'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Sondag 17 Mei 2020 - Vreesloos kind van God!

5/17/2020

0 Comments

 
‘n Paar weke gelede het ons gehoor wat God se Woord vir ons wil sê oor vrees. Die moeilikste vrees om mee te werk is vrees vir die onbekende. Navorsing het gewys dat mense wat na gruwel films kyk se harte vinniger klop net voor die monster uitspring as wanneer die ondier reeds sy verskyning gemaak het. Dis die idee van die onbekende wat ons meer vrees laat beleef as wanneer die ding uitspring. Twee maande gelede was ons almal se vrees anders as nou.
 
Ons gemeente het self vergaderings belê en gepraat oor die toekoms en wat ons kan doen rondom hierdie siekte.
 
In vanoggend se erediens gaan verder kyk na vrees en wat dit aan ‘n mens kan doen wanneer jy die oorhand kry, maar mees belangrik, ons gaan kyk na wat die Bybel sê oor vrees, en wat ons daaruit kan leer.
 
Kom ons bid eers saam, en daarna kyk ons na ‘n paar afkondigings.
 
“Here, dis ons gebed dat U ons sal seën in vanoggend se erediens. As mense raak ons sommer vinnig oorweldig deur vrees, maar ons weet dat U geen vrees het nie, en ons weet dat ons U vreesloos kan dien.
 
Amen.”
 
In vanoggend se afkondigings:
 
Entrepreneurs: Ons gaan ons gemeente se tuisblad inpas om die entrepreneurs van ons gemeente te help. Indien jy ‘n entrepreneur is, en jou produkte wil bemark aanlyn, is meer as welkom om te kyk by www.nghorison.com se tuisblad om meer te leer oor hoe jy dit kan doen.
 
Onthou dat u melk direk by Danie Greyling kan bestel vir aflewering.
 
Barmhartigheid: Indien u betrokke wil raak by die gee van kospakkies kan u vir Andries Nel kontak. Sy kontakbesonderhede is op ons webtuiste, of u kan ook die kerkkantoor kontak. As gemeente is ons ook bewus dat daar dalk meer gesinne is wat finansiële uitdagings gaan beleef in hierdie tyd. Ons kan ook help met gedeeltelike kospakkies sodat jy jou finansies kan gebruik om dit te betaal wat die gemeente nie vir jou kan doen nie.
 
Indien jy gedurende die tyd by die huis u kas opgeruim het, kan u die klere wat u nie meer soek nie na die kerkkantoor bring op Dinsdae of Donderdae tussen 09:00 en 12:00.
 
Maskers vir skole: Alhoewel die regering alle skole van die nodige PPE (personal protective equipment) moet verskaf wanneer skole heropen, kan ons as gemeente help deur seker te maak dat daar genoeg maskers by skole is vir die dae wat kinders hul maskers verloor of vir die kinders wat nie dalk nie kry nie. U kan ‘n masker maak deur op ons webtuiste te kyk na ‘n basiese ontwerp.
 
Zoom – ontbyt vir manne: Eerskomende Saterdagoggend (23 Mei) gaan die manne almal ‘n Zoom ontbyt hou deur almal om 08:30 aanlyn ontbyt saam te eet terwyl daar inspirasie in God se Woord gevind word.
 
Verjaarsdae: Baie geluk ook aan die volgende mense wat verjaar:
19 Mei – Anton Marais (072 096 1236)
20 Mei – Trudie Hamman
21 Mei – Rina Palm (083 611 6581)
 
Die lied wat ons vanoggend saam gaan sing is Lied 241:1-3. Dankie aan Daniela Pretorius wat vir ons die begeleiding behartig. U kan dit uit volle bors saam sing daar by die huis:
 
Vers 1:
Troue Here van my lewe,
God by wie ek vrede vind;
Vader wat my skuld vergewe,
dankbaar leef ek as u kind.
Vrees vir straf laat my nie weifel,
want u liefde laat geen twyfel;
ja, ek weet in sondesmart:
U is trooster van my hart.
 
Vers 2:
U die kenner van ons harte,
sien my skuld en ken my nood.
Ek treur, vol berou en smarte,
want my sonde bring die dood.
Ja, U sien my hart se wonde,
sien my ly oor al my sonde,
Christus laat my voor U staan,
deur sy bloed neem U my aan.
 
Vers 3:
Deur u Seun skenk U genade,
in geloof neem ek Hom aan;
Hy verlos my van die kwade,
Hy sal altyd met my gaan.
Al is ek in skuld gebore,
is ek in Hom uitverkore
voor u Woord in skeppingsmag
nag geskei het van die dag.
 
Die Woord gaan vanoggend tot ons kom vanuit drie verskillende skrifgedeeltes. Kom ons lees dit saam:

Psalm 34:5:

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.

Psalm 94:19:

Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.

1 Petrus 5:6-7:

Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

In hierdie eerste teks is dit duidelik dat Dawid in ‘n sekere verknorsing was, maar dat God hom geantwoord het. Toe hy die Here aanroep was Hy gered van die uitdaging wat hy gehad het. Die Bybel plaas hier klem op die verlossing wat van God af kom in die oomblik wat daar aangeroep was. Vrees word nie minder wanneer ons met die uitdaging gekonfronteer word nie, maar lank voor dit. God voorsien vir ons in die oomblik wanneer ons Hom aanroep. Om God aan te roep, is om reeds in daardie oomblik verlossing van vrees te ervaar. Sy teenwoordigheid verdryf die vrees.
 
In die laaste dae voor my eie pa se afsterwe het ek hom gevra hoe hy sin maak uit sy sterfte wat op pad is. Sy antwoord het my diep geraak. Hy het my herinner dat almal doodgaan en dat dit veronderstel is om maklik of moeilik te wees nie, maar gewoon deel is van die sonde van die lewe dat ons moet sterf. Ons kan niks daaraan verander nie, maar dit verander ook nie wie God is nie. Sy teenwoordigheid verdryf vrees.
 
My pa was steeds vreesloos kind van God.
 
Hy was egter nie besig om hierdie beginsel vir die lewe met my te deel toe ons gholf speel of ‘n kunsgalery besoek nie. Hy was letterlik op sy sterfbed. Dit het dit soveel meer kragtig gemaak.
 
As jy vandag vreesagtig is oor die toekoms of die hede kan jy weet dat God jou vashou en dra. Sy liefde en nabyheid verdryf vrees en help ons om vreesloos kind van God te kan wees.
 
In Psalm 94 sien ons dat dit belangrik is om steeds vreugde te kan beleef te midde van vrees. Soos die Stoïsynse keiser Marcus Aurelius geskryf het: “Death smiles at us all. All we can do is smile back.” Die Psalm beskryf dat toe die skrywer groot vrees beleef het, God se hulp hom vreugde verskaf het. Ons mag steeds vreugde beleef selfs al word ons omring deur groot uitdagings in ons eie lewe en rondom ons.
 
Dink maar aan hoe dr Zhivago sy Lara gedigte sou skryf – ten midde van groot uitdagings. Indien jy nog nooit die boek gelees het, of die film gekyk het, gaan doen dit gerus. Dit leer ons dat groot vreugdes gevind kan word in ander dinge as die materiële. Myns insiens gaan ons groter waardering hê vir oënskynlike klein vreugdes in die toekoms. Om saam met familie te gaan eet by een van hul huise gaan vir ons nou dieper betekenis vind. Miskien gaan dit dieper word as net gewone genot. Dit gaan vir ons vreugde gee. Dit gaan ons weer vreesloos kind van God laat wees.
 
In die laaste teks sien ons dat Paulus skryf dat ons ons moet onderwerp aan die magtige hand van God. Hy herinner ons dat ons nederig moet wees. Waarskynlik omdat hy geweet het dat as jy nie nederig leef nie, die lewe jou altyd weer kan nederig maak.
 
Om vreesloos kind van God te wees beteken om jouself in nederigheid aan God se groot liefde en trou te onderwerp. Dis baie moeilik om jou angs en vrees vir God te gee wanneer jy nie nederig is nie. Raak nederig voor die Here, en Hy sal jou verhoog op die regte tyd. Indien jy gedurende hierdie tyd jouself gaan probeer verhoog, gaan jy dit nie reg kry nie. Die Corona Virus se gevolglike grendel staat het almal onder dieselfde kam geskeer. Steek jou hoogmoed in jou sak en raak nederig voor God. Sien raak dat al jou sukses net genade uit Sy liefdevolle hand is.

Dan kan jy weer vreesloos kind van God wees, want jy ken die een wat jou vreesloos laat leef.
 
Amen.
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur