'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Niemand te klein nie (erediens - 25 April 2021)

4/24/2021

0 Comments

 
Picture

Wie preek?

Gerrit Visser

Waaroor gaan dit?

Dat maak nie saak wie ons is nie, Jesus stap met ons elkeen 'n unieke pad.

Afkondigings:

Laai af
Picture

Toetrede: Lied 308:1,5

Picture
Picture

Apsotoliese Geloofsbelydenis:

Picture

Loflied: Lied 486:1,4

Picture
Picture

Skriflesing en Prediking:

Picture
Die mens kan te groot, maar nooit te klein wees om deur God gebruik te word nie. Die ou Afrikaanse woord vir klein is gering, en dit probeer beter verklaar wat klein is, en ook waarom sekere dinge meer klein is as ander. Gering, beteken in die ou Afrikaans nie net ‘klein’ nie, maar amper onsienbaar. Iets wat nie die oog vang nie. Iets wat dalk so gewoon is dat ons dit nie meer raaksien nie. Dis die betekenis van gering. En daarom die tema: ‘gering, maar tog dissipel’.

Want Jesus kom vat mense wat amper onsienbaar is, wat sommer so gewoon is dat daar nie na hulle opgelet word nie, en maak van hulle Sy volgelinge. Hy doen die werk. Hy maak die volgelinge. Hy is die een wat roep, selfs wanneer ons wegkruip. Gaan kyk maar in die Ou Testament hoe God mense raaksien wat deur die samelewing gering is, en hoe Hy hulle deur spesifieke take wat hulle moet aanpak, verhoog.

Die mens kan te groot, maar nooit te klein wees om deur God gebruik te word nie. Om die waarheid te sê hierdie beginsel word deur so baie optredes deur Jesus beklemtoon: “Wie eerste is, moet laaste wees...” Elkeen van ons word deur hierdie belangrike beginsel gekonfronteer as kinders van God. Baie mense is te groot vir die evangelie. Hulle het groter geword as die boodskap wat hulle deur hul lewens moet verkondig.

Maar om jouself in ‘n posisie van nederigheid te plaas, stel jou in staat om waarlik ‘n volgeling van Jesus te wees. Om te sê dat jy sal dien, maak nie saak wat nie, is die weg van uitnemendheid, en die roete kaart na groot, en ook diepgaande invloed in die kerk van Jesus Christus. Dit gaan daaroor om jouself in posisies van geringheid te plaas, sodat God se gawes deur jou kan skyn.

As ons kyk na die man in hierdie verhaal, Filippus, sou ons waarlik kon sê dat hy gering was, klein, onsienbaar amper. Om die waarheid te sê, die ander evangeliste noem hom nie eers nie. As dit nie was dat Johannes iets oor hierdie man sê nie, sou ons nie eers weet dat ook hy geroep was deur Jesus nie.

As dissipel was Filippus waarskynlik die mees onwaarskynlike van kandidate om deur Jesus gekies te word. Waar Petrus en Johannes en ook Andreas elkeen nie terug gestaan het vir uitdagings nie, vind ons dat Filippus ‘n baie rustige mens is. Nie net is hy onwaarskynlik nie, hy lyk glad nie eers dinamies te wees nie. Gering, veral in die wêreld se oë, maar ook ‘n dissipel. En elkeen van die dissipels is vir ons ook ewe belangrik, want dit is deur hul elkeen se unieke lewens en unieke verhouding met Jesus dat iets leerken van wie Hy is, en hoe Hy kyk na die wêreld. Ons leer Jesus se hart ken nie net deur die bekende dissipels nie, maar deur al die dissipels. Hy het met elkeen van die 12 asook die vroue ‘n unieke pad gestap.

Filippus was op die oog af die tipe mens wat ander op die voorgrond wou plaas. Ons lees in Johannes 2 dat hierdie selfde Filippus vir Nathanael roep en vertel dat Hy vir Jesus ontmoet het. Nadat Nathanael aanvanklik nie belangstel in wat Filippus sê nie, gaan hy voort deur te sê dat Nathanael maar vir homself moet besluit. Filippus lyk nie om ‘n sterk oortuigingsvermoë te hê nie. Hy staan eerder terug. Ander moet maar self besluit.
Hierdie is die eerste element wat uitstaan in sy lewe: Lae oortuigsvermoë, maar tog diep kennis van ander. Hy ken vir Nathanael, en weet dat Nathanael deur Jesus aangeraak sal word, maar hy wil hom nie dwing nie. Sy oortuigingsvermoë lê dus nie in sy woorde nie, maar in sy kennis van ander. Hy hoef nie woorde te gebruik nie, maar sy kennis van ander laat by hulle die gedagte dat dinge kan anders wees as die gewone. Jesus kan hul lewe verander.

Miskien is jy so iemand vandag. Ons noem so iemand ‘n wyse. Filippus is wys, en Jesus daag hom ook verder in sy verhouding met hierdie man uit.

Die volgende keer wanneer ons lees van Jesus se verhouding met Filippus is wanneer Filippus vir Jesus ‘n vraag vra. Dis in Johannes 14:9 waar Jesus met die Grieke van daardie tyd gesels. Jesus vermaan in hierdie geval vir Filippus op ‘n sagmoedige manier “dat hy vir Jesus nog nie ken nie”. Later, wanneer Jesus die 3000 moet kos gee vra Jesus vir Filippus hoe hulle vir die duisendes kan kos gee. Hy het nie ‘n antwoord nie.

Tog word Jesus nooit ongeduldig met Filippus nie.

Jesus se geduld hou nooit op net omdat ons nie dadelik verstaan wat Hy vir ons wil leer nie. Hy hou aan geduldig wees met ons, maak nie saak wat nie.

Jesus hou nooit op om ons aktief te leer nie. Selfs al lyk dit daarna dat hierdie onwaarskynlike, geringe kandidaat nie hoort tussen die res nie, kies Jesus hom met daardie woorde: “Volg my!”

Jesus kies jou ook vandag met daardie woorde. Hy sal nie ophou om in jou lewe te werk nie.

Soos met meeste eredienste, sluit ek af met ‘n uitdaging aan ons as gemeente. Hoe kyk jy na jou medemens wat hier vandag is? Stap jy verby die ander wat hier is, en dink dalk “ai, daardie een sal ook nie ‘n groot impak kan maak nie”.

Ek dink dis natuurlik vir ons om vanuit ons sondige begeertes na ander te kyk eb te dink “hulle kan nie”, en ook vir ander om vanuit dieselfde sondige begeertes te sê “ek hoef nie, hy of sy sal...”

Filippus moes deur Jesus se geduld met hom leer dat hy maar sy hand kan opsteek, en die ander meer op die voorgrond dissipels moes leer dat maak nie saak hoe baie hulle praat en wil lei nie, Jesus gaan met elkeen van die dissipels ‘n unieke pad stap.

In hierdie gemeente het ons ook beide hierdie geaardhede. Die een staan terug, soos Filippus, want daar is mos iemand anders, en die ander vat soms te veel, want hulle wil hulself bewys.

Jesus roep albei: “Volg my!” Daarom moet ons erken dat Jesus in elkeen se harte werk, veral voordat ons wil beoordeel wie mag deel wees op grond van hul betrokkenheid of nie.

Hy sê vir jou vandag persoonlik: “Volg my!” Daarom, vergeet van diegene rondom jou. Hy het dit vir hulle ook gesê. Jy moet eerder fokus op Filippus se unieke pad met jou. Wanneer ons 600 lidmate is wat elkeen fokus op Jesus se unieke pad met ons, sal ons ‘n geestelik volwasse gemeente kan word.

Ek wil graag die leraar van daardie gemeente wees, en ek bid dat jy die lidmaat daarvan sal wees.

Besluit maar vir jouself. Was dit nie ook die geringe Filippus se benadering met Nathanael nie? Besluit self. Jy kies hoe jy vandag wil leef.

Slotlied: Lied 513:1,3

Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur