en waarom dit een van dit een van die 21 wette van leierskap is.
Picture
Tienerkerk blog
Picture
Kinderkerk blog
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur