'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Erediens - 7 Maart 2021

3/6/2021

0 Comments

 

Inleidend:

Picture
Sedert die begin van tyd wou mense rondom mekaar wees. Dink vir ‘n oomblik aan ‘n kampvuur. Sedert antieke tye, lank voordat ons as mense in groot stede bymekaar gekom het, was daar net die kampvure. Daar waar ons beskerm was teen diere en aanvalle van buite, daar het ons ook stories vertel.

Sedert die begin van tyd wou mense rondom mekaar wees. Om alleen langs ‘n kampvuur te wees sou egter in daardie tye fataal gewees het. Vandag nog, maak dit nie sin om langs ‘n kampvuur te sit op jou eie nie. Die belewenis is bedoel om gedeel te wees. Dis dieselfde met die nagmaal. Dis bedoel om gedeel te word. Dis nie bedoel vir alleen wees nie. Dis ‘n saam-aktiwiteit.

Waarom anders sou Jesus die nagmaal vir ‘n groep, almal, op een slag gee? Hy deel dit nie een-een hier-en-daar nie. Almal, op een slag. Almal moes dit saam beleef. Dis soos ‘n kampvuur. Rondom die kampvuur kry ons die geleentheid om stories te deel oor hoe ons God beleef, dink ons na oor die grootste uitdagings van ons bestaan. Hoekom doen ons dit nie nadat ons saam die nagmaal beleef het nie?

As Jesus sê: “... gebruik dit tot my gedagtenis...” praat Hy met Sy dissipels, sy vriende. Kom ons dink aan daardie eerste aand. Net nadat Jesus Sy Vader vir die brood gedank het, deel Hy dit uit, en hulle gebruik dit saam. Hulle sit almal saam om die tafel en doen wat Hy gesê het. Hulle deel wat Hy vir hulle gedoen het. Hulle gesels oor wie Hy is. Oor Sy liefde, Sy wonderwerke, dit wat Hy gesê het, dalk die manier wat Hy hulle elkeen aangeraak het.

In die nagmaal is daar ‘n verbale deel wat ons soms mis. Ons kom kerk toe, gebruik die nagmaal SAAM, en gaan dan almal huis toe. In ons gemeente het ons voor die staat van inperking altyd ‘n brood-fees gehad. Dit was juis om daardie sosiale-deel ervaring wat in die nagmaal lê op die voorgrond te plaas.

Sedert die begin van tyd wou mense rondom mekaar wees.

Vandag se erediens wil daardie saam-wees belewenis in die Woord van God en vanuit die Woord van God vier.
​
Die nagmaal moet immers gevier word. Dalk, net dalk, het God daardie behoefte om na samesyn te smag in ons DNA gesit.
 
Maar kom ons bid eers saam

Gebed:

“Here, sedert die begin van tyd het U iets in ons DNA geplaas om U te soek, om na mekaar te soek. Daarom die kampvure, daarom die soeke na U wanneer ons alleen is, wanneer die toetsuitslae positief is, wanneer die kinders se rapporte sleg lyk, wanneer ons hoor ons loopbane is verby, wanneer ons alleen is. U plaas iets in ons om U te soek.

En ons kom soek nou na U, die een wat ons gevind het, en ons soekend gemaak het. Stel in harte en gedagtes nou in om U te ontmoet.

Amen”

Liedere:

En nou kan ons sing. Ook dit is een van die aktiwiteite wat sedert die begin van tyd daar was, daar langs die kampvuur.
 
Kom ons sing van ons verlosser. Die een wat leef. Hy wys ons hoe liefde lyk, en gee ons ook die krag om mekaar lief te hê. Ons gaan nou drie liedere saam sing. Die eerste twee liedere sing ons terwyl ons sit, en dan gaan ons staan vir die derde lied.

Lied 155: Kom o Skepper Gees.

Lied 299: Laat ons Heer U dood verkondig.

Lied 164: Ons is almal hier tesaam.

Votum en Seëngroet:

Mag God jou vandag vrede gee. Hy wat alles gee. Amen.

Skuldbelydenis:

As jy dieper moet grawe in jou eie gedrag word jy gekonfronteer met die redes vir jou sondes. Dis maklik om jou sondes te bely. Dis maklik om jammer te sê. Dis maklik om te sê ek sal nie weer nie. Maar ware dissipelskap is nie waar jy jou sondes bely nie, dis waar jy probeer verstaan waarom jy doen wat jy doen.

Wat skuil agter die redes vir jou sondes?

Kom ons kyk na ‘n voorbeeld.

Jy drink te veel.

Jy bely. Jammer. Ek sal nie weer nie.

Die verdere vraag sal wees: “Wat was die sneller vir die feit dat ek te veel gedrink het?” Wat het dit veroorsaak?

Sien as jy bely en wegstap gaan jy nie verstaan waarom jy doen wat jy doen nie. So, jy gaan dit weer doen.
Die katalisator vir verandering is die vraag: “waarom?”

Dis die dieper reis.

Die antwoord op die vraag oor drankmisbruik kan dalk wees: “Ek het te veel gedrink want dit herinner my aan toe ek op skool was.” “Ek het te veel gedrink omdat ek raakgesien wil word.” “Ek het te veel gedrink om my man of my vrou te wys hoe sterk ek is.”

Die antwoord op die waarop vraag lei dan tot ‘n nuwe vraag: “Is daar iets anders wat ek kan doen om hierdie dieper behoefte aan te spreek?”

“Hoekom voel ek dat ek vir my man of vrou moet wys hoe sterk ek is?”

“Hoekom wil ek herinner word aan skool?” – Daardie vraag kan lei na ‘n dieper antwoord: “Ek wil skool onthou want daar het ek status gehad.” Dit lei na ‘n volgende vraag: “Hoekom voel ek nie dat ek nou meer status het nie?” Of dalk: “Waarom is status vir my belangrik?”

Daardie vraag moet dan beantwoord word deur terug te keer na die een wat ons sondes kan vergewe, maar wat ook ons harte ken en wil sien dat ons groei: Jesus Christus.

As ons terugkeer na die vraag oor waarom die ou wat te veel drink dit doen omdat hy herinner wil word aan sy skooldae, sal ons dink aan die status wat dit hom gee. Dan kan ons vra wat Jesus gesê het oor status:
  1. Jesus steel nooit die “show” nie. Hy stel die voorbeeld. Hy gee eer aan Sy Vader.
  2. Jesus daag selfs sy eie vriende uit om nuut te dink oor status. Selfs status wat heilig lyk. Hy sê vir Jakobus en Johannes hulle kan waarskynlik nie een sit aan Sy regterhand of linkerhand nie.
  3. Paulus skryf van Jesus en sê dat Jesus Sy hemelse bestaan prys gegee het en die gedaante van ‘n slaaf aangeneem het. Jesus was nie so erg oor status nie.

Om die waarheid te sê Jesus het status as ‘n struikelblok gesien vir iemand om sy of haar potensiaal te bereik. Status maak ons onleerbaar. Status laat ons glo dat ons net die een is. Vir die een wat te veel drink omdat hy weer daardie status voel, moet hy verstaan dat sy status-leuen hom of haar keer om werklik te kan leef. Die status wat jy voel jy verloor het na skool oppad na man-wees of vrou-wees was ‘n klug. Waarom wil jy te veel drink om ‘n klug te beleef?

En dan kom die Woord weer deur: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe...” Jesus wil ons laat leef sonder die leuen, sonder die klug.

Of jy kan net gewoon “jammer sê”, of jy kan dieper delf. Delf dieper. Jy is dit werd.

Dalk sal jy dan verstaan waarom jy so sukkel om jou volle potensiaal te bereik. Dis in ons DNA om na God te soek, maar nie almal kies om diep binne-in hulself na hul eie motiewe en redes vir gedrag te soek nie.

Die tema vir ons eredienste laasweek en hierdie week is “Die twee balke van die kruis”. Laasweek was die vertikale balk. Die een wat ons verbind met God. Vandag gaan ons gesels oor die horisontale balk. Die een wat ons verbind met ander. Verhoudings met mense. Om net jou sondes te bely herstel jou verhouding met God, maar nog nie met ander nie. Daarvoor moet jy dieper delf en die moeilike vrae vra.

As ons as ‘n generasie die impak van sonde verstaan, kan ons dalk ons kinders ook daarvan leer. Dalk kan ons vir hulle ‘n voorbeeld stel van hoe om diep te delf in ons eie lewens.

Daar is nou geleentheid vir stil gebed... Daarna gaan ek met julle gesels oor “loyalty cards”. Ons elkeen het mos een of twee, of drie of vier...
 
Gebed:

“Here, help ons om te verstaan waarom ons doen wat ons doen. Ook dit wat ons dink so goed is, maar soms wonder waarom.

Amen.”

Kinderoomblik:

Hier het ek verskillende kaarte. Kom kyk na elkeen.

Hier is die sleutel wat goeie verhoudings oopsluit:

Picture

Skriflesing en Prediking:

Nou dat ons sonde bely het, en dieper gedelf het in ons eie lewens, kan ons dieper delf in God se Woord sodat ons beter kan groei in ons verhouding met mekaar.

​1 Kor. 11:27-33:

27 Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. 28 Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, 29 want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur 'n oordeel oor homself. 30 Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle. 31 As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie. 32 Maar nou word ons deur die Here geoordeel en getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie.
​

33 Daarom, my broers, as julle saamkom om die nagmaal te vier, wag vir mekaar.

​Hierdie verse is baie reguit, maar daar is ‘n spesifieke ritme daaraan wat jy moet verstaan.

Hier is drie beginsels waarby ek wil stilstaan oor menslike verhoudings in die nagmaal:

Julle is skuldig aan die nagmaal verkeerd gebruik omdat julle mekaar daarin mis. Dit word beklemtoon in die volgende feite:
  1. Paulus gebruik die woord liggaam hier, en in die volgende hoofstuk van hierdie brief, naamlik 1 Kor 12., gebruik hy dit as ‘n voorbeeld vir die onderlinge eenheid met mekaar. Jy kan hierdie deel dus vertaal as Paulus wat sê: “julle sal skuldig wees aan die sonde teen die liggaam...” Ons is Christus se liggaam. Ons sondig dus teen mekaar wanneer ons nie bereid is om ons eie motiewe en redes vir sondes beter te verstaan nie.
  2. In die volgende vers, vers 12, sê Hy duidelik dat elkeen homself eers moet ondersoek. Delf dieper in jouself as mens. Hoekom doen jy wat jy doen?
 
Die tweede beginsel in hierdie teks is Jy moet besef dat die nagmaal krag dra in jou verhoudings met ander mense. Paulus sê “as jy dit gebruik sonder om te besef dat dit Sy liggaam is”, en daarmee ook dat jy deel het daaraan, “bring jy ‘n oordeel oor jouself.” 

Wat leer dit ons van hoe om te leef. Wanneer ons nie dieper delf in ons verhouding met ons self nie, sukkel om eenheid met ander te beleef. Die gevolg daarvan is dat daar baie swakkes is, siekes is, mense wat eensaam doodgaan. Die gevolg van leef sonder eenheid met jou medemens is dat ander eensaam is. Waar ons die moed het om elkeen dieper in onsself te delf, skep ons die potensiaal vir ander om dit vir hulself ook te doen.
 
Die derde beginsel is: “Wag vir mekaar!” Nie almal is dieselfde in die liggaam van Christus nie. Ons verskil, en ons sukkel soms mekaar lief te hê, Nie almal is op dieselfde reis as jy om dieper te delf in hul eie redes vir doen wat hulle doen nie. Wag vir mekaar. Die nagmaal gee ons vir die potensiaal om onsself oor te gee aan God nie, maar ook om bewus te raak daarvan dat nie almal soos ons dink nie, maar dat dit okey is. Ons hoef nie almal dieselfde te wees nie, maar ons moet wag vir mekaar. 

Hoe wag ons vir mekaar?

  • Deur geduldig te wees.
  • Deur te luister.
  • Deur vrae vir mekaar te vra, eerder as te oordeel.
  • Deur spasie te skep.
  • Deur direk met mekaar te praat en nie ompaaie te neem nie.

Wag jy vandag vir ander?

As jy vandag die mense vir wie jy die liefste is rondom ‘n kampvuur wil nooi, sal jy jouself vir hulle volkome kan gee? Sal jy kan nadat jy dieper gedelf het hulle in die oë kan kyk en sê: “Ek wil myself beter leerken sodat ek julle beter kan dien.”

Of gaan jy net in die kampvuur in staar.

Ek hoop jy kies dieper delf. Ek weet God sal jou die moed gee om dit te doen.

Onthou, jy kan by Hom begin.
​
Amen.

Ander video's:

Afkondigings:

Word more via e-pos versprei.
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur