Wie preek:Gerhard van der Merwe Tema:Metanoia Skriflesing:Markus 1:2-5 Prediking:Ons is besig met ‘n kort reeks oor woorde wat hoop gee. Kersdag het ons stil gestaan by Maranatha. Die woord wat tydloos vertel van Jesus wat gekom het, Jesus is nou hier en Jesus gaan weer kom. Verlede Sondag het ons stil gestaan by ‘n Hebreeuse word: Shalom. Dit vertel van die vrede wat jy by my sal ontvang as jy inkom en die vrede waarmee ek jou sal toewens wanneer jy van my af weggaan. Vandag wil ons ‘n Griekse woord kies. N Woord wat ook dikwels in sy rykdom nie reg verstaan word nie. Maar verseker het jy al iewers in jou lewe ‘n preek oor hierdie kosbare woord gehoor wat hoop bring. Dit is die woord Metanoia. Meta beteken eintlik verandering. Maar nie net verandering ter wille van verandering nie, dit dui op ‘n verandering wat nuwe hoop bring, wat dinge beter maak. Noia is weer ‘n woord wat dui op jou denke, ‘n verandering van jou gedagtes, jou denke. Dit gaan dus om jou gedagtes so te vernuwe, dat dit word soos hemelse gedagtes. Metanioa is dus om om te draai. Jy beweeg in ‘n sekere rigting, dan stop jy as jy dink oor jou rigting, en jy maak ‘n verandering, jy maak ‘n ommekeer, jy beweeg in ‘n ander rigting. Matanioa het ongelukkig vir baie mense ‘n woord geword wat met belydenis geassosieer was. As ek dus op ‘n Sondag my skuld bely het, dan het dit ‘n afgewaterde betekenis begin kry dat dit metanoia sou wees. Metanoia moet dus iets wees wat vertel van transformasie. Eintlik is daar nog ‘n dieper verskil. Dit word die maklikste verstaan as ons dit in Engels sê… transform en transfigured. In Afrikaans noem ons dit transformasie en verheerliking. Wanneer ‘n wurm in ‘n papie toegespin word, word dit getransformeer, maar wanneer die skoenlapper uit die kokon kom, is dit transfigured, verheerlik, onomkeerbaar verander. So radikaal anders dat dit jou asem wegslaan. Die Heilige Gees is in ‘n baie groter werk as transformasie. Dit wil jou verander, tot ‘n nuwe en verheerlikte vorm van jou beste self. Om soos die sywurm in ‘n papie in te gaan is nie die einddoel nie. Die einddoel is om iets heeltemal nuut te wees. Daar is hierdie baie mooi verhaal in die Bybel wat ons vertel van die verheerliking van Jesus op die berg. Op daardie heilige oomblik toe Jesus met Moses en Elia gesels en die dissipels dit sien was dit ‘n verheerliking, n’ transfiguration. So Petrus is vasgevang in hierdie oomblik en hy begin soek om die oomblik vas te vang. Kom ons bou 3 skuilings, een vir elkeen. Petrus en die dissipels besef nog nie dat Jesus meer is as transformasie nie. Hy is transfigured, verheerlik. Onherstelbaar ten goede verander. Nou is Jesus meer as ‘n wonderlike leermeester, nou is Hy omskep, verander om iets heeltemal anders te wees… iets wat nie kan terugkeer na sy vorige staat of toestand nie. Jesus se sommer dadelik… nee, ek wil nie ‘n skuiling hê nie, nie ‘n tent nie, nie ‘n Jesus museum nie. Kerke is nooit bedoel om ‘n Jesus museum te wees waar ons terugdink oor die mooi van oomblikke in die lewe van Jesus nie. Nee, jy moet word wat Ek word. Ek wil nie hê dat jy net sal verander nie, ek wil hê dat jy verheerlik word, Heilig word. Die verandering waarmee mense so maklik tevrede is, is ‘n uiterlike iets wat met die oog gesien kan word. Maar wat Jesus vir ons en van ons wil hê is ‘n innerlike onomkeerbare nuwe skepsel. Ons moet nie net dit vertoon nie, ons moet dit in ons wese wees. Jou hele karakter moet wees om so te leef. So baie kere het ek in situasies beland waar mense by ‘n braai eers rondkyk waar die dominee is voordat hulle die grappie vertel, en as die dominee binne hoorafstand gekom het, dan was daar vinnig stil gebly of ‘n skaam skuus dominee, gesê. Dit is transformasie, dis die buite na binne optrede. Maar die verandering wat Jesus van my en jou wil hê, die verandering wat die HG in ons wil bewerk is ‘n van binne na buite verandering. Dit is hoekom daar in die woord gepraat word dat God ons ‘n nuwe hart wil gee, dat hy ons klip hard wil uithaal en ‘n hart van vlees wil gee. Dit is metanoia… Om die binnekant te verander. Wanneer ek en jy na onsself kyk, is die bedoeling nie om jou skaam te maak nie. Dis nie om jou moedeloos te maak nie. Dit is om jou opgewonde te maak, hoop te gee, dat Jesus deur Sy sterwe en opstanding, dat die Heilige Gees na Sy uitstorting hierdie hemelse werk wil verder neem, om ons skitterend gereed te maak vir die bruid. Daardie nuut wees wat Christus in ons begin het. Hy sal die werk wat Hy begin het klaar maak en jou rein voor die Vader se troon bring. Vlekkeloos soos die Lam. Kom na my toe almal wat moeg en oorlaai is, Al was jou sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu. In Markus voel ons sommer hoe die hoop in die mense wat na Johannes luister, begin posvat en vibreer. Die hoop vir die tyd waarin ons lewe, die hoop vir die begin van 2022, is dat God die goeie werk wat Hy in jou begin het sal voltrek. Sal afrond. Dat ek nie maar in my geestelike tekortkominge en worstelinge hoef te stoei in die modder nie. Daar is hoop … dat God in Christus Jesus die goeie werk wat Hy begin het sal voltooi. Maak jouself in 2022 oop daarvoor. Seëngroet:
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |