Hoekom 'n 40 dag reeks oor die Bybel?Jy sal dan ook kan vra of nie al genoeg van die Bybel weet nie? Is daar nog kennis wat ontgun word waarvan ons tans nie weet nie? Ja, daar is. Daar is altyd nog ontdekkings wat gemaak kan word in die rykdom van God se Woord. Hierdie reeks gaan daaroor. Ons wil vir 40 dae dieper delf in God se Woord. Ook omdat ons weet dat God se Woord baie nodig is in die tyd waarbinne ons leef. Hierdie reeks wil graag drie dinge by jou wakker maak: 1. 'n Liefde vir die WoordBaie mense het al hul passie vir die Woord verloor. Ons opdrag as gelowiges is om onsself dieper te verdrink in die liefde van God se genade. Aan Sy genade is daar geen einde nie, en daarom moet ons dieper delf. Baie mense het 'n vrees vir die Woord, en daarom ook nie 'n passie daarvoor nie. Ons wil daardie passie herstel, of dalk vir die eerste keer vir jou gee. 2. 'n Kennis van die WoordBaie mense is bang dat hulle nie genoeg sal weet van die Woord van God nie, en daarom leer hulle dan ook nie Sy Woord ken nie - dis mos te moeilik. In hierdie reeks gaan ons kyk na die basiese van God se Woord. 3. 'n Leefwyse volgens die WoordDit gaan egter ook vir ons oor 'n leefwyse wat spesifiek gekweek moet word. God vra van ons dat ons op 'n sekere manier sal leef. Dis waaroor vandag se boodskap ook gaan. In die brief van Jakobus skryf hy dat ons nie net hoorders van die Woord moet wees nie, maar ook doeners. Mag jy in al drie hierdie doelwitte van ons reeks geestelik groei. Ek mis julle!As leraar mis ek julle baie. Die staat van inperking het van ons almal aanlyn mense gemaak, maar niks kan my liefde vir julle verminder nie. Mag God u elkeen seën in vandag se erediens. Net omdat ons nie bymekaar is nie, beteken nie dat Hy nie by elkeen van ons nou teenwoordig is nie. Hy is! Amen! Veels geluk!Baie geluk aan die volgende lidmate wat verjaar: 12 Engela Faber 083 518 4400 Martin Smit 072 403 8115 Issy vd Westhuizen 081 886 9714 13 Ernie de Swardt 063 477 7247 Alexander Redding 083 295 7028 Ryan Smith ---------------- 14 Elize Botes 011 763 8836 15 Jonathan Posthumus 072 727 3800 16 Johan Steyn (Jnr) 072 294 4740 17 Yolandi Bawden 062 480 9003 Ryan de Weerdt Mag God u elkeen sommer baie seën in die nuwe lewensjaar. Wees deel van bemoediging van lidmate!Ons as gemeente het besef dat daar baie lidmate is wat eensaam is en smag na teenwoordigheid, smag na mense, daarom wil ons graag 'n bediening begin om om te sien na daardie lidmate se welstand. Indien jy graag sou wou deelraak van die bediening, kontak gerus die kerkkantoor. Barmhartigheid:Indien u betrokke wil raak by die gee van kospakkies kan u vir Andries Nel kontak. Sy kontakbesonderhede is op ons webtuiste, of u kan ook die kerkkantoor kontak. As gemeente is ons ook bewus dat daar dalk meer gesinne is wat finansiële uitdagings gaan beleef in hierdie tyd. Ons kan ook help met gedeeltelike kospakkies sodat jy jou finansies kan gebruik om dit te betaal wat die gemeente nie vir jou kan doen nie. NB: Een van ons lidmate benodig'n laaikas of hangkas. Kontak die kerkkantoor indien jy kan help. Maskers vir skole:Alhoewel die regering alle skole van die nodige PPE (personal protective equipment) moet verskaf wanneer skole heropen, kan ons as gemeente help deur seker te maak dat daar genoeg maskers by skole is vir die dae wat kinders hul maskers verloor of vir die kinders wat nie dalk nie kry nie. U kan ‘n masker maak deur op ons webtuiste te kyk na ‘n basiese ontwerp. Tannie Ria de Klerk is oorlede.Sedert ek vir tannie Ria leerken het 4 jaar gelede het sy gereeld genoem dat sy reg is om die Here te ontmoet. Hy het haar ook kom haal so paar dae gelede. Haar begrafnis is eerskomende Donderdagoggend 16 Julie om 10:00. Dis belangrik om die kerkkantoor te kontak indien jy die diens wil bywoon, sodat ons kan hou by die wetgewing van 50 mense. Die diens sal ook op sosiale media versprei word na afloop van die roudiens sodat u dit by die huis kan sien. Haar heengaan word betreur deur haar familie, vriende en almal in die gemeente. Corona Virus by eerste lidmate gediagnoseer!Ons het in die afgelope week die eerste gevalle van die Corona Virus by gemeentelede gehad. Dis belangrik dat u kennis dra dat nie een van hierdie mense by die gemeente se geboue was nie. Persone wat dit het, is nie een in gevaar nie. Ons vra asseblief vir voortgesette voorbidding vir mense wat deur hierdie virus geraak word, asook ons land se leiers en leiers van regoor die wêreld wat moeilike besluite in hierdie tyd moet neem. Gebed:Here, wanneer ons nadink oor die belangrikheid van U Woord en hoe dit ons lewens verander, doen ons dit met groot respek. Ons besef dat u Woord mense se lewens verander. Ons kom bid dan ook nou die gevaarlike gebed: Here kom praat met ons. Amen. Skriflesing: 2 Tim 3:14-1714Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was 15en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. Prediking:Wanneer mens hierdie teksverse lees lyk dit amper asof die Woord as 'n wapen gebruik moet word vir die bestryding van dwaalleer ens, ens. Maar die teks sê duidelik in vers 17 "sodat". "Sodat" is oorspronklik 'n Griekse woord wat gebruik is om aan te dui dat dit wat voor dit geskryf is gekwalifiseer word deur dit wat daarop volg. Dus kan die bestryding van dwaalleer en die onderrig van waarheid net gebeur wanneer dit ten doel het om goeie werke te verrig. Indien daar enige ander rede is, sal dit dan verkeerdelik vanuit die bybel gestaaf word. Hierdie teks kom leer ons drie dinge oor God se Woord:1. Vergeet van slegte idees uit die BybelDis baie moeilik om geestelik te groei as jy steeds vashou aan slegte idees oor die bybel. Die wêreld het verander en ons moet verstaan dat die manier wat ons eers gepraat en geleef het nie meer die beste manier is om dit altyd te doen nie. Om werklik geestelik te kan groei in die Woord moet jy bereid wees om ou idees neer te lê wat nie meer aan vasgehou word nie. Waarom? Jou onderbewussyn sê vir een van twee dinge wanneer jy vashou aan verouderde idees wat ons verkeerdelik gedink het in die Woord staan: 1. Jy kan maar aanhou leef sonder groei - dis 'n leuen. 2. Jy hoef niks verder hieruit te leef nie, aangesien die Bybel jou reeds verkeerdelik geleer het. Elkeen van ons het nodig om te bely dat ons in die verlede slegte idees uit die Bybel gekry het wat ons VERKEERDELIK LAAT LEEF HET. Ons kan nie nuut leef as ons vashou aan verkeerde idees nie. Jy kan kies!Timoteus moet kies of hy wil glo wat sekere leermeesters sê. Paulus sê dat Timoteus moet bly by wat hy geleer is maar dat hy ook weet wie sy leermeesters is. Die leermeesters wat ons in die verlede nagevolg het kon ons soms teleur stel, maar Jesus bly die groot leermeester. 2. Die hele Bybel is belangrik!Vanuit Paulus se ervaring kan hy maklik vir Timoteus in hierdie deel sê om slegs sekere dele van die Skrif na te volg, want hy weet dat daar dele is wat moeilik interpreteer kan word. Hy kies egter vir 'n ander roete. Hy kies om vir Timoteus te sê wat hy ook glo! Alles is deur God geìnspireer in die Woord. Paulus kry vir Jesus regdeur die Ou Testament, en wil hê dat Timoteus dieselfde belewenis moet hê. Baie van ons kies om net volgens sekere dele van die Woord te leef. Dis verkeerd. Ons moet kies om volgens die volle Woord te leef - Dit alles kom van God af. Later in die reeks gaan ons meer praat oor hoe ons die bybel moet interpreteer, maar aan die begin van die reeks is dit belangrik vir jou as lidmaat om te kies vir die hele Bybel, nie net die dele waarvan jy hou nie. 3. Die mense rondom jou moet ook groeiHier is 'n sterk gevoel van 'n mens-tot-mens leefstyl in hierdie verse. Paulus wil hê dat Timoteus moet leef op 'n sekere manier sodat hy sy medemens kan dien. Ons sien dit in verse soos "dwalleer bestry" ens. Timoteus moet almal dien, en dit begin by leef volgens die Woord van God. Gaan leef jy ook so hierdie week. Amen. Gebed:Here, gee ons die genade om volgens U Woord te leef. Amen. Seëngroet:Ontvang dan nou God se seën daar waar jy is, en leef in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van God die Vader, en die gemeenskap van Sy Heilige Gees sal met u elkeen wees en bly.
Amen.
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |