'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Erediens: Sondag 6 September 2020

9/2/2020

0 Comments

 
Picture
Picture

Inleidend:

Twee afgetredenes het langs mekaar ingetrek. Een van hulle was ‘n afgetrede onderwyser en die ander ‘n assuransie agent. Die afgetrede assuransie agent was vreeslik geintresseerd in tegnologie en het voortdurend gepoog om die nuutste tegnologiese inligting te gebruik in al sy projekte.
 
Beide van hulle het tuintjies aangelê en verskeie plante geplant in die beddings en akkers. Die afgetrede onderwyser het sy plantjies min water gegee en het nie altyd sy volle aandag net aan die plantjies toegewy nie. Die afgetrede assuransie agent daarinteen het al sy aandag aan sy plantjies gegee en het hulle dag en nag versorg. Hulle het baie water gekry en is gepamperlang met die nuutste plantvoedings en kunsmis beskikbaar.
 
Die afgetrede onderwyser se plante was die doodgewone plante wat in alledaagse tuine aangetref word, maar hulle was gesond en het goed gelyk. Die afgetrede assuransie agent se plante was ‘n verskeidenheid van die gewone tuin plante en ander eksotiese plante maar hul was oor die algemeen baie  voller en groener as die van die onderwyser.
 
Eendag was daar gedurende die nag ‘n geweldige storm met swaar reën en sterk winde. Die volgende oggend het beide bure uitgegaan om die skade te ondersoek in hul tuine. Die afgetrede assuransie agent het gesien dat sy plante omtrent almal met wortel en tak uit die grond geruk is deur die storm en totaal verwoes is. Maar die afgetrede onderwyser se plante het nog almal stewig gevestig gestaan in die grond en die skade aan die plante was minimaal.
 
Die assuransie agent was verbaas om te sien dat die onderwyser se plante relatief min skade opgedoen het en hy stap na hom toe en vra, “Ons altwee het soortgelyke plante saam aangeplant, ek het beslis my plante beter versorg as jy en hulle baie meer water gegee as wat jy jou plante gegee het. Steeds het my plante die slegste daarvan afgekom met die storm. Hoe is dit moontlik?”
 
Die afgetrede onderwyser glimlag en sê, “ Jy het jou plante baie meer aandag en water gegee, maar as gevolg daarvan het jou plante nie nodig gehad om te werk om self ekstra water in die hande te kry nie. Jy het dit maklik gemaak vir die plante, terwyl ek my plante net genoeg water gegee het om aan die lewe te bly en toegelaat dat hul wortels self soek na ekstra water. As gevolg daarvan het hul wortels sterker geword en dieper gegaan op soek na water. Dis hoekom my plante die storm oorleef het.
 
Albei hierdie afgetredenes het deursettingsvermoë gehad, maar een van hulle se deursettingsvermoë het nie gelei tot ‘n bedding wat ‘n storm kan deurstaan nie.
As gelowiges het ons soms deursettingsvermoë, maar nie so dat die plante, ons elkeen self kan groei nie. Ons is ‘n samelewing wat ons kinders se huiswerk vir hulle doen, en dan verbaas is as hulle nie self ‘n werk kan hou wanneer hulle ouer is nie.
Ons deel Bybels uit vir almal, maar diegene lees dit nie. Dalk as ons ‘n paar Rand vir ‘n Bybel sou vra sou dit meer gelees word...

Vandag se tema gaan oor deursettingsvermoVandag se tema gaan oor deursettingsvermoë, en watter tipe deursettingsvermoë ons ontwikkel wanneer ons fokus op ons geloofsekerheid. Een van die grootste geskenke wat geloofsekerheid gee is deursettingsvermoë. Daar moet egter balans wees, en dis waaroor hierdie storie van die afgetredenes gaan.

Lied 513:1

Hierdie eerste lied gaan oor deursettingsvermoë. Mag jy dit vandag beleef. Dankie aan die musiekspan wat ons daarmee lei.

Geloofsbelydenis:

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het [1](neergedaal het na die hel);

wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;

wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader;

van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.

Ek glo in die Heilige Gees;

ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges,

die vergewing van sondes,

die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.

Skriflesing:

In hierdie reeks fokus ons met elke tema op twee tekste. Een wat meer vertel oor Jesus, en die ander oor God die Vader se liefde vir ons. Dit beteken dat elke tema oor geloofsekerheid sterker beklemtoon kan word deur die gebruik van die hele Bybel. Uit elkeen van hierdie tekste gaan julle ‘n boodskap kry oor deursettingsvermoë.

Die vraag waarby ons stilstaan is hoe elke gelowige geroep word om teen boosheid op te staan. Dit laat ons natuurlik met die vraag hoe weet jy dat iets boos is. Ek gaan in die tweede teks daarna kyk, maar eers meer oor deursettingsvermoë en geloofsekerheid vanuit die woorde van Jesus.

Die eerste teks gaan ons herinner dat dit baie moeilik is om werklik deursettingsvermoë te hê as jy nie net kan fokus op God nie. Jy sal sien hoe ‘n sekerheid dat Jesus jou Here is vandag, jou die deursettingsvermoë sal gee om op te staan vir wat reg is, en ook teen dit wat boos is.

Teks nr. 1: Lukas 16:10-13

10 “Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. 11 As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? 12 As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit?

13 “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”

Prediking:

Die konteks van hierdie verhaal is na aanleiding van Jesus wat die verhaal vertel het van ‘n lui of oneerlike bestuurder. Dit word gevolg deur hierdie teksverse wat die dissipels dalk onkant sou vang. Soos die afgetredene van die verhaal met die inleiding van ons preek, was hulle ekstra getrou, maar watter houding kweek hulle by die mense vir wie hulle as’t ware water gee? Is dit ‘n gemaklike houding, wat kan lei tot luiheid, of is dit ‘n houding van deursettingsvermoë?
 
In vers 12 verwys Jesus spesifiek na die vertroue wat Hy in Sy volgelinge stel. Dis ook ‘n vertroue wat Hy vandag in jou het. Hy vra van ons dat ons betroubaar sal wees in die klein dingetjies. Wanneer ons vanuit ons geloofsekerheid hierdie klein takies aanpak sal ons ‘n deursettingsvermoë kweek wat getuienis ook dra.
 
Jesus vertrou ons met die grootste besitting volgens vers 12. Die evangelie. Die goeie nuus dat Hy die Seun van God is. Dis gevolg deur die opdrag in Matteus 28 om van almal op aarde Jesus se dissipels te maak. Die dissipels moes dadelik verstaan dat om vir Jesus te volg deursettingsvermoë neem. Sonder deursettingsvermoë kon hulle nie die goeie nuus uitdra nie.
 
So paar weke gelede het ek vir een van ons tienerkerk eredienste saam met een van ons jong gemeentelede, Etienne, gaan visvang. As jy dit nie gesien het gaan kyk gerus na die video. Volgens Etienne is visvang een van die take wat die meeste geduld neem, en geduld en deursettingsvermoë gaan hand aan hand. Ons het toe sommer ook vir mekaar gesê dat dit dalk die rede was waarom Jesus volgelinge gekies het wat vis gevang het. Visvang is nie maklik nie. Dit vra geduld en deursettingsvermoë.
 
Om deursettingsvermoë in jou eie lewe te kweek gaan ook baie geloofsekerheid neem dat die Een wat ons daartoe roep, Jesus, ook die een is wat ons sal bemagtig daarvoor.
 
Ongelukkig kies baie mense nie vir daardie deursettingsvermoë nie. Hulle wil bemagtig word, maar wil nie deurdruk wanneer die lewe taai is nie.
 
Miskien sukkel jy vandag om deur te druk met jou eie lewe. Miskien moet jy begin by die sekerheid dat Jesus jou sal bemagtig en bekragtig vir die taak wat voor jou lê. Jy is nie alleen in hierdie taak nie.
 
In die geskiedenis van God se pad met Sy volk, die Israeliete, sien ons gereeld dat hulle afdwaal. Voor die Israeliete ‘n koning of konings gehad het, was hulle gelei deur verskillende leiers op verskillende tye. Hierdie mense is die Rigters genoem.
 
In Rigters 2 vind ons wat gebeur wanneer ‘n groep se geloofsekerheid wankel, en dit help ons ook om te verstaan waarom dit moeilik is om op te staan teen boosheid.
 
Jy is welkom om saam met my te lees:

Teks nr. 2: Rigters 2:1-4

1 Die Engel van die Here het van Gilgal af na Bokim toe gegaan. Hy het gesê: “Ek het julle uit Egipte laat trek en julle gebring in die land wat Ek met 'n eed aan julle voorvaders beloof het. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek sal my verbond met julle nooit verbreek nie, 2 maar julle mag nie 'n verdrag sluit met die inwoners van hierdie land nie. Julle moet hulle altare afbreek.’ Maar julle het My nie gehoorsaam nie. Waarom het julle dit gedoen? 3 Daarom sê Ek vir julle: Ek sal nie hierdie nasies van julle af wegdryf nie. Hulle sal vir julle 'n strik word, en hulle gode sal vir julle 'n valstrik word.”

4 Toe die Engel van die Here dit alles vir die Israeliete gesê het, het die hele volk hard gehuil.

Prediking:

Die engel van die Here praat hier namens Godself, en neem die volk terug na God se verbond met hulle. Hy neem hulle terug na hul identiteit. Hy neem hulle terug na ‘n plek waar hulle as ‘n groep geloofsekerheid gehad het. Daardie geloofsekerheid het egter deur die jare vervaag, en die globale gevoel van geloofsekerheid het gekwyn na mate God se volk die ander volke leerken het. Hulle kon nie meer by hul geloofsekerheid bly nie.
 
Soos wat Jesus in hierdie vorige verse ons herinner dat ons nie twee gode, naamlik God en Mammon kan dien nie, herinner die engel van die Here die volk hier aan dieselfde beginsel.
 
Deursettingsvermoë is moeilik as jou aandag op twee plekke is. Geloofsekerheid kan net vermeerder wanneer ons van die afgode in ons lewe ontslae raak. ‘n Ongesonde liefde vir geld, luiheid om te getuig oor God se Woord en vele meer. Julle ken die afgode goed. As jy nou na God se stem luister sal jy weet wat dit is.
 
Of jy raak van die afgode ontslae, of hulle bly vir jou ‘n struikelblok. As jy lank genoeg met hierdie swak gewoontes saamleef sal dit oorweldig.
 
En dis dan ook die laaste vinnige gedagte wat ek met jou deel voor ek afsluit met die preek. ‘n Vriend van Universiteit wat vandag ‘n Baptiste predikant is, het altyd gesê: “Dit wat jy glo, sal jou oorweldig.”
 
Jy kies vandag om toe te laat dat die sleg in jou lewe ou oorweldig, of jy kan glo in Jesus, die een waarin ons geloofsekerheid is. Geloof in Hom, en net Hom, sal jou ook kan oorweldig.
 
Miskien voel jy egter oorweldig deur dit wat boos is vandag. Dan wil ek vir jou twee dinge sê.
 
Eerstens is God se genade en liefde altyd groter as die boosheid wat ons soms probeer ruineer. Ons kan altyd weer begin met God. Jy kan vandag nuut begin met Jesus.
 
Tweedens is ons ook die antwoord op mekaar se vraag oor hoe om op te staan teen boosheid. Dis makliker om dit saam te doen. Sekere maniere van doen is in ons almal se lewens en moet oor gepraat word. Ons moet poog om’n kultuur te kweek waar lidmate en ander gelowiges die vrymoedigheid het om te praat oor hul sondes.
 
Dan sal ons kan opstaan teen boosheid, dan sal ons getrou wees in die klein dingetjies van emosionele ondersteuning, en dan sal ons met deursettingsvermoë kan getuig van die geloofsekerheid wat ons in Jesus het.
 
Amen.

Afkondigings:

Kliek hier onder om die afkondigings vir die week af te laai.
Kliek hier
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur