'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Oordenking: Sondag 17 Januarie 2021

1/16/2021

0 Comments

 

Wie preek?

Gerrit Visser

Waaroor gaan ons nuwe reeks wat vandag begin?

Skriflesing, prediking en uitleg van die Woord:

Picture
Hoe is ek, my mense en my wêreld anders as 1 jaar gelede?

Hoe sou ek hierdie vraag gevra het? Watter emosie kan elkeen dan beleef wanneer hulle besig is om hierdie vraag te vrae?

Dis moeilik om hier nie te verwys na dit wat gebeur het tydens die uitbreek van die pandemie nie. Dalk was jy iemand wat gedink het die pandemie gaan jou nie verander nie? Dalk het jy gedink dit gaan nie die uitdagings bied wat dit gebied het nie? Dalk het jy gedink dit gaan jou nie direk raak nie, maar toe het dit. Dalk was jy self siek aan Covid-19, en begin jy vandag besef dat dit ‘n groot impak op jou gehad het?

Dalk het jy jou werk of inkomste verloor oor Covid-19 en die staat van inperking? Dit het ‘n impak op ons almal gehad.

Maar dan is daar ander mense wat terug kyk op die afgelope jaar en diep dankbaar is vir die geskenke wat Covid-19 gegee het. Hulle is dankbaar dat hulle meer van die huis af kon werk en dus tyd saam met hul kinders spandeer. Die impak van Covid-19 het vir hulle iets gegee wat voor die staat van inperking nie daar was nie – Tyd.

En dis daardie woordjie, Tyd, wat die sleutel is vir vanoggend se oordenking of erediens en ook vir die res van hierdie reeks.

Aan die begin van 2021 vra God vir ons vyf vrae deur Sy Woord vir ‘n paar redes:


  1. Die eerste rede is sodat ons kan groei in ons verheerliking van Hom.
  2. Die tweede is sodat ons kan groei in ons opbouing van die kerk en die geloof-gemeenskap waarbinne ons groei en Hom dien.
  3. Die derde rede is sodat ons vreugde kan vind in hierdie lewe.
Voordat ons na vanoggend se teks saam gaan kyk wil ek elkeen van hierdie redes waarom ons hierdie vrae vra uitpak.

Ons is bedoel vir geestelike groei. Maak nie saak hoe oud jy as ‘n gelowige ooit word nie, jy gaan moet aanhou om geestelik te groei. Tot die dag wat jy jou kop neerlê en die lewe vaarwel roep, gaan jy bereid moet wees om te groei as mens. Dit kan net ‘n sinvolle belewenis wees wanneer jy alles in jou vermoë doen om God persoonlik beter te leer ken. 

Die rede waarom ek dit sê is belangrik. Die lewe gee vir ons ervarings en of ons nou dit wil weet of nie, dit gaan ons vorm. Wanneer jy vir Jesus Christus persoonlik ken en bereid is om deur Sy Woord in ‘n dieper verhouding met die Heilige Gees wat ons daagliks lei te tree, het daardie belewenis die potensiaal om werklik ‘n wonderlike ervaring te wees en kan jy geestelik groei.
 
Wanneer jy nie doelbewus bereid is om geestelik te groei nie, gaan die lewe se uitdagings vir jou waarskynlik altyd te veel wees.
 
Jy is nie bedoel om op jou eie groei nie. Hierdie vyf vrae waarna ons in die volgende week gaan kyk is daar sodat jy jou medemens kan dien. Die hele Nuwe Testament is vol daarvan dat ons alles in ons vermoë moet doen om die mense rondom ons met alles in ons te dien. ‘n Lewe sonder daardie bereidwilligheid om te dien is ‘n lewe is nie voltooi nie. Hierdie was een van die belangrikste temas in die lewe van Jesus, maar ook in SY prediking.Die feit dat jy bereid is om jou medemens te dien in ‘n gemeente of vriendekring is deel van jou getuienis dat jy deur die Gees van God lewe.

‘n Lewe sonder vreugde in eenvoudige gebruike of dinge is werklik belangrik. Jesus het gesê dat Hy gekom het om ons die lewe te gee en dit in oorvloed. Ons vra hierdie vyf vrae omdat ons weet dat ons kan neet geestelik verryk word wanneer die lewe, met al sy uitdagings, steeds vir ons ‘n vreugde is. Jesus wil vir ons oorvloed nou al gee, nie net wanneer ons te sterwe kom en hemel toe gaan nie. 

Nou wil ek terugkeer na vanoggend se vraag: Hoe is ek, my mense, en my wêreld anders as ‘n jaar terug?

Hopelik is jy anders op ‘n goeie manier. Hopelik was jou vreugde nie gekoppel aan hoe baie geld jy gemaak of nie gemaak het in 2020 nie. Hopelik kon jy ander nog net so goed dien te midde van die uitdagings wat 2020 gebied het. Hopelik kon jy ander selfs meer dien as voorheen...

Ek wil met jou ‘n oënskynlike bekende verhaal deel uit die Bybel, maar vanuit ‘n nuwe hoek. Ek vertrou dat dit jou sal help om te verstaan dat dit belangrik is om terug te kyk na jou eie verlede en te vrae hoe my eie optrede en ervarings, asook dit van diegene rondom my, my verander het.

Dis die verhaal van Dawid wat owerspel gepleeg het. Ons ken die verhaal goed. Dawid het eendag bo-op sy balkon gestaan by die paleis. Op daardie stadium was sy generaals besig om ‘n oorlog namens hom te veg. Daardie aksie van nie gaan veg saam met die ander nie, was een van die groot redes waarom Dawid in hierdie verhaal klei getrap het en owerspel gepleeg het. Dawid was altyd daardie koning wat voor in die geveg was. Hy het voor geloop, maar nou staan hy op ‘n balkon en loer vir ‘n ander man se vrou.

Julle ken die res van die verhaal goed. Dawid het die vrou wat hy sien bad het na sy paleis laat kom en met haar gemeenskap gehad. Sy was getroud aan een van die mans wat namens Dawid gaan veg het in die oorlog waar Dawid ook veronderstel was om te wees.

Sy laat weet vir Dawid dat sy swanger is en hy laat haar man terugkom van die grens waar hy veg om by sy eie vrou te slaap sodat dit sal lyk dat die kind wat sy het haar man se kind is, en nie Dawid se kind nie. Hy kom toe terug maar gaan nie huis toe. Hy, sy naam was Uria, bly by stadspoorte volgens wet. Dawid laat hom toe dronk maak en stuur hom terug huis toe in die hoop dat hy nou by sy vrou sal slaap en dit werk ook nie.

Toe besluit Dawid die beste is maar om die man te laat vermoor sodat hy Uria se vrou, Batseba, as sy eie vrou kan neem.

Dawid wat altyd sy mag te goede van ander gebruik het, gebruik sy mag nou al meer-en-meer. Dit gebeur toe ook so dat Uria sterf tydens ‘n geveg op die grens (dit was as gevolg van ‘n komplot van sy eie koning, Dawid).

Dawid trou met Batseba en dan kom maak die profeet Nathan by Dawid ‘n draai en ons ken dan die bekende verhaal van Dawid agterkom dat sy 2020 was nie so goed nie. Dawid kom agter dat die vorige paar maande van sy koningskap hom verander het. Hy het iemand geword wat hy nooit wou wees nie. En nou is hy daardie persoon wat ‘n onskuldige man laat vermoor het.

Jy sien, terugkyk na die afgelope jaar is belangrik.

Dit gaan moeilik wees om te kyk na 2021 en ‘n verwagting van skoonheid in die nuwe jaar te hê as jy nie bereid is om te vra hoe jy verander het die afgelope jaar nie. Net soos God vir Dawid genade gehad het, sal hy dit vir jou ook hê.

Maar jy kan ook terugkyk op 2020 en besef dat dit verander het op ‘n goeie manier. Ons sien gereeld in die Nuwe Testament dat Paulus vir gemeentes vertel hoe trots hy op is “op wat hulle geword het”. Dit beteken hy is trots op hul geestelike groei. Ons mag ook terugkyk na 2020 en sien hoe wonderlik God deur ons gewerk het en ander se lewens verander het.

Ons moet balans hê om te verstaan dat 2020 op baie maniere van ons beter mense gemaak het, maar dat daar ook kere was wat dit van ons mense gemaak het wat nie God se liefde uitstraal nie.

Die geheim is om albei ewe ernstig op te neem en te besef dat jy God nodig het in 2021. Hy is teenwoordig in jou lewe.

Ek wil afsluit en vir jou vra om vir 2020 ‘n naam te gee, en asseblief, dit moenie “die pandemie” wees nie.
​

Gee vir 2020 ‘n naam volgens dit wat van jouself en van ander geleer het. Gee dit ‘n naam wat sê “God is hier teenwoordig”.

Ons lees in Psalm 119:98 die volgende wat as sleutel moet dien vir die oopbreek van God se Woord in ons lewens in 2021:

“U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, en is altyd by my.”

God is ons vriend, en wil vir ons help om te verstaan wie ons was in 2020, sodat ons kan verstaan wie en wat ons kan wees tot eer en verheerliking van Sy naam in 2021.

Gebed:
​
Here, ons besef dat 2020 soms van ons mense gemaak het wat ons nie moes wees nie, maar dat dit ook telke male die beste uit ons gebring het, daarom kom vra ons dat U ons sal wys hoe 2020 ons verander het sodat ons U teenwoordigheid in ons lewens kan vind, maar ook sodat ons U meer kan dien.
Amen.

Sing die loflied saam vanoggend:

Wil jy die preek dalk ook kyk?

0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur