40 dae in die Woord - deel 2Veels geluk!19 Sophia Gadney 072 510 9233 Cynthia Swanepoel 078 568 2031 20 Henry Hamman 072 473 9966 Rina Jonker 082 677 3733 21 Abigail Blignaut ------------------ Carey-Lane Stephens 082 317 7717 Casandra Swanepoel ------------------ Annemarie Veldtman 076 308 7767 22 Esmaralda Nel 079 563 5700 Nickie van Schalkwyk 011 762 8614 23 Karen Swart 084 583 6600 24 Sarita Roos 082 617 9522 25 Mary-Ann Griffiths ------------------ Rika Swart 083 295 7028 Wees deel van bemoediging van lidmate!Ons as gemeente het besef dat daar baie lidmate is wat eensaam is en smag na teenwoordigheid, smag na mense, daarom wil ons graag 'n bediening begin om om te sien na daardie lidmate se welstand. Indien jy graag sou wou deelraak van die bediening, kontak gerus die kerkkantoor. Barmhartigheid:Indien u betrokke wil raak by die gee van kospakkies kan u vir Andries Nel kontak. Sy kontakbesonderhede is op ons webtuiste, of u kan ook die kerkkantoor kontak. As gemeente is ons ook bewus dat daar dalk meer gesinne is wat finansiële uitdagings gaan beleef in hierdie tyd. Ons kan ook help met gedeeltelike kospakkies sodat jy jou finansies kan gebruik om dit te betaal wat die gemeente nie vir jou kan doen nie. NB: Een van ons lidmate benodig'n laaikas of hangkas. Kontak die kerkkantoor indien jy kan help. Maskers vir skole:Alhoewel die regering alle skole van die nodige PPE (personal protective equipment) moet verskaf wanneer skole heropen, kan ons as gemeente help deur seker te maak dat daar genoeg maskers by skole is vir die dae wat kinders hul maskers verloor of vir die kinders wat nie dalk nie kry nie. U kan ‘n masker maak deur op ons webtuiste te kyk na ‘n basiese ontwerp. Nog gemeentelede met Covid-19 gediagnoseerOns het in die afgelope wekw die eerste gevalle van die Corona Virus by gemeentelede gehad. Dis belangrik dat u kennis dra dat nie een van hierdie mense by die gemeente se geboue was nie. Persone wat dit het, is nie een in gevaar nie. Ons vra asseblief vir voortgesette voorbidding vir mense wat deur hierdie virus geraak word, asook ons land se leiers en leiers van regoor die wêreld wat moeilike besluite in hierdie tyd moet neem. Nuwe lidmaatskap ontvang:Ons het die bewys van Lidmaatskap ontvang van Nicolaas Abraham Adrian Bothma en Baltriena Johanna Viljoen (nou Bothma) vanaf Paardekraal gemeente. Baie welkom in Horison. Ondersteun ons entrepreneurs:Inleidend:Goeie more aan almal wat hierdie preek bywoon. Of dit nou is deur dit te lees en of dit nou is deur dit te kyk, jy is welkom in hierdie erediens. Mag God jou werklik uitsonderlik seën vandag. Ons is tans by dag 8 van ons 40 dag reeks oor dieper delf in God se Woord. Ons kommunikeer konstant met u as gemeente en vriende oor hoe ons vorder in die reeks. Ons het besluit om hierdie reeks aan te pak om drie redes:
Laasgenoemde tema het sterk uitgestaan in laas week se teks, waar Paulus met Timoteus in ‘n brief gesels het oor wat dit beteken om werklik diep te delf in God se Woord en daarvolgens te lewe. Paulus kom herinner vir Timoteus, en ook vir ons, dat die Woord daar is om te leer om op ‘n sekere manier te leef. Daniela Pretorius en Emilia Prozesky gaan ons in die diens inlei. Raak stil met 1 Petrus 4:81 Petrus 4:8 herinner ons dat dit opoffering neem om God te volg. Die Nuwe Lewende Vertaling sê dat ons moet aanhou liefhê selfs al tap dit ons energie. Gedurende die nuwe manier wat leef met Covid-19 oor ons paaie gebring het, het ons agter gekom dat dit ons energie kan tap. Ons moet egter moet hou, en aanhou goed doen aan alle mense. Dis ‘n opdrag van God. Ons gaan nou Lied 255:1 saam sing. Die titel van hierdie lied is “Woord van God, Woord van die lewe”. God se Woord is daar om vir ons nuwe lewe te gee, selfs al voel ons energie getap. Loflied: Lied 255:1Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! Woord betroubaar, vas en waar deur miskenning, deur gevaar wat sou ons dan ooit laat bewe? In dié Woord het ons die lewe Algemene riglyne vir Bybelstudie: Rick Warren het jare gelede ‘n reeks gehad oor die Woord. In daardie reeks noem hy 5 basiese riglyne wat teenwoordig moet wees in enige manier van Bybelstudie. Maak nie saak watter metode jy gebruik om God se Woord beter te leer ken nie, hierdie vyf riglyne is tydloos en sal vir jou ‘n wêreld van dieper konneksie met God kan gee. 1. Vra die regte vrae:Baie gelowiges wil die Bybel gebruik asof dit ‘n wetenskaplike handboek is. Ander wil die Bybel weer gebruik asof dit ‘n spesifieke Woord is wat ons wil help met besluite soos watter T-hemp om te koop by die winkel. Die Bybel is nie geïnteresseerd in watter T-hemp jy dra nie, maar wel hoe jy die kassier hanteer wanneer jy vir daardie T-hemp betaal. Vra vir die Bybel om jou te transformeer na die beeld van Christus, en die teksverse sal uitspring soos ‘n sogenaamde ‘Jack in a box’. 2. Skryf neer of dokumenteer jou reis met God en ook wat jy in die Woord lees:Om net die Bybel te lees is nie Bybelstudie nie. Op daardie manier het nog niks in jou kop ingegaan nie. Dit het bloot deur jou gedagtes gegaan maar jou nog nie getransformeer nie. Vir transformasie om te gebeur moet jy dokumenteer wat gebeur, of daaroor praat. Wanneer ons gedagtes deur ons lippe of ons vingerpunte beweeg, begin dit sin maak vir ons. So het iemand een maal gesê. Wanneer ons met iemand gesels oor wat die Woord ons leer, sal ons daardeur verander kan word omdat ons dit begin orden. Ons voel verward omdat ons nie gesels oor ons wat die Woord ons leer nie, en ook nie omdat ons weier om dit te dokumenteer. Wanneer ons gedagtes oor die Woord gedokumenteer word, kan ons groei in die Woord. Daarsonder is dit onmoontlik. 3. Van interpreteer na toepas:Baie mense kan die Woord interpreteer. Min pas dit egter toe. Glo jy dat jy ‘n tiende moet gee? As jou antwoord ‘Ja” is, is dit goed. Die volgende vraag is dan of jy dit doen? As die antwoord ‘Nee” is, glo jy nie werklik daarin om ‘n tiende te gee nie. Glo jy dat God almal gelyk geskape het? Ja. Hanteer jy almal so? Nee. Dan glo jy dit nie werklik nie, of jy moet dan dieper begin delf in wat jou keer om God se Woord uit te voer. Baie selgroepe of kleingroepe sukkel hiermee. Daar word teoreties baie goed oor die Woord in hierdie groepe besin, maar dit kom nie tot uitvoering daarvan nie. 4. Daar moet ‘n sisteem of metode vir studie wees:Om sommer net jou vinger op ‘n teksvers in ‘n Bybel te druk is nie geestelike groei nie. Dis ook nie Bybelstudie nie. Bybelstudie is sistematies. Dit kan van Genesis tot Openbaring wees, of bloot om deur Dawid se verhaal te gaan wat dan Psalms insluit. Dit kan wees om Paulus se briewe deur te werk of deur die evangelies te werk, maar dit moet ‘n sisteem wees. In my eie geestelike reis is ek weer besig met die aardsvaders – Abraham, Isak en Jakob. Maak nie saak hoe jy Bybelstudie gaan doen nie, begin met ‘n sisteem. Op daardie manier leer jy die konteks van die verhaal ken en kan daar groter prentjies van God se genade in Sy Woord vir jou oopgaan. Onthou dat sonder ‘n sisteem daar nie transformasie kan wees nie, maar net vinnige inspirasie om deur die dag te kom. 5. Lees dit oor en oor en oor:Soos ons sal sien in vandag se teks, moet die Bybel, die Woord van God, konstant in harte en gedagtes wees. Dit gebeur net met herhaling. Jy kan nie leer Wiskunde doen as jy somme net een maal voltooi nie. Jy moet dit oefen. Jy moet dit ken. Dit werk dieselfde met God se Woord. Gebed:Kom ons vra dat God hierdie beginsels vir ons sal vaslê deur Sy Gees. “Here, ons kom vra nou dat hierdie beginsels vir Bybelstudie sal deel wees van alles wat ons in U Woord aanpak. Dankie vir U genade in ons lewens. Amen.” Oor vandag se tema: Meditasie: Baie gelowiges skrik wanneer hulle die Woord meditasie hoor. Hulle dink dat hulle êrens moet gaan sit en leeg word soos die Boeddhistiese manier van meditasie. Glad nie so nie. As gelowiges doen ons meditasie anders, maar het jy geweet dat meditasie ‘n opdrag in die Bybel is. In een van die Bybelvertalings word dit 29 keer genoem as deel van opdragte oor hoe om te lewe. Dit lyk dan dat om die Woord te mediteer deel moet wees van ‘n suksesvolle lewenswandel. Ons vind dit ook in hierdie volgende teksverse wat ons saam gaan lees: Skriflesing: Joshua 1:8Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees. Prediking:Dis onmoontlik om nie geestelik te groei wanneer ons nie bereid is om nie dieper te delf in die Woord nie. Wanneer ons hierdie opdrag uitvoer sê die Woord gaan ons suksesvol wees. Ons hou daarvan om te dink dat ons suksesvol sal wees wanneer ons tiendes gee of die armes help of minder vloek of wat ook al.
Die Woord sê duidelik dat suksesvolle mense bereid is om diep in die Woord te delf. Jy kan kies om iets anders te glo, maar dit vat niks weg van dit wat God reeds in Sy Woord gesê het nie. Hy wil vir ons sukses gee. Suksesvolle mense kan groot verandering in ‘n klomp ander mense se lewens bring, maar dan moet ons Hom leer ken. Ons moet Sy Woord dag en nag mediteer. Daar is geen ander metode as die een wat Hy in Sy Woord gee nie. Gaan leef so! Amen!
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |