'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Erediens - 7 Februarie 2021

2/6/2021

0 Comments

 

Wie preek?

Gerrit Visser

Waaroor?

Daar is verskillende paaie wat jy kan stap in 2021. Daar is baie plekke en dinge waarby jy betrokke kan raak. Ook verhoudings.

Maar dan is daar plekke waarby jy eerder nie betrokke moet raak nie.

Weet jy al wat dit is?

Hoekom is die tema belangrik?

Die tema is belangrik omdat so baie gelowiges net gewoon voort leef sonder om ooit na te dink oor die dinge wat dalk baie sleg is vir hulle.

Sing 'n loflied:

Loof die Here deur te verklaar dat Sy liefde sal lei in 2021.

In vandag se tienerkerk:

Ons gesels oor die Bybel wat sê "toets alles, en behou die goeie..." Dit beteken nie wat jy dink dit beteken nie.

Kinderkerk:

Dis werklik moeilik om te weet hoe jou kind 'n pad met Jesus kan stap. Daar is so baie geleenthede vir kinders vandag, en tog is ons as ouers bekommer dat hulle dalk die verkeerde paaie sal volg. Kom ons kyk na wat die Bybel daaroor sê.

Skriflesing en prediking:

Om hierdie vraag te vra, moet ons eers stilstaan by waarom die vraag belangrik is. Soos met baie dinge in die Bybel gaan dit hier oor identiteit. Die Bybel wil ons help om ons identiteit in die Woord van God te vind, en daarom is daar so baie reguit vrae oor wie ek en jy is. Sonder daardie vrae is daar geen groei nie.

Nou die Bybel praat gereeld direk oor dinge waarvan ons moet wegbly, maar die vraag is waarom, en nog meer belangrik, wat is die impak daarvan as ons dit nie doen nie.

So die eerste deel van die preek gaan spesifiek kyk na wat die Bybel sê ons nie by betrokke moet raak nie. Die tweede deel gaan oor hoe ons vanuit ons identiteit in Jesus kies om in Hom te wees, en deurdat ons in Hom is, ons die kapasiteit ontwikkel om betrokke te wees by dit wat belangrik is, en by dit wat ons siel gesond hou.

Die Bybel is vol ‘moets’ en ‘moenies’. As iemand probeer om dit te weerlê jok hy of sy gewoon. Die Bybel wil nie net vir ons verduidelik hoe om te lewe nie, maar ook hoe om nie te lewe nie. ‘n Slegte lewenswandel is soms die beste voorbeeld om vir iemand te verduidelik hoe om nie te leef nie. Ons almal ken die spreekwoordelike vergelyking wat sê “Moenie soos Koos wees nie, leer uit sy foute”.

In Efesiërs 4 sê Paulus ons moenie kwaad raak nie, maar ek dink nie Paulus moes al ooit ‘n gat ‘n concrete muur kap nie. Salomo gee die volgende raad wat ook moeilik is om te volg:

“Moenie 'n man wat sy mag misbruik, beny nie en moenie self soos hy maak nie...”

Maar ons dink dit sal werk wanneer ons dit doen. Almal van ons het al gevoel dat ons beter sal doen in die lewe wanneer ons maak soos mense wat mag misbruik. Die moeilik is egter dat jy sukkel om te slaap wanneer jy daardie roete kies. Moenie dit doen nie, dis ‘n alleen pad.

Sien, dis hier waar dit begin gaan oor die impak wat dit op elkeen van ons het wanneer ons kies om betrokke te raak by dit wat onbelangrik is. Paulus en Salomo gee vir ons goeie raad in hierdie twee teksvers. Pasop vir die verkeerde pad, want soos almal weet, wanneer jy eers op daardie pad is, is dit werklik moeilik om van dit af weg te bly.

Die vraag is dan egter nogsteeds waarby ons nie moet betrokke raak in 2021 nie. Daardie antwoord is vir elkeen anders.

Jy kan vandag kies om nie na jou beleggingsportefeulje te kyk nie, maar indien jy aftree oor 10 jaar is dit dalk belangrik.

Jy kan vandag kies om nie betrokke te raak by daardie niggie wat sukkel met drank nie, maar dit gaan hulle waarskynlik nie help as almal daaroor stilbly nie.

So ook kies ons vir sekere roetes om te volg omdat dit nog altyd deel was van ons lewens. Een so ‘n voorbeeld is skinder. Kwaadpraat, het die oumense mos gesê. Moenie by sulke gesprekke betrokke raak in 2021 nie. Stap net weg. En as jy iemand is van wie kwaad gepraat is en jy het dit gehoor, vergewe die persoon wat dit gesê het. Hulle sukkel dalk ook om te slaap soos die man wat sy mag misbruik van wie ons gelees het in Spreuke 3.

Elkeen van ons kies die roetes van die lewe wat ons wil stap deurdat ons ook kies om sekere roetes nie te stap nie.

Hier is ‘n paar riglyne vanuit die Bybel vir jou om te weet watter roetes in 2021 deur jou plakkies deurgetrap moet word.

Dit het te doen met ‘n woordjie waaroor ons al baie gesels het. Daardie woordjie is “wees”.

Jesus se vir ons in Johannes ons moet in Hom bly. Die Griekse woord is ‘wees’. Ek het agter gekom dat die oomblik wanneer ek nie in Hom bly nie, word my pad een van vergelyking en is dit sonder self-verstaan. Dit is dan ook ‘n pad waar ek geen genade vir myself het nie. Dis ‘n pad waar ek net wil vergelyk, en dit is alleen.

Dit is eensaam.

Kies vandag om die unieke pad te stap wat God vir jou gekies het. Kies om die pad te stap waar jy nie nodig het om te vergelyk nie. Kies om die pad te stap waar jy ander opbou, waar jy betekenis en waarde toevoeg tot ander se lewens.

Sekere gesprekke is nie noodwendig sonde nie, maar dit trek die energie uit jou uit. Jy kies. As jy die pad wil stap wat jou energie steel is jy welkom, maar vir my is daar ‘n meer uitnemende weg.

Daardie weg begin deur vir God te vra om in jou te woon. Hy sê vandag vir jou: Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. – Johannes 15:4.

Jy is welkom om na vandag se erediens oordenking, en ook vorige oordenkings, hier te kyk:

Afkondigings:

Onthou dat die kantoor steeds Maandae tot Vrydae oop is vanaf 09:00 tot 11:00.
 
Kerklike aktiwiteite sal stelselmatig hervat na 15 Januarie 2021, maar eredienste is voorlopig eers vanaf Maart af terug op Sondae. Soos altyd, sal die gemeente verseker dat die geboue gesaniteer is reg vir veilige bywoning van eredienste en moontlike funksies.

Gebedsversoeke:

Emma Holder, Bernard Semmelink, Roelie van Wyk, Max de Waal, Andre Pretorius.

Verjaarsdae:

07 Hanli Beukes 061 268 8620,Magda du Preez 082 684 7849, Marzé Marais, Zenelle Otto, Veola Rex 084 924 6775, Michael Smit 073 342 4725

08 Rosemary Lantze, Monique Rudd 081 891 6376

09 Corne Joubert 072 084 7742, Hettie van Greune 073 275 2405

10 Reinette Oosthuizen 082 485 7695, Hennie Smit 083 300 4885, Chris Swanepoel 011 763 1675, Alida van Jaarsveld 072 820 7970

11 Leon Kruger 082 467 0957

12 Sally Botha 071 424 4066, Hannes Greyvenstein 011 766 2315, Phileen Krugel 076 280 3681
​

13 Kobie Barnard 083 298 4666, Wessel Jenner 011 763 2071, Joany Vlok 073 916 0378
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur