Wat is blydskap?Ek is vas oortuig dat een van die redes waarom Jesus aarde toe gekom het, was om ons blydskap te leer. Ons sukkel daarmee om waarlik blydskap te kan beleef. En dit is 'n groot uitdaging. Daarom kan jy vandag weet dat God wil sien dat jy ware blydskap beleef. Die vraag is egter wat jy moet opoffer om daardie blydskap te kan sien? Skriflesing:
Prediking:In hierdie teks sien ons hoe Dawid meer vertel van hoe hy beleef God alles gemaak het. Ons dink vandag nog na oor daardie vraag. Hoe het God alles gemaak. Die Bybel kom gee vir ons duidelike riglyne om ons verstaan van God se skepping te kom verruim. In hierdie benadering is ons verstaan van God se skepping nie afgesluit net omdat ons Genesis 1-3 of Psalm 8 of Johannes 1 of Hebreërs 1 het nie. Hierdie is inleidings tot ‘n groter verstaan van God se skepping. Net soos gebed nie uitgeput kan raak, of kennis van God kan uitgeput raak nie, kan ons verstaan oor Sy wêreld nie uitgeput raak nie. Hy is groter as al ons verstaan van die heelal.
In hierdie Psalm is Dawid egter opsoek na iets anders. Hy is opsoek na blydskap. Net soos ons vandag opsoek is na blydskap, soek hy dit ook. Hy vind dit eerstens in die skepping. Hy praat van die kohesie tussen dag en nag. Die een gee die berig deur na die ander. Soms soek ons blydskap omdat ons deur ‘n uitdagende tyd gaan. Ons soek blydskap omdat iets swaar op ons druk. In sulke tye kan dit help om gewoon te weet dat daar kohesie tussen dag en nag is. Die een gee berig aan die ander. Dinge gaan aan. Soos God die wereld in stand hou, hou Hy ons ook in stand. Ons is deel van daardie skepping wat Hy in stand hou. Dan sien ons verder dat Dawid gesels oor sy benadering tot blydskap. Hy vind dit in getrou wees aan God se bevele. In daardie oomblik sou hy dalk terugdink aan die verhale van die skepping wat hy as kind gehoor het tydens aandetes in sy huis van oorsprong. God se grootste bevel was sorg vir die natuur. Om met plante te werk, om te sorg vir die natuur, gee blydskap. Of jy nou in ‘n woonstel woon, en of jy woon in die Botaniese tuine, jy moet vir iets in die skepping sorg, en daardie sorg wat jy gee, moet jou nader aan God bring. Dit moet vir jou blydskap bring. Het jy al gesien hoe ‘n goeie botanis werk. Hy jaag nie ‘n snoei proses af nie. Hy doen dit stadig en deeglik, met blydskap. Dan sien ons verder dat Dawid verwys na God se bepalinge. Hy se dit is reg. Ons voel egter nie altyd so nie. Ons dink gereeld dat God se bepalinge verkeerd is. Ons kyk na ons lewens en ons hou nie van wat ons sien nie. Om te sorg vir Sy skepping help ons om met blydskap nuut te dink oor waarom Hy besluit soos Hy besluit oor ons lewens. Dawid se dan dat daardie bepalinge of besluite regverdig is. Ons sukkel om regverdigheid te verstaan sonder dat ons diep kan delf en werklik in en deur blydskap kan leef. Vir Dawid is blydskap nie ‘n einddoel nie, maar eerder ‘n sleutel, soos gebed, wat die lewe oopsluit. Sluit blydskap vandag vir jou die lewe oop? Nie? Begin dan in die skepping leef. Amen.
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |