'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Erediens - Sondag 13 September 2020

9/11/2020

0 Comments

 
Afkondigings

Inleidend:

In een van TT Cloete se bekende kortverhale skryf hy hoe iemand leer lag. Die titel van die kortverhaal is Dokter Diedericks leer lag. In hierdie verhaal sien ons dat Dokter Diedericks terminaal siek is aan kanker, maar sukkel om dit te verwerk. Die skrywer is uitstekend in die manier wat hy verduidelik hoe Dokter Diedericks meer en meer in sy eie wereld verval. Ek het dit ook gesien in my eie pa se lewe toe hy terminaal siek was aan kanker 'n jaar gelede. Om die waarheid te se dis oor minder as twee weke 'n jaar dat hy oorlede is.

Dokter Diedericks sukkel om te lag so op die einde van sy lewe. Hy sukkel om te lag omdat hy teleurgesteld is in God. Hoe kan hy as dokter doodgaan nadat hy so baie mense genees het? Hoe kan daar vir hom as 'n geneesheer dan nie ook genesing wees nie?

Vandag se tema gaan oor genesing. Geloofsekerheid gee genesing. Dokter Diedericks sou dit leer, en ek bid dat jy dit ook sal leer vandag.

Gebed:

Here, wanneer ons dink aan genesing, dink ons aan van die grootste vreugdes in die lewe, maar ook die grootste teleurstellings. Ons dink aan kere wat gebede verhoor was, en kere wat dit nie verhoor was nie. Ons dink aan hoe U erens langs die pad ons fisiese pyn verminder het, en hoe ons al met dit moes saamleef sonder genesing.

In dit alles kom vra ons dat U as die groot geneesheer vir ons die emosionele pyn sal kom genees waarna ons eintlik smag.

Amen.

Lied 308:1,5

Een van die pragtigste liedere wat ons herinner dat ons aan God behoort en dat ons onsself aan Hom moet wy is Lied 308. Luister en sing saam waar jy by die huis of elders vandag is.

Geloofsbelydenis: 12 Artikels

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het (neergedaal het na die hel);
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader;
van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees;
ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges,
die vergewing van sondes,
die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.

Dit was sopas die vierde erediens waartydens ek die geloofsbelydenis gelees het. Dit was natuurlik doelbewus gedoen, omdat die geloofsbelydenis daar is om ons aan ons geloofsekerheid te herinner. Nie om ons geloofsekerheid te gee nie, maar ons daaraan te herinner. Geloofsekerheid le net daarin om in Jesus Christus te glo.

Het jy vandag geloofsekerheid? Glo jy werklik dat Jesus jou Here is? Of was hierdie geloofsbelydenis bloot net iets wat deel was van jou lewe en jy bloot na luister of in jou gedagtes herhaal?

Skriflesing:

In hierdie reeks fokus ons met elke tema op twee tekste. Een wat meer vertel oor Jesus, en die ander oor God die Vader se liefde vir ons. Dit beteken dat elke tema oor geloofsekerheid sterker beklemtoon kan word deur die gebruik van die hele Bybel. Uit elkeen van hierdie tekste gaan julle 'n boodskap kry oor genesing.

Die eerste teks is baie bekend, en een wat by elkeen wat dit aanhoor gebede sal terugroep wat ons al opgestuur het na God wanneer iemand siek is. Dis dalk gebede wat jy sal beleef van iemand wat oorlede is selfs na jy dit vir hulle gebid het.

Voor ons die teks saamlees, wil ek dit graag vir ons inleur. Jesus hoor dat sy vriend Lasarus siek is, maar gaan nie dadelik na hom toe nie. Toe Jesus daar aankom, is Lasarus reeds oorlede. Lasarus se susters is albei op hul eie manier ontsteld, en een van hulle tree op 'n baie emosionele manier in gesprek met Jesus. Kom ons lees saam wat dan verder gebeur:

Teks nr 1: Johannes 11:25-28a

25 Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; 26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”

27 “Ja, Here,” sê sy vir Hom, “ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.”

28 Nadat sy dit gesê het, het sy haar suster Maria gaan roep en saggies vir haar gesê: “Ons Leermeester is hier, en Hy roep jou.”

Prediking:

Jesus verduidelik vir haar, nog voordat hy haar broer uit die dood sal opwek, dat Hy (dis nou Jesus wat na Homself verwys), die opstanding en die lewe is. Hy verduidelik dat wanneer iemand in Hom glo daardie persoon tot in die ewigheid sal bly lewe. 'n Vraag wat in die lug hang oor die genesing van iemand word beantwoord deur Jesus met die antwoord van geloofsekerheid. Lasarus se dood bring dus 'n ander tema na vore, naamlik of jy glo in Jeus.

Jesus vra vir haar direk of sy dit ook glo. Nou gaan die vraag nog meer oor geloofsekerheid. Glo sy dit wat sy sopas by Jesus gehoor het, of nie?

Sy doen. Sy het geloofsekerheid, en dit gee vir haar genesing in haar emosionele toestand. Lasarus is reeds gered, en sy ook. Hulle ken die een wat hul geloof vul, Jesus Christus. Ken jy Hom vandag? Ken jy die een wat vir elkeen van ons emosionele genesing gee? Dan het jy ook geloofsekerheid. Dan kan jy ook lag.

Een van die redes waarom Jesus af aarde toe gekom het, was om vir ons die Vader se liefde en nabyheid te wys. Jesus self het gese dat Hy gekom het om die wet te vervul, om daaraan sy volle betekenis te gee. Die laaste teks wat ons saam gaan lees rondom geloofsekerheid wat genesing gee, is Jesaja 57:14-21. Daarna gaan ek dit verder uitpak om terug te keer na die verhaal van TT Cloete waarmee ek die erediens begin het.

Teks nr 2: Jesaja 57:14-21

14 Die Here het gesê:
Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed!
Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk.

15 
So sê Hy wat hoog en verhewe is,
Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:
Ek woon in 'n hoë en heilige plek
en Ek is by hom wat verdruk en nederig is.
Ek gee nuwe krag aan die nederiges,
Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.

16 
Ek reken nie vir altyd sondes toe nie,
Ek bly nie vir altyd toornig nie,
want anders sou dit die einde beteken van die mens,
die mens aan wie Ek die asem gegee het.

17 
Ek het toornig geword oor my volk se sonde en hebsug,
Ek het hom geslaan en hom verlaat
omdat Ek toornig was.
Hy was opstandig en het sy eie koers ingeslaan.

18 
Ek het gesien wat met hom gebeur,
en Ek sal hom genees.
Dié van hom wat treur,
sal Ek lei en terugbring;
Ek sal vir hulle uitkoms gee.

19 
Ek stel hulle in staat om My weer te loof.
Vrede vir dié wat ver is, vrede vir dié wat naby is,
sê die Here.
Ek sal hulle genees.

20 
Maar die goddeloses is soos die onstuimige see
wat nie tot rus kan kom nie
en waarvan die golwe aanhou om slyk en modder uit te stoot.

21 
Vir die goddeloses is daar geen vrede nie,
sê my God.

Prediking: deel 2

Van hierdie verse klink brutaal, maar dit is nie. Sentraal tot hierdie teks is vers 18, waarin God se dat Hy sy volk sal genees. Hoe doen Hy dit? Hy doen dit vanuit Sy troonkamer waar Hy besluite neem oor die heelal. Vanwaar Hy moet besluit hoe die planete aanhou beweeg, sonnestelsels wat so groot is dat ons dit nie kan verstaan nie. Dis vandaar dat Hy hierdie groot besluite neem, ook oor 'n klein volkie soos Israel, ook oor of Lasarus moet leef of sterf. en ook oor my en jou vandag.

Dis vandaar dat Hy genesing aankondig in Jesus Christus. Dis daardie selfde Jesus wat jou vandag roep om te lag te midde van min fisiese genesing en die potensiaal om emosioneel genees te word.

Die verhaal van TT Cloete oor Dokter Diedericks neem 'n interresante wending. Ons sien hoe die dokter begin wegraak in sy stoel nadat hy saam met sy kleindogter gestap het. Hy sak weg in sy stoel en die einde is naby. Hy soek na 'n dieper betekenis net voor sy vrou die predikant laat kom. Hy is die een oomblik hier, en dan weer besig om oo te stap. Ek kan getuig dat my pa dieselfde beleef het net voor sy heengaan.

Dokter Diedericks voel hoe hy in 'n vinnige motor gaan sit en dit met hom begin jaag. Hy is egter nie vreesbevange oor die vinnige spoed waarmee die voertuig beweeg nie. Hy het rus. Hy dink dis 'n Jaguar. Gereeld word daar op sy heengaan roete gestop by iemand wat hom voorkeer langs die pad. Dan word daar gevra wie hy is. Waarop hy antwoord dat hy dokter Diedericks is. Die persone wat hom voorgekeer het beaam dan dat hulle weet wie hy is. Hulle het al van hom gehoor.

Hy het baie vir mense gedoen. Hy het baie mense genees. Hy was 'n goeie en regverdige dokter.

Dan raak hy kalm. By die volgende plekke waar hy gekeer word kan hy sommer deurry. Die mense wat hom keer soos met 'n padblokade ken hom ook al goed. Hulle ken sy weldade.

Dan kom hy by 'n man wat hom vra of hy ooit vir sy pasiente vertel het van die groot geneesheer wat alle pyn wegneem. Hy laat sak dan sy kop in skaamte, want hy het nie. Hy het nooit vir enige iemand van die groot geneesheer vertel nie.

Hy kan egter steeds deurry, maar met huiwering van die een wat hom voorgekeer het. Vandaar word sy reis moeilik. Dit vir hom sleg dat almal wat hom voorgekeer het wil weet of hy iemand van die groot geneesheer vertel het. Sy rus verander in pyn, en hy trek af van die pad af, en jaag na sy kerkgebou. Hy wil die ding met God uitbaklei. Terwyl hy daarheen jaag, skree een van die pad hom op sy pad gekeer het waarom hy nie lag nie, en maak dan die opmerking dat die Een waarna hy oppad is, altyd lag.

Die verhaal eindig waar die predikant vir dokter Diedericks lees uit Prediker. Daar is 'n tyd om te lag en 'n tyd om te treur. Toe die dokter dit hoor, lag hy, en sterf met die volgende woorde op sy lippe: "Nou weet ek dat ek kan lag en treur op dieselfde tyd."

Die geloofsekerheid wat ons genees is nie van fisiese kwale nie, maar dis wat ons laat lag, selfs al word ons deur die dood gekonfronteer.

Amen.

Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur