Wie preek?Gerrit Visser Teksgedeelte?Romeine 5:1-5 Skriflesing:God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Prediking:Wanneer ek en jy gekonfontreer word met moeilike situasies, kan dit gereeld voel asof die een slegte ding op mekaar volg.
Die kar breek, en dan kry jy 'n water en ligte rekening wat jou bang maak, en jou kind se Rapport was sleg... en jou skoonma moet weer dokter toe gaan vir haar toetsuitslae. En dan kom jy by 'n kuier geleentheid waar mense vra: "Hoe gaan dit..." En dan kan jy lekker uitpak op hoe dit regtig gaan. Soms in daardie verhaal is daar dan 'n sarkastiese "maar wag, daar is meer..." Dis dan jou en my manier om die klem te plaas op hoe baie dinge verkeerd gegaan het. Dit lok dan ook simpatie by ander: "Sjoe, dit gaan regtig swaar met hulle..." Miskien voel jy so vandag. Miskien wil jy sarkasties vir almal rondom jou vertel: "Maar waaaaaaag, daar is MEER!" Reg in die middel van hierdie Romeine 5 is daardie pragtige herinnering van Paulus dat ons as gelowiges meer het. Hy praat daaarvan op 'n pragtige manier: "Dit is egter nie al nie..." In die verse net voor dit herinner hy ons dat ons deel het aan God se liefde en dat God naby ons is. Dan gaan hy verder deur te verduidelik dat selfs swaar tye vir ons goed kan wees. Dit gee ons hoop, en ons herinner ons dat God binne-in ons leef as Heilige Gees. Maar wag daar is meer. Wanneer alles in jou lewe ophoop is daar meer hoop in Christus. Soos ons uitdagings meer raak, raak die geleenthede om Hom beter te leerken, ook meer. Mag dit op-"hoop" in jou lewe. Amen.
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |