'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Erediens - Sondag 14 Februarie 2021

2/13/2021

0 Comments

 

Wie preek?

GerritVisser

Wat is die vraag?

Hoe gaan ek my vrye tyd spandeer in 2021?

Hoekom is dit belangrik?

Want baie gelowiges lewe maar net elke dag sonder om na te dink oor wat God se Woord oor hierdie tema sê.

Lofprysing:

Vandag se lofprysing is 'n medley van die liedere wat ons tydens hierdie reeks gesing het. Onthou lofprysing is 'n sleutel tot ons vrye tyd in God se teenwoordigheid.

Skriflesing en Prediking:

Jy dink dalk hierdie tema is nie belangrik vir jou nie, maar ek daag jou uit om vandag nuut te dink oor hoe jy jou vrye tyd spandeer.

Johan Smit het gesê: “Namate jy bereid is om in die omhelsing van God se liefde te ontspan, raak jy los van die vrese en bereid om liefde te gee.”

Vrye tyd is essensieel tot ons elkeen se geestelike groei, en daarom is daardie tema vir my en jou belangrik vandag. Daarom het jy vandag nodig om hierdie boodskap te hoor.

Die Bybel praat nie direk oor hoe ons ons vrye tyd spandeer nie, maar daar is onder die teologiese lyne word daar baie gesê oor die onderwerp.

In al die tekste waar dit onderliggend is, word die sleutel tot ontspanning gesien as persoonlike konneksie met God. Stiltetyd.

Wanneer ek en jy vrye tyd het, is die doelwit om daardie vrye tyd te vul met iets. Wanneer ons nie stil raak by God oor hoe om daardie tyd te vul nie, kan vrye tyd baie sleg wees. Destruktief. Vrye tyd kan sonder ‘n doelwit wees, sonder ‘n rede.

Vrye tyd moet pro-aktief gevul word met iets wat die potensiaal het om ons te vul. As jy hou van houtwerk doen of skryf of opera bywoon of rugby kyk kan dit net deel wees van jou vrye tyd wanneer jy voel dat dit jou vervul of ten minste die potensiaal het om jou te vervul. Wanneer jy nie hou van houtwerk doen of opera of wat ook al nie, kan jy jou vrye tyd daarmee vul, maar dit gaan jou vul nie.

Eerstens moet ons dus ons tyd vul met ‘n aktiwiteit wat ons vervul.

Tweedens moet ons daardie tyd vul met mense wat ons vervul, of wat dan die potensiaal het om ons te vervul. Daar is niks erger as om jou vrye tyd te spandeer met mense wat jou aftrek of platvee nie.

So vrye tyd word gevul met aktiwiteite en mense, en ek gaan jou vandag wys hoe stiltetyd die sleutel is om daardie aktiwiteite en mense so deel te maak van jou vrye tyd dat dit nie net jou vul nie, maar ook hulle sal vul.

Gebed:

Here, God. Ons wil so graag ons vrye tyd vul met goeie verhoudings en die regte aktiwiteite. Ons weet dat gesonde vrye tyd begin met stiltetyd. Leer ons vandag, deur U Heilige Gees, hoe om werklik stil te raak by U sodat ons ons vrye tyd reg kan vul.

Kom ons lees saam:

want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. (Hebr 4:10)
Net hierdie een teksvers. Jy sien dis belangrik om jou vrye tyd in te lei deur stil te raak by God. Vra Hom hoe jy jou vrye tye moet vul. Onthou dat vrye tyd ‘n besonderse konneksie met God is. Elkeen van ons kan nuut word wanneer ons in ons vrye tyd tot God nader. Vanuit hierdie teksvers is daar drie belangrike beginsels om na te kyk wanneer ons ons vrye tyd werklik wil geniet:

Beweeg weg van iets na iemand. (Hierdie is ook die sleutel om nie bekommernisse toe te laat om jou lewe so oor te neem dat jy nie jou vrye tyd kan geniet nie.) 

Vrye tyd wil ons herinner dat ons nie wiele in ‘n masjien is nie, maar mense. Coco Chanel het eenkeer opgemerk: “Jy raak van soveel bekommernisse ontslae wanneer jy besluit om nie iets te wees nie, maar iemand.” In hierdie aanhaling lê daar baie waarheid. Wanneer ons ons vrye tyd oopsluit met die sleutel van geloof en gebed besef ons dat ons waarde in ons verhouding met God lê.
 
Die skrywer van Hebreërs wil ons herinner dat vrye tyd, wat ons meestal op Sondae, of op ons Sabbat het, ‘n geleentheid is tot konneksie met God. Voel jy soms asof God te besig is in die week – net soos ek en jy. Dis normaal. Ek voel ook so. Jy hoef egter nie so te voel op Sondae of op jou Sabbat of gedurende jou vrye tyd nie. Daardie oomblikke is daar om my en jou te herinner dat ons nie iets is nie, maar iemand. Daardie oomblikke van vrye tyd gee vir ons konneksie met God wanneer ons besef dat Hy ook gerus het. Hy het ses dae lank die hemel en die aarde gemaak, en toe het Hy gerus.
 
Daarom gaan jy vrye tyd vir jou sinvol wees wanneer jy besef jy is nie iets nie, maar iemand. Dit sal ook sommer baie van jou bekommernisse wegneem.
 
Jou beursie hoef nie bepalend te wees in die kwaliteit van hoe jy jou vrye tyd spandeer nie. Ons waarde lê nie in hoe baie geld ons het nie. God wil nie hê dat ons vrye tyd ons ‘n figuurlike arm en ‘n been kos nie. Sinvolle vrye tyd kan ook wees om die skottelgoed te was. Wat help dit jy gebruik jou vrye tyd om net nog goed te koop. Om net nog iets te besit? Is dit nie beter om net jou vrye tyd te spandeer saam met diegene wat God vir jou gegee het nie?

Wanneer ek en jy kies om ons vrye tyd op eenvoudige maniere te spandeer, bring dit ons nader aan God. Die wêreld sê vir jou jy moet jou vrye tyd vul met geld spandeer, God sê gee jou rus vir My, en ek sal vir jou die mense wys saam met wie jy dit moet spandeer.
 
En dis dan ook die groot les van vandag se boodskap. Spandeer jou vrye tyd saam met mense vir wie jy omgee, terwyl jy eenvoudige aktiwiteite doen wat God verheerlik, en maak dan jou oë toe, en voel hoe Hy Sy teenwoordigheid vir jou wys.

Amen.

Verjaarsdae:

14  Lea Jenner                 011 763 2071
      Magda Serfontein       083 426 3358
15  Dwayne Bornman       -----------------
      Ronel Myburgh           082 959 4339
      Petro Oosthuizen        082 485 7695        
      Gerhard vd Merwe      084 440 7142
16  Damien Greyling         011 760 5349
      Marti Pretorius            082 758 4374
      Kenneth Schwarz        079 896 4440
      Hennie Stephens         084 896 8557
17  Joey Bodenstein          072 430 0928
      Rensche Nel               011 763 7084
      René Pretorius            072 425 7781
18  Johan vd Merwe          060 689 7849
19  Ronél Bezuidenhout     078 486 7721
      Susan Button              073 020 7632
      Tanya de Weerdt        082 402 5282        
20  Boet Holtzhausen        011 763 6933
      Ruan Naudé               078 800 7392         

Belangrike afkondiging:

Daar is more aand om 18:00 'n bestuurskommissie vergadering,wat gevolg sal word deur 'n kerkraadsvergadering om 18:45. Deel van die bespreking sal die heropening van eredienste en aktiwiteite by die kerk wees.

Ons bid vir:

Emma Holder, Bernard Semmelink, Roelie van Wyk, Max de Waal, Andre Pretorius
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur