'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Sondag 22 November 2020

11/21/2020

0 Comments

 

Wie preek?

Gerrit Visser

Wat is die tema?

'n Vreemdeling tussen ons...

Watter belangrike lewensvraag kyk ons na?

Wat is waardevol, waarom is dit waardevol, en watter impak het jou idees van waardevol op jou manier van leef en jou kyk na die wêreld.

Wat is die teksverse?

Ons gaan saam lees uit Matteus 9:14-17, wat 'n opvolg is van laas week se erediens wat oor die voorafgaande teksverse gegaan het.
Picture
Picture

Wat gebeur in hierdie teksverse?

Volgelinge van Jesus se neef kom na Jesus se volgelinge en verwys na 'n vreemde gedrag wat deur Jesus se volgelinge geopenbaar word. Hierdie vreemde gedrag is dat hulle nie vas nie. Hulle soek dus 'n rede vir hierdie vreemde gedrag.

Hoekom is hierdie teksverse belangrik?

Die volgelinge van Jesus se neef (Johannes die doper), asook die Fariseërs, het vir 'n baie spesifieke rede gevas. Hulle het gevas omdat hulle onderdruk was deur die Romeinse owerhede van daardie tyd. Hulle het gevas omdat hulle verlos wou word van hierdie mense.

Daarom lyk dit vir hulle asof die volgelinge van Jesus of selfs Jesus ook, dit nie as belangrik ag om te sien dat Sy eie volk bevry word van die Romeine nie. Hulle kon dus maklik redeneer dat Jesus nie Sy identiteit ernstig opneem nie. Dit sou baie vreemd wees vir iemand in Jesus se tyd om nie te vas of te bid vir die bevryding van Jerusalem van die Romeine nie.

Wat wil Jesus vir die mensdom kom leer met Sy 'vreemde' manier van antwoord?

Hy wil vir hulle die klem kom plaas op wat waarlik waardevol is, en waarom ons sekere dinge as meer waardevol beskou as ander.

"Vas" was 'n tema wat dit goed kon illustreer, aangesien Jesus op meer as een geleentheid daaroor gesels het met groot groepe mense, of met Sy dissipels.

Dink solank aan 'n waardevolle of duursame horlosie wat aan jou oupa behoort het, maar wat nie meer loop nie...

Gebed:

"Here, kom help ons om vanoggend weereens te kyk na wat werklik belangrik is. Dankie dat U Woord ons kom leer dat om fees te vier oor U bevryding een van die belangrikste opdragte van U Seun Jesus Christus was.

Vandag se liedere:

Vandag se liedere is so saamgestel dat dit uniekheid van Christus se bevryding vier. Deel van ons wat waarde vind in ons eie lewens is om te aanvaar dat Christus ons nie red soos wat ons dink dit moet gebeur nie, maar eerder op die manier wat Hy weet die beste is. Dit geld nie net vir Sy verlossing aan die kruis nie, maar vir daaglikse bevryding van enige iets wat ons pla of ons keer om werklik fees te kan vier.
Picture
Picture
Picture
Picture

Skriflesing en Prediking:

Daar was baie redes waarom die mense in die tyd van Jesus sou vas. Vir 'n leier soos Jesus om nie openlik te vas nie, sou vreemd wees. Ons weet wel dat Jesus gevas het in die woestyn vir veertig dae toe die satan hom versoek het, maar daar is geen bewys dat die mense rondom Hom dit sou geweet het nie.

Hier is 'n paar voorbeelde van vas uit die Bybel:

Vas om God se leiding te vind: Rigters 20:26-27

26 Al die Israeliete en die hele leër is toe na Bet-El toe en daar het hulle in die teenwoordigheid van die Here gaan sit en huil, en daardie dag het hulle tot die aand toe niks geëet nie. Hulle het brandoffers en maaltydoffers aan die Here geoffer. 27 Hulle het die Here geraadpleeg; die verbondsark van die Here was destyds by hulle.
 
Vas om God se redding te versoek: 2 Kronieke 20:3-4

3 Josafat was bang en het by die Here hulp gesoek. Hy het 'n vasdag in die hele Juda uitgeroep, 4 en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.
 
Daar is nog tien ander voorbeelde van vas in die Bybel en dit word as ‘n woord of frase ten minste veertig keer gebruik in verskillende vertalings tipes.

Soos reeds genoem was vas om die verlossing van die volk of Jerusalem iets wat twee maal per week gebeur het vir goeie, gelowige Jode. Jesus verwys daarna in Sy verhaal van die tollenaar en die Joodse leier wat albei in die Sinagoge of dan tempel gaan bid het.

11 Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos ander mense is nie: diewe, bedrieërs, egbrekers, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. 12 Ek vas twee keer in die week en ek gee 'n tiende van my hele inkomste.’

Ons weet egter dat Jesus nie 'n probleem met vas gehad het nie. Ons lees dat Jesus egter wil he dat ons die regte waarde daarin vind om onsself af te sonder vir God. Hoor wat se Jesus in die volgende teksverse:

16 “As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. 17 Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig 18 sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”

‘n Nuwe tyd vra vir nuwe gebruike. Jesus wil sien dat die volk in die era waarin Hy self die verlossing is nuwe gebruike vorm rondom vas. Om te vas moet vir hulle 'n fees wees.

Dubbeltyd: Leef in die vreugde van Christus se verlossing, maar nog nie in die sigbare nuwe realiteit waarin ons sal deel hê wanneer Jesus terugkeer nie.

Ons sien reeds in die Ou Testament dat God nie gelukkig is met die manier wat Sy eie volk vas nie. Dit het nie die beste waarde vir hulle wat dit kan he nie. Hoor wat hier geskryf staan in Jesaja:

4 Julle vasdae loop uit op twis en rusie,
julle dam mekaar met die vuis by.
Julle kan nie op hierdie manier vas
en dan verwag dat julle gebed verhoor sal word in die hemel nie.

5 Is dit ál wat Ek op 'n vasdag wil hê:
net dat 'n mens homself verneder,
dat hy sy nek buig soos 'n biesie
en in sak en as sit?
Noem jy dít 'n vasdag,
'n dag waarvan die Here hou?

6 Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie:
om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry,
om die juk wat op mense druk, af te haal,
om verdruktes vry te maak,
om elke juk te breek?

7 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is,
van jou brood gee nie,
dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie,
dat wanneer jy iemand sonder klere sien,
jy vir hom klere gee nie,
dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?

Jesus kom lei ons in 'n nuwe bedeling in waar vas iets heeltemal anders kan wees. Dit was nie noodwendig vreemd vir die volk om herinner te word aan dit wat Jesus gaan se in hierdie stuk nie. Wat vir hulle vreemd was, was dat Hy glad nie gevas het voor hulle nie, en ook nie Sy dissipels nie.

14 In dié tyd het die volgelinge van Johannes na Jesus toe gekom en gevra:  “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?”

15 Jesus antwoord hulle: “Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.

16 “Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder, en die gat word net groter.

17 “'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As jy dit doen, bars die sakke, die wyn loop uit en die sakke is daarmee heen. Nee, 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en so behou jy altwee.”

Vir die volk is die waarde van vas daarin om net die regte ding te doen, maar nie om dit vir die regte redes te doen nie. Hulle wil vas vir Jerusalem om verlos te word, maar is nie altyd ernstig oor die een wat hulle verlos nie, naamlik God die Vader.

Jesus hoef nie te vas nie. Hy is die verlossing. Hy is die een wat totale verlossing vir Sy volk gee. Daarom hoef Sy volgelinge nie te vas nie, want hulle stap elke dag saam met die een wat hulle gaan verlos.

Stap jy daagliks saam met Hom? Besef jy dat die verlossing van die volk jare terug net soos jou verlossing vandag werk? Jy moet dit ernstig opneem.

Aan die begin van die erediens het ek gevra wat nog vir jou waardevol is? Hoe weet jy iets is waardevol?

Dit kan gedeel word. Gebruike of tradisies wat ander afstoot omdat dit die klem op mense wil plaas eerder as op God het nie die potensiaal om gedeel te kan word nie.

Daarom leer Jesus Sy volgelinge dit wat Sy Vader deur die Heilige Gees vir Jesaja gewys het. Barmhartigheid is die belangrikste. Iets het waarde as jy dit kan deel met ander.

Hierdie vreemdeling by name van Jesus Christus was verseker vreemd vir die volk, maar Hy was ook die een wat hulle anders laat kyk het sodat hulle Sy verlossing kon aanvaar. Hy gee Sy verlossing vir jou vandag weer. Jy moet kies of Sy manier van leef van goedheid teenoor alle mense waarde in het of nie. Jy kan kies om elke Sondag hier te wees, maar dit kan waardloos wees omdat jy nie bereid is om hierdie sogenaamde vreemdeling se liefde, wysheid en redding te aanvaar nie.

Die voorbeeld van die horlosie:

So week of twee gelede het my ma 'n ou horlosie gevind in haar huis. Dit was my oupa Visser se horlosie. Glad nie 'n 'grand' horlosie nie, maar die bandjie was al bietjie oud en ek het gaan vervang, en ook 'n nuwe battery laat insit. Hierdie ou horlosie het geen geldelike waardevolheid nie.

Ek besit egter 'n ander horlosie wat aan my ander Oupa behoort het. Oupa van der Merwe. so 7 jaar gelede het ek sy bandjie ook vervang. Hierdie horlosie het baie geldelike waarde. Dis gemaak in Switserland in 1969 en was 'n geskenk van 'n bekende politikus in die jare 70. Dit kos duisende rande.

Hier is die 'catch'. Nie een loop meer nie. Om die duur horlosie reg te maak sal omtrent R24 000 kos. Om die goedkoop een reg te maak slegs R100.

Watter een is meer waardevol? Die een wat die tyd vir my kan gee, en dis gewoonlik nie die duurste nie. Sien ek kan die duur horlosie dra wat tans herstelwerk nodig het, maar as iemand my die tyd vra gaan dit niks beteken nie. Ek kan nie vir hulle die tyd gee nie. Ek gaan dalk vreemd lyk. Waarom dra jy 'n baie duur stukkende horlosie?

Dis presies wat Jesus vir die volk kom leer in hierdie verhaal. Alles wat gedeel kan word tot die opbou van ander het waarde. DIt wat nie ander opbou nie, het nie waarde nie.

Albei hierdie horlosies se leer bandjies het R400 gekos. Albei is ewe waardevol om na te kyk wanneer ek na my oupas verlang, maar nie albei kan die tyd vir ander tans gee nie.

Wat is vir jou waardevol, en waarom?

Stel vandag 'n lys op van alles wat jy besit, en vra jouself watter waarde jy aan hierdie dinge koppel, en wat daardie waarde wat jy daaraan koppel vir ander vertel van jou verhouding met Jesus Christus.

Vir die kinders en die tieners:

Alles wat ons doen moet in liefde gedoen word. Dit gee ons dade waarde. Hier is 'n video oor liefde vir die kinders vandag:
Dis nie altyd maklik om Jesus te volg nie. In hierdie video word verdeuidelik waarom dit waarde het om vir Jesus te volg.
Lesplan

Slotlied:

Picture
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur