In vanoggend se erediens vra ons die vraag, wat is die verskil tussen waagmoed en onverskilligheid? Voordat jy ‘n gesig aan onverskilligheid gee, raak eers stil by die Here op hierdie pragtige Sondag. Gebed:Here, maak my ’n instrument van u vrede, Dat ek liefde mag bring waar daar haat heers, Eendrag waar oneindigheid heers, Hoop waar wanhoop heers, Blydskap waar droefheid heers. Gee, Here dat ek nie sal soek om getroos te word nie, maar om te troos, Nie om begryp te word nie, maar om te begryp, Nie om te ontvang nie, maar om te gee, Want wie gee, ontvang; wie homself vergeet, vind; Wie vergeef, sal vergifnis ontvang. Amen. (FRANSISKUS VAN ASSISI) Lied:Ons weet dat God met ons vandag is en dat Hy ons so baie seën. As gemeente sing ons vanoggend die volgende lied saam: Lied 247:1. Kyk na die pragtige woorde: Heer, wees ons genadig. Christus, wees genadig. Heer, wees ons genadig. Afkondigings:Die volgende afkondigings is weereens belangrik om van kennis te neem: Entrepreneurs: Ons gaan ons gemeente se tuisblad inpas om die entrepreneurs van ons gemeente te help. Indien jy ‘n entrepreneur is, en jou produkte wil bemark aanlyn, is meer as welkom om te kyk by www.nghorison.com se tuisblad om meer te leer oor hoe jy dit kan doen. Onthou dat u melk direk by Danie Greyling kan bestel vir aflewering. Barmhartigheid: Indien u betrokke wil raak by die gee van kospakkies kan u vir Andries Nel kontak. Sy kontakbesonderhede is op ons webtuiste, of u kan ook die kerkkantoor kontak. As gemeente is ons ook bewus dat daar dalk meer gesinne is wat finansiële uitdagings gaan beleef in hierdie tyd. Ons kan ook help met gedeeltelike kospakkies sodat jy jou finansies kan gebruik om dit te betaal wat die gemeente nie vir jou kan doen nie. Indien jy gedurende die tyd by die huis u kas opgeruim het, kan u die klere wat u nie meer soek nie na die kerkkantoor bring op Dinsdae of Donderdae tussen 09:00 en 12:00. Maskers vir skole: Alhoewel die regering alle skole van die nodige PPE (personal protective equipment) moet verskaf wanneer skole heropen, kan ons as gemeente help deur seker te maak dat daar genoeg maskers by skole is vir die dae wat kinders hul maskers verloor of vir die kinders wat nie dalk nie kry nie. U kan ‘n masker maak deur op ons webtuiste te kyk na ‘n basiese ontwerp. Verjaarsdae:Baie geluk ook aan die volgende mense wat verjaar: 24 Mei Trudy Stoltz 084 800 4492 25 Mei Martin Jansen van Vuuren 011 763 5740 25 Mei Jaco Nel 073 373 3701 25 Mei Rina Pretorius (Kerkraad) 083 356 9851 26 Mei Caleigh Olivier 072 912 5880 27 Mei Paul Botha 011 763 6416 29 Mei Steven Matt Griffiths 082 829 3393 29 Mei Rentia Smuts 083 586 0509 30 Mei Petro Brain 082 472 3197 30 Mei Divan Kemp 084 978 4230 Oorlede:Ons innige meegevoel met Magda Serfontein. Deon is Saterdagoggend skielik oorlede. Mag God u vertroos en bystaan in hierdie tyd. Skriflesing en Prediking:Ons gaan vandag saamlees uit Handelinge 3, en dan weer uit Handelinge 4:13 en vers 23. Die vraag waarby ons stilstaan het te doen met die verskil tussen onverskilligheid en waagmoed. Hierdie teks help ons om dit te verstaan. Petrus en Johannes genees ‘n verlamde man in Handelinge 3:1-10, en gee daarna ‘n toespraak na aanleiding van almal se verbasing oor wat gebeur het met die man. Kom ons lees saam wat volgende gebeur het: Handelinge 4:1-31 1Petrus en Johannes was nog besig om met die mense te praat toe die priesters, die bevelvoerder van die tempelwag en die Sadduseërs op Petrus-hulle afstorm. 2Die priesters en die ander was onthuts omdat die apostels die mense geleer het en verkondig het dat die opstanding uit die dood deur Jesus se opstanding 'n werklikheid geword het. 3Hulle het Petrus en Johannes gevange geneem, en hulle, omdat dit al laat was, in die tronk gesit tot die volgende môre. 4Tog het baie van die mense wat hulle prediking gehoor het, gelowig geword; en die getal gelowiges het aangegroei tot omtrent vyf duisend. 5Die volgende môre het die raadslede, die familiehoofde en die skrifgeleerdes in Jerusalem vergader. 6Ook die hoëpriester Annas, en Kajafas, Johannes, Aleksander en al die ander lede van die hoëpriesterlike familie was teenwoordig. 7Hulle het die apostels voor hulle laat bring en hulle ondervra: “Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?” 8Toe het Petrus, vol van die Heilige Gees, vir hulle gesê: “Raadslede van die volk, en familiehoofde, 9julle verhoor ons vandag oor 'n weldaad aan 'n siek man en oor hoe hy gesond gemaak is. 10Julle almal en die hele volk Israel moet weet dat dit in die Naam van Jesus Christus van Nasaret is dat hy hier gesond voor julle staan – dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het. 11Hy is “die klip wat deur julle, die bouers, afgekeur is. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. 12“Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” 13Die Joodse Raad was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien, want die Raad het geweet dit is maar ongeleerde en eenvoudige mense. Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus. 14En toe hulle nog boonop die gesonde man by die apostels sien staan, kon hulle niks teen hulle inbring nie. 15Die raadslede het hulle toe beveel om die raadsaal te verlaat en het die saak met mekaar bespreek. 16“Wat gaan ons met hierdie mense maak?” het hulle gevra. “Dat 'n onmiskenbare wonder deur hulle plaasgevind het, is vir al die inwoners van Jerusalem duidelik. Ons kan dit nie ontken nie. 17Maar om te voorkom dat hierdie dinge nog verder onder die volk versprei, moet ons hulle met dreigemente verbied om weer in die Naam van Jesus met iemand te praat.” 18Daarna het die Raad die apostels weer laat inkom en hulle beveel om glad nie verder in die Naam van Jesus iets te verkondig of te leer nie. 19Maar Petrus en Johannes het vir hulle gesê: “Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God. 20Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.” 21Nadat die Raad die apostels daarby nog ernstig gedreig het, het hulle hulle losgelaat. Hulle het dit gedoen omdat hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie en vanweë die houding van die volk, want al die mense het God geprys oor wat daar gebeur het. 22Die man wat deur hierdie wonder gesond geword het, was immers al oor die veertig. 29“En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. 30Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” U sal sien dat ek die woord vrymoedigheid in ‘bold’ gemerk het. In die oorspronklike teks kan hierdie ook vertaal word met waagmoed, en dan veral hul waagmoed rondom die verkondiging van die evangelie. Dit was vir die Joodse raad duidelik dat die mense hulleself nie van stryk sou laat bring nie. Hul waagmoed was egter nie onverskilligheid nie. Die verskil tussen waagmoed en onverskilligheid gaan oor die opleiding wat jy ontvang het. As ek sou sê dat ek die gemeente se toring sou uitklim, sou u dalk sê ek is laf. Jy sal dink dis sommer blote onverskilligheid, maar as ek nou ‘n ervare rotsklimmer wat die toerusting het vra om dit te doen sou jy sê dis waagmoedig, maar nie onverskillig nie. Waarom? Hy het die regte toerusting. Dis presies dieselfde met Johannes en Petrus. Hulle is nie bang om die evangelie te verkondig en dit te doen waarin hulle glo nie. Jesus het hulle Self dan opgelei. Hulle het die beste toerusting waarvoor ‘n mens kan vra. Hulle het dit self by God gekry. Ek en jy het ook die beste toerusting vir die uitdagings wat Covid-19 bied – God self sal ons lei. Ons hoef nie daaraan te twyfel nie. Die storie word vertel van ‘n man wat baie goed op toue kon loop (dis nou nie die fyn lyn wat die President met ‘lock down’ loop nie). Hy het van gebou na gebou gestap op die tou. Hoog in die lug. Almal was beïndruk. Toe vra hy of die mense dink hy dit met ‘n kruiwa kon doen. Almal het ingestem en hy het dit ook reg gekry. Toe vra hy of dit sou moontlik wees met ‘n kruiwa vol bakstene. Weer het almal saam gestem en hy het dit reg gekry. Toe vra hy of hulle dink hy kan dit doen met ‘n mens in die kruiwa. Almal het saamgestem, maar niemand wou daardie persoon wees nie. Skielik het ‘n klein seuntjie gesê hy sal dit doen. Dis te onverskillig, het die mense gesê, maar die seuntjie het volgehou. Hy sou dit doen. Hy het in die kruiwa geklim en die man het hom oorgestoot na die anderkant en weer terug. Almal was verbaas oor sy braafheid en het gevra hoe hy ‘n vreemdeling so kon vertrou. Hy het egter geantwoord: “Dis nie ‘n vreemdeling nie, dis my pa.” Die seuntjie het waagmoed gehad omdat dit sy pa was. Hy was nie onverskillig nie, en ek en jy is ook nie onverskillig wanneer ons ons hemelse Pa vertrou nie. Slotgebed en laaste afkondigings: “Here, lei ons om U te vind. Die pa wat ons lei, wat ons nie sal laat val nie. Gee vir ons waagmoed om die evangelie te verkondig. Amen”
Onthou asb. dat ons tans Pinkster as Ring vier. Daar is daagliks nuwe boodskappe op Youtube en ons ander sosiale media platforms soos Facebook. Dankie aan almal wat ons steeds finansieel ondersteun in hierdie tyd.
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |