'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Sondag 15 Augustus 2021 - Vryheid (Gerhard van der Merwe)

8/14/2021

0 Comments

 
Picture
JEREMIA 18 

​Soos klei in die pottebakker se hand

1 Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 2 Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat.

3 Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. 4 Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê.

5 Toe kom die woord van die Here tot my: 6 Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.

Votum:
 
Seengroet:
 
Skriflesing:  Jeremia 18:
 
In die reeks wat ons besig is mee, word dit soms baie belangrik dat ons die bril waarna ons na die Bybel kyk, mooi sal skoon maak.  Hoe ons dit lees gaan bepaal wat ons lees.  Vandag se tema van Vryheid, is juis so n belangrike bril skoonmaak oomblik.
 
As jy na Jeremia 18 kyk, deur die vuil en gewasemde bril, kan jy maklik die afleiding maak wat jou angstig kan maak.  Dan lees jy van n God wat soms impulsief van gedagte verander en n kleipot maak, net om dit later weer te breek.  Die een oomblik bou Hy, die volgende oomblik vernietig Hy.  Dan soek jy liefde, net om n kwaai God te ontdek wat kan vernietig.  En kyk jy met daardie selfde vuil bril na die res van die Bybel, kan jy maklik bewyse kry vir so n refrain wat herhaal.
 
Om die tem mooi t ekan verstaan moet on seer sgou die bril skoonmaak en mekaar help om mooi gefokusd te sien wat ons behoort raak te sien.
 
Wanneer God aan die begin skep, is die hartsbegeerte om n ruimte te skep waarin God in verhouding kan staan met sy skepping en Sy skepsels.  En jy hoor sommer die opgewonde hunkering van God as Hy in Genesis 1 reeds in gesprek met Homself is… Kom, laat ons die mens maak as ons verteenwoordiger…  God sit die mens blinkoog in die middel van Sy skepping om te heers en in n lewende en daaglikse verhouding met God te ontpop.  Adam en God ervaar dit.  Daagliks is daar hierdie intieme band wat uitrol. Die fokus is heeltyd om te fokus op die ander.  Adam op God, God op Adam.
 
Die oomblik toe die mens sy fokus verskuif na homself, word die kleipot gebreek.  Ek wil belanrik wees en net soos God wees…  En die Godsresep flop net daar.  Elke verhaal hierna waar die fokus op die eie ek is, vertel die hartseer verhaal van pyn en mislukking.  En dit gaan deur die eeue so tot by ons.
 
God se hande is nooit afgekap nie en Sy passie om terug te keer na Sy oorspronklike droom het nooit vervaag nie.  Onmiddellik na sie kleipot gebreek het en Adam en Eva uit die paradys is, begin God om te herstel, roep Hy na Adam sodat die verhouding herstel kan word.  Die hartseer is, dat sonde maak dat ons net nooit die oorspronklike plan genoeg kan verstaan om saam met God aan dit te werk nie.  Hy stuur n vloed, oorloe en rampe, rigters en profete…  en ten laaste Jesus Christus.
 
Daar is soveel plekke in die Bybel waar hierdie prentjie van God en Sy begeerte tot n lewende verhouding met ons uitgespel word.  Ware Vryheid is om in daardie verhouding jouself te verloor.
 
Ons vuil bril wil vir ons se dat Vryheid is waar ons ons eie selfsugtige besluite kan neem sonder om die implikasies van dit op ander lewens te oordink.  Ek kan se wat ek wil en dink wat ek wil en doen wat ek wil.  Niemand sal my voorskryf nie.  Los my uit!!  Dis wanneer ons God en kerk as verkramp beleef.  Beperkend, versmorend.
 
Maar ons kan ook kies om met n skoon bril God se begeerte van n lewende verhouding te kan raaksien.  Dan word kerk bywoning nie n reel nie, maar n uitnodiging tot gemeenskap.  Dan word n waarskuwing om terug te keer na God se manier van dink oor dinge, nie n verkrampte raak nie , smaak nie , roer nie aan tipe uitspraak nie, maar n rigtingwyser van n beter toekoms. 
 
Die vuil bril se…  dis my lewe, my geld, my besluit.  Die skoon bril se…  Fokus op ander, gee weg, bou verhoudinge, skep geleenthede.  Die vuil bril se…  dis my tyd en ek kan besluit.  Die skoon bril se…  Al tyd wat jy regtig kan he is om te bou aan jou verhouding met God.  Die vuil bril se dat God is n argaiese gedagte wat liefdeloos ons beperk.  Die skoon bril se…  God skep ons n veilige ruimte waarbinne ons met vreugde kan soek na Sy plan en droom vir ons lewe.  Dan sien ons raak dat in ons teks wat ongeveer 600 jaar voor Christus afspeel, ons nie t edoen het met n God wat na hertelus breek nie, maar n God wat met n gebreekte hart nuut wil vorm en pleit dat sy skepsels Sy plan sal raaksien.  Die geskiedenis vertel ons dat mense eenvoudig nie die bril kon skoon maak nie.  En die uiteinde was die ballingskap en groot hartseer. 
 
Maar God het nie opgegee nie.  Hy het Sy eie Seun gestuur … met n skoon bril… om God se hart en God se plan helder te kon sien…  Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is… Ek sal jou Vrede gee.  En toe die mense skreeu… Kruisig Hom!  Was dit Hy wat weg kyk van Homself en se…  Nie my wil nie, maar U wil geskied.
 
Gebed:
 
Seengroet:

0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur