'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Erediens - Sondag 1 Augustus 2021

7/31/2021

0 Comments

 
Picture
Inleiding:
 
Vandag is week 5 van ons 12 weke reeks oor die Boek Jeremia. Jeremia was ‘n profeet wat geleef het in die Ou Testament. Hy moes optree in ‘n tyd wat gekenmerk was deur grootskaalse korrupsie, asook geestelike en morele verval.
 
Hy was ook ‘n jongman gewees. Om jonk te wees, is om in die fleur van jou lewe te wees. Baie sê dis die beste tyd van jou lewe. Ek is nie seker of hierdie die beste tye was van Jeremia se lewe nie.
 
Hy moes oor moeilike sake profeteer, en daardie sake is vandag nog relevant.
 
In die uitsprake wat hy gemaak het waarna ons vandag gaan kyk, leer ons ‘n baie belangrike karakter eienskap van God ken. Dis my gebed dat God jou sal seën in hierdie erediens.
 
Kom ons bid saam:

 
Gebed:
 
Here, gee vir ons wysheid in hierdie boodskap. Ons wil so graag op ander wysheid vertrou, dit wat vir ons makliker lyk om na te jaag, maar U roep ons om by U te begin. Help ons om by U te begin vir ons daaglikse wysheid.
 
Amen.

 
Votum en Seëngroet:
 
Genade vir julle en vrede, van God ons Vader, en die Here Jesus Christus, deur die kragtige werking van Sy Heilige Gees. Amen.

 
Skriflesing en Prediking:
 
Dis interessant dat die bekende Teoloog Ferdinand Deist in een van sy boeke opmerk dat daar in die Hebreeuse teks wat ons vandag saam gaan lees, 14 vraagsinne is. 3 vraagsinne deur die mens, en 11 deur God.
Ons hou daarvan om vir God vrae te vra. Ons hou daarvan om vir God te vra waarom dinge verkeerd loop, waarom daar swaarkry in die lewe is? Waarom daar mense is wat werklik lyding beleef? Waarom? Waarom? Waarom?
 
God kan vir ons dieselfde dinge terugvra. Ek nooi jou nou uit om die volgende teks saam met my te lees, en te sien hoe God ons vra waarmee ons besig is vandag. Daarna gaan ons kyk na hoe daardie vrae wat God vra, Hom beweeg.

 
Niemand het berou oor sy sonde nie

4 Jy moet vir hulle sê: So sê die Here: Sal iemand val en nie opstaan nie, of wegdraai en nie terugdraai nie? 5 Waarom draai hierdie volk weg van My af, en waarom hou Jerusalem aan om van My af weg te draai? Hulle hou vol met hulle bedrog, hulle weier om na My toe terug te draai.
 
6 Ek het goed geluister en Ek het gehoor dat hulle nie die waarheid praat nie, niemand het berou oor sy sonde nie, niemand sê: “Wat het ek tog gedoen!” nie. Elkeen breek met vaart van My af weg soos 'n perd uit 'n geveg wegstorm.
 
7 Die trekooievaar ken sy tye van kom en gaan, die tortelduif, die swaeltjie en die kraanvoël kom op 'n vaste tyd terug, maar my volk wil nie weet wat die Here vir hulle vasgestel het nie. 8 Hoe kan julle sê: “Ons het wysheid, ons het die wet van die Here by ons”?
 
Dié wat die wet neerskryf, pleeg bedrog, hulle vervals die wet! 9 Die wyse mense staan verslae, hulle is verbyster, in hulle eie net gevang. Hulle het die woord van die Here verwerp, en wat baat hulle wysheid hulle nou?
 
10 Ek sal hulle vrouens aan ander gee en hulle grond aan nuwe eienaars, want almal, klein en groot, wil hulleself net verryk, almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog. 11 Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk. Hulle sê net: “Alles is reg! Alles is reg!” Maar niks is reg nie.
 
12 Wanneer hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het, skaam hulle hulle nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie. Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle; wanneer hulle rekenskap moet gee, sal hulle omkom, sê die Here. 13 Wanneer Ek die oes by hulle kom insamel, sê die Here, is daar geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, selfs die blare is verdroog; daarom sal Ek my volk oorgee om vernietig te word.
 
14 Waarom bly ons sit? Roep almal bymekaar, laat ons in die vestingstede ingaan en daar gaan omkom, want die Here ons God laat ons omkom. Hy gee ons gifwater om te drink, want ons het teen Hom gesondig. 15 Ons wag dat alles moet regkom, maar dit gaan nie goed nie, ons wag op 'n tyd van verbetering, maar daar is net rede tot skrik. 16 Van Dan af hoor 'n mens die gesnuif van die vyand se perde; die gerunnik van sy perde laat die hele land bewe. Die vyand kom en verteer die land en alles daarbinne, elke stad met sy inwoners.
 
17 Ek stuur giftige slange onder julle in
om julle te pik, sê die Here,
adders wat niemand kan besweer nie.
 

Ek is in die rou
 
18 My smart oorweldig my, ek is hewig ontsteld.
19 Hoor hoe benoud roep my volk uit 'n ver land:
“Is die Here nie meer in Sion nie?
Is Sion se Koning nie meer in hom nie?”
Waarom tart hulle My met hulle afgodsbeelde,
met hulle vreemde nikswerd gode?
20 “Die oes is af, die somer is verby, en ons is nog nie gered nie.”
 
21 My volk se wonde is ook my wonde, ek is in die rou, deur angs oorweldig. 22Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie 'n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie?
 

​
Van die vrae wat God vir die volk vra is as volg:
 
Waarom draai julle van My af weg? (v.4)
Waarom hou julle vol met bedrog? (v.5)
Waarom het julle nie berou oor jul sondes nie? (v.6)
 
En so gaan dit aan...
 
Ons hou daarvan om vrae aan God te vra, maar Hy vra gereeld vrae aan ons oor hoe ons leef. God het ‘n probleem met die leefstyl van Sy volk. Dit is duidelik in hierdie teksverse. God vra die meeste vrae wanneer ons nodig het om na te dink oor ons identiteit. Hierdie teksverse is weereens presies dieselfde.
 
Ons sien dat God vir Sy volk sê dat voëls hul eie ritme vir leef verstaan, maar dat hulle daarmee sukkel. Hul gesukkel met gesonde geestelike ritmes soos die Woord ondersoek, God dien en mekaar dien, is besig om julle te vernietig.
 
Daarom vra God moeilike en belangrike vrae aan hulle. Dis om daardie rede dat die profeet hartseer is. Dis om daardie rede dat God ook hartseer is, en waarom ons nodig het om te verstaan dat God vir ons hierdie vrae vra.
 
Ons vra die meeste vrae teenoor God wanneer ons hartseer sien of dit self beleef. Niemand vra moeilike vrae aan God wanneer dit met hulle goedgaan nie. Dis in die hartseer en moeilike tye dat ons vrae vra.
 
Wanneer God dus vrae terugvra aan ons in Sy Woord, kan ons weet dat Hy ook hartseer is met ons. Meeste van ons dink dat God nie kan hartseer wees nie. Dis ‘n leuen. God word hartseer, maar omdat Hy God is, kan Hy kies om daardie hartseer eenkant te plaas. Ons as mense is nie so nie. Ons is gereeld slawe van ons hartseer, en ook alle ander emosies. Ons kan nie altyd kies om dit onder beheer te kry nie, en dit oorval ons ook baie.
 
Daarom kan ons vandag weet dat God bo daardie menslike emosies is, maar nie onkundig oor hoe dit is om dit beleef nie. Hoekom sou God vir ons emosies soos hartseer laat voel as Hy dit nie self ook kan beleef nie? As God so was, sou Hy die ergste God ooit gewees het. Hy sou een wees wat ons straf met emosies. Maar Hy is nie so nie. Hy verstaan ons emosies deur en deur.
 
Hy verstaan ook jou emosies deur en deur.
 
In die antieke Griekse tye was daar ‘n manier om te bewys dat ‘n gewone mens ‘n God kan wees. Hy moes volledig bestand wees teen pyn. Ons lees in een van hul verhale dat Diognetus en sy vriend wou bewys dat hulle gode was. Die toets was om gegesel te word. Dit beteken om met ‘n sweep geslaan te word. Hulle moet geen pyn wys terwyl die houe val nie. Die toets by die Grieke was hoe sterker jy was in pyn, hoe groter was die kans dat jy ‘n god kon wees. By die antieke Israeliete was dit andersom. God beleef hier pyn oor Sy volk.
 
Dink maar aan hoe ons hier gelees het dat Sy volk se wonde ook Sy wonde is. As ons pyn beleef, beleef God dit ook. Hy het ons mos gemaak. Hy verstaan waardeur ons gaan, en sal altyd doen.
 
Hy het selfs aarde toe gekom en gely aan die kruis vir ons sondes sodat ons kan weet dat Hy ons menslike lyding verstaan.
 
Ellie Wiesel, die bekende Joodse Rabbi skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die tweede wêreldoorlog waartydens Abraham, Isak en Jakob almal na God toe kom. Hulle kom na Hom toe in die midde van die dood van soveel Jode in die konsentrasiekampe. Hulle rig ‘n vertoë aan God om te sê Hy kan dit nie toelaat nie.
 
Hulle stap dan weg aan die einde van die verhaal, verbaas dat God niks vir hulle gesê het nie. Wat hulle egter nie sien nie, is dat God ook huil. In al hul vrae was daar nie tyd om dit op te let nie. Wanneer ons na God toe gaan met ons hartseer kan ons weet dat Hy nie dadelik antwoord nie, omdat Hy huil. Hy voel saam met ons ons lyding.
 
Hartseer en lyding kan ook ‘n geskenk wees vir iemand anders. Ons hartseer en lyding kan iemand anders ook help. Die vroeë kerk, die eerste gelowiges in Jesus Christus, sou dit dan ook so sien: “My lyding is nie sonder betekenis nie.”
 
Jou lyding het betekenis vir iemand anders. ‘n Ander Jood, nie Ellie Wiesel nie, sou ons baie hieroor leer. Dit was Viktor Frankl. As ‘n kliniese sielkundige was hy vir 3 jaar in ‘n konsentrasiekamp tydens die tweede wêreldoorlog. Hy sou dit oorleef, en ons baie kom leer oor hoe om menslike lyding te verduur.
 
Die verhaal word vertel van hoe een van sy pasiënte baie gesukkel het na die verlies van sy eie vrou. Die wewenaar kon nie help om lyding te beleef nie. Frankl het vir die wewenaar gevra hoe sy vrou sou doen as hy die eerste een sou wees wat moes sterf en as sy alleen moes agterbly. Hy het gesê dat sy vrou baie sou sukkel. Frankl het hom geantwoord: “Dan is jou lyding die geskenk waar die lyding ontneem om sonder jou te leef.”
 
Ons moenie bang wees vir menslike lyding nie. Dit kan ook ‘n geskenk wees vir iemand anders. En wanneer ons lyding beleef kan ons weet dat ons Godself beter leerken, dat ons Sy Seun beter leerken, en dat ons die Gees in ons lewens voel.
 
Amen.

0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur