'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Sondag 21 Junie 2020 - Broosheid

6/20/2020

0 Comments

 

Inleidend:

​Hierdie is die laaste van ons drie weke reeks waartydens ons die werkswinkel by Merwehuis in ‘n kuns galery verander het. Indien jy die vorige preke wil kyk of lees, kliek gerus op die volgende skakels:
​Gedurende die afgelope paar weke se eredienste het kuns ‘n groot rol gespeel. In hierdie erediens wil ek graag ekstra tyd neem om die hele reeks se proses met jou te heel, en dan ook sommer klem plaas op die vorige skilderye of kunswerke.

Afkondigings:

Barmhartigheid:

Indien u betrokke wil raak by die gee van kospakkies kan u vir Andries Nel kontak. Sy kontakbesonderhede is op ons webtuiste, of u kan ook die kerkkantoor kontak. As gemeente is ons ook bewus dat daar dalk meer gesinne is wat finansiële uitdagings gaan beleef in hierdie tyd. Ons kan ook help met gedeeltelike kospakkies sodat jy jou finansies kan gebruik om dit te betaal wat die gemeente nie vir jou kan doen nie.

Indien jy gedurende die tyd by die huis u kas opgeruim het, kan u die klere wat u nie meer soek nie na die kerkkantoor bring op Dinsdae of Donderdae tussen 09:00 en 12:00
 
Ons is ool dringend opsoek na ‘n mikrogolf oond en kombuisware vir ‘n gesin in nood.

Maskers vir skole:

Alhoewel die regering alle skole van die nodige PPE (personal protective equipment) moet verskaf wanneer skole heropen, kan ons as gemeente help deur seker te maak dat daar genoeg maskers by skole is vir die dae wat kinders hul maskers verloor of vir die kinders wat nie dalk nie kry nie. U kan ‘n masker maak deur op ons webtuiste te kyk na ‘n basiese ontwerp

​Woonstel te huur:
 
Zonop Woonstelle
14 Kilburnstraat, Horison
2 Slaapkamer
R 5 600.00
Water ingesluit
Dadelik beskikbaar
Kontak: André Scheeres / 082 856 3189

Verjaarsdae:

​22 Junie: Inge Du Plessis 061 434 7752, Toetie Hattingh 011 768 1106, Isabel Roux 076 217 4471, Johan Smit 074 314 1413, Alex van Jaarsveld
23 Junie: Esné Holmes 082 312 5855, Ronel Koen 079 738 3615
24 Junie: Pieter Badenhorst 083 230 5166
26 Junie: Martie Steyn 083 956 7579
27 Junie: Gerrit Visser 061 987 9035

Seëngroet:

Gemeente, genade vir elkeen van U en vrede, van God ons Vader, en die Here Jesus deur die kragtige werk van Sy Heilige Gees.

Amen.

Loflied:

Lied 202 is ‘n lied wat herinner aan Jesus wat die volkome prys betaal het vir elkeen van ons se sondes. Sing dit saam waar  jy is. Ons gaan vers 2 saam sing:
 
Loof Hom, die Lam van God,
want Hy's vir ons geslag.
Hy het ons met sy bloed gekoop;
besing sy reddingsmag.
Uit elke stam en taal
het Hy ons vrygemaak;
sy koninkryk, sy priesterdom -
dít het Hy ons gemaak

Laas keer:

Picture
​Op 7 Junie het ons saam gelees uit Psalm 57. Die kunswerk waarop die fokus geval het was die volgende houtsneewerk wat Chanelle in 2000 gemaak het. Die vraag was of hierdie vrou besig is om terug te tree in die duisternis in, of uit die duisternis uit beweeg.

​​Dis duidelik dat sy uit die duisternis beweeg na die lig. Haar oë is vasberade, sy is mooi geklee, sy is sterk. Sy is op pad.
 
Dawid doen dieselfde in hierdie Psalm. Op daardie stadium was hy in ‘n grot, in die oënskynlike duisternis, maar tog nie. Hy kyk deur die grot se rotse tot in die hemele in. Hy aanskou God se almag. Geen grot kan sy verbeelding keer nie, en geen grot kan God se almag keer nie.
 
Op 7 Junie het God vir ons kom sê: Verlaat die duisternis, en kom na die lig.

Picture
​Ons het die erediens afgesluit deur te kyk na hoop, na ‘n beeld van oom Phil Potgieter wat juis dit doen wat Dawid doen in hierdie Psalm. Dit kyk op na boontoe. Dit reik deur die wolke tot in die hemel.
 
Die hoop beskaam nie!

Op 14 Junie het ons saam gelees uit Romeine 15:13-17. In hierdie hoopvolle teks sien ons hoe Paulus van die gemeente weereens vra om diep te delf in wat dit beteken om kinders van God te wees. Daar was twee belangrike momente waaraan ons aandag gegee het, wat briljant uitgebeeld was deur twee kunswerke.


Picture
​Die eerste was ‘n foto van my skoonpa. In hierdie foto kan jy sien hoe die agtergrond alles swart en wit of dalk sepia toon is, maar in die voorgrond is sekere elemente in kleur. Die kleur trek dadelik die aandag, wat verklap dat hierdie ‘n ou motorhawe is. Maar in hierdie foto word ons genooi om verder te kyk as die kleur na die groot dele wat maklik agterweë bly – die gebou.
 
As jy jou verbeelding gebruik, sal jy sien dat hierdie eintlik ook ‘n kerk kon wees. Paulus verwag dieselfde van sy vriende en mede-volgelinge van Jesus. Kyk verby dit wat oënskynlike kleur is, na dit wat werklik waarde het, naamlik die liefde en geloof wat tussen die mense heers.

Picture
Ons het afgesluit deur te kyk na ‘n skets van Gert van Niekerk. Dis in Indiese ink gedoen. Een van my gunsteling mediums. Hierdie skets is van ‘n boom wat nie meer bestaan nie. ‘Oom Gert’ soos ons hom ken het dit geskets voor dit verwoes was om plek te maak vir geboue.
 
Net so is die oomblikke wat ons in die liggaam van Christus het vinnig verby en ons kry dit nie weer nie. Maar wanneer ons dit dokumenteer met goeie verhoudings, bly dit vir die res van ons lewe.

​Vandag gaan ons afsluit deur te saam te lees oor dit wat die Bybel vir ons leer oor broosheid. Ons sal weereens sien dat daar ‘n belangrike en tog brose balans is tussen die formele en informele dele van die evangelie.
 
Mag God jou seën waar jy nou Sy Woord gaan aanhoor.

Gebed:

Here, dis ons gebed dat U nou met ons sal praat. U wat ons elkeen se brose plekke ken, en liefhet. Amen.

Skriflesing:

5 Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus. 6 God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.

7
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

Prediking:

Die vers waarby ek eerstens wil stilstaan is vers 5. Hier skryf Paulus dat ons breekbare kleipotte is. Kyk nou na die volgende skildery.
Picture
Ons sien hier ‘n toneel van kinders wat besig is om informele onderrig te ontvang onder ‘n boom. Dit lyk asof die kinders besig is om hierdie onderrig êrens in Afrika is. Dis ‘n plaaslike toneel. Dit lyk nie na ‘n ander kontinent nie. Hierdie toneel kon selfs om die draai van ons af wees in Soweto of Kagiso.
 
In hierdie toneel sien ons dat die kinders almal lyk na dogters. Hulle rokkies lyk nie meer so sterk nie. Een of twee se klere lyk selfs deurskynend van al die was. Die onderwyser is dalk ook ‘n vrou. Alles in hierdie toneel het beweging. Die kinders lyk asof hulle rondskuif (hoe dan nou anders gemaak as jy bo-op die grond moet sit), die onderwyser se arm beweeg. Die bome lyk asof dit heen-en-weer waai in die wind.
 
Die een deel wat nie beweging het nie, is die swartbord waar die kinders geleer word. Dit het baie formeel geskilderde A B C’s op. Dis die deel wat uitstaan, maar dis ook die kleinste deel van die skildery. Dit gaan hier oor die balans tussen formele en informele opvoeding. Die kinders is spontaan en beweeg en geniet die lewe – en dis nodig. Hulle ontvang egter ook formele opvoeding – en dis nodig.
 
Albei het mekaar nodig.
 
Baie keer kies ons net vir die een in die kerk. Ons kies of net die formele kant in die kerk. Programme, bedienings, ens. Die ander kant is weer die spontane kant. Kom ons vat gou kospakkies vir die mense by Floroma tehuis vir bejaardes, byvoorbeeld.
 
Albei is nodig. Ons mag nooit net vir een kies nie. Baie keer kies ons as NG Kerk die formele kant deur ons aanhang van die gereformeerde teologie, maar los die spontaniteit van die geloof agter.  Ander kere maak ons die fout om net die spontane dele van die evangelie te dryf, sonder enige goeie nasorg werk.
 
Albei is nodig. Albei het mekaar nodig. Albei is broos, want ons is broos.
 
Daarom sê Paulus vir die mense wat hierdie brief lees dat hulle moet onthou van hul broosheid. Hulle moet onthou dat hulle nie die skat is nie, maar wel die skat binne hulle het. Dis Jesus Christus.

Picture
In die volgende werk van Hennie Meyer sien ons dit pragtig geïllustreer. Dit wys verskillende teksture vir ons. Om dit vas te hou is werklik indrukwekkend, want jy voel die verskillende tipes grofheid, asook die gladde dele. Die gladde dele is die minste. Wanneer jy ‘n bord stukkend gooi, voel die dele wat gebreek het anders. Die grein van die pot waar die skerwe gespat het voel anders. Dit kry outentiekheid.
 
Die kerk het nodig om te bely dat ons foute maak. Dis die stukkende dele. Ons het nodig om die wêreld te nooi om ons broosheid te voel. Miskien sal die wêreld dan sien dat ons ‘n gesonde balans tussen formele en informele dele van die evangelie het, en miskien dan sal die wêreld weer die evangelie raaksien vir die krag wat dit nog altyd was.
 
Amen.

Slotlied:

Lees gerus die volgende lied se woorde:
 
Dis lied 284:1:
 
Laat Heer u vrede
deur my vloei
Waar haat is, laat ek daar liefde bring.
Laat ek in pyn en
smart vertroostend wees
En krag gee deur geloof in U, o Heer
 
O Heer, help my om altyd so te leef –
om ander hoër as myself te ag,
Ja, om lief te hê – ander bo myself –
en eerder ook te gee as te verwag

Gebed:

Here, kom leer ons om almal rondom ons vanuit ons eie broosheid en menswees te dien. Ons wil graag vir die wêreld wys hoe mooi die skat is wat binne-in ons is, maar ons sukkel soms daarmee. Sal U ons asseblief wys hoe om dit te doen.
 
Amen.

Seëngroet:

Ontvang dan nou die seën van die Here, en leef in Sy vrede. Die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van God die Vader en gemeenskap van Sy Heilige Gees sal met jul elkeen wees en bly.
 
Amen.

Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur