Wie preek?Gerhard van der Merwe Tema:Sien jy wat Jesus sien? Skriflesing en Prediking:Ons leef in n tyd waarin mense hul ontsag vir God verloor het. Christenskap is onder n enorme aanslag. Om n christen genoem te word was nog selde in die geskiedenis so onder die vergrootglas as juis nou. Daar is soveel vrae … soveel agterdog … soveel wantroue… Die kerk word bevraagteken, die kerkleiers word bevraagteken, die dinge waarmee die kerk hom dikwels besig hou word bevraagteken en op die ou einde word God bevraagteken.
Die reaksie van ernstige gelowiges in so n tyd is dat ons ons definisie van geloof en christenskap wil herskryf. Ek het al mense hoor sê: “Ek is nie n Christen nie, ek is n Christus volgeling.” Die klem word gesit op dissipelskap. Christen wees is nie meer genoeg nie. DIt is soos sout wat laf geword het. Petrus sou sekerlik wou sê: “Ek is nie hier vir myself nie. Ek is hier vir Jesus!” Ek is is 100% seker dat Petrus dit baie ernstig bedoel het. Petrus is n man van sy woord en sy dade bewys dit. Hy was bereid om alles te los om Jesus te volg. En soos Jesus se bediening momentum kry, is daar donker wolke wat versamel. En natuurlik het hy dit sien kom. Daardie week het Jesus n paar keer melding gemaak dat sy sterwe nou naby is. Judas het uitgestap uit die groepie dissipels en Jesus se hartseer oor dit was sekerlik sigbaar. En nou op pad na die tuin van Getsemane broei dit in Jesus se gedagtes en dit spoel oor in Sy woorde… weer n keer… My tyd is nou naby en Ek gaan dood gemaak word. En Petrus se liefde vir Jesus kan dit net nie hanteer nie. Glad nie! Oor my dooie liggaam!! En Jesus se woorde moes soos n enorme bak yswater oor hom spoel… Gaan weg agter my satan! Jy bedink nie die wil van God nie. Ek dink Petrus was selde in sy lewe so verward. Ek is oortuig dat hy bereid was om met sy lewe vir Jesus te beskerm. Hy het op daardie oomblik geglo dat hy dit so sal deurvoer. En daar was selfs tye toe die soldate nader staan dat hy dit ook sou wou uitvoer. Nie my Here nie!! Deur my sal julle by Hom moet uitkom! Gelowiges kan so maklik sê: ”Die Here het gesê…” Ons kan so seker wees van wat God sou doen en dink … en soos Petrus kan ons so lynreg verkeerd wees. Dalk pas dit ons om minder te praat, en meer soos Jesus lief te hê. Petrus moes ontdek dat God se pad nie n aardse pad is nie. Nie n pad van heldeverering nie. Nie n pad waarin Hy beskerm of verdedig moet word nie. Hy kan dit heel goed op Sy eie hanteer. Hoe maak ons seker dat ons nie te voortvarend sal raak oor wat God sou dink en sê nie? Die oplossing is dalk daarin om ons met spesifieke vrae besig te hou. Ons noem dit die Godsvrae. Wat sien God, wat doen God? Wat dink God? Wat is God se plan met die wêreld en met my lewe? Wat is God se plan met my sukses en my mislukkings? En dis hier waar Petrus en ek en jy dikwels vasval. Op daardie oomblik is Petrus se gedagtes net gefokus op wat hy self wil hê. Niemand sal aan my Here raak nie! Wanneer ons so dringend n antwoord nodig kry… raak dit so maklik om te sien wat vir ons gemaklik is en dan te sê:”God het gesê.” Later sou Petrus agterkom hoe misplaas sy eie idees was. Hy kan nie eens sterk staan as mense hom aan hierdie Jesus van Nasaret en Galilea verbind nie. Voor die haan kraai sal jy my 3 maal verloën. Ten diepste gaan dit dikwels vir ons om selfbeskerming. En sê en ek doen wat my goed sal laat lyk. En in Petrus se oomblik daar buite Kajafas se huis tree hy presies so op. Ek ken hom nie. En skielik, toe hy Jesus sien wat met toue en stokke begelei word by Kajafas se huis, besef hy dat dit eintlik vir hom net oor homself gaan. Wanneer jy skielik een dag in die spieel moet kyk en besef dat jy toe nie so oulik was as wat jy gedink het nie…kan dit nogal n ontnugterende geloofskrisis veroorsaak. Petrus kom by n punt waar hy wonder of hy nog werd is om n dissipel genoem te word. Skuldgevoelens bring hom op die rand van opgee. En dis ook daarna dat Petrus die een is wat sê: “jy weet wat? Ek gaan terug na my vorige beroep. Ek gaan Galilea toe en ek gaan vis vang. Ek weet darem hoe om dit te doen! Wat ons tot hier gesê het vra dat ons twee opmerkings maak:
Petrus se tenkie is leeg. En dis hier waar Jesus Petrus kom haal, Dis wat God doen … oor en oor. Met Adam en Eva, met Simson, met Dawid, met Jona, met Petrus, met my en jou. Petrus vang vis en Jesus staan teen die kant. Onherkenbaar vir Petrus. En as Jesus aan Sy hartsnare kom raak, duik Petrus in die water en swem na Jesus. En dis hier waar Jesus Petrus terug bring by God se manier van kyk, God se dink, God se plan… ook vir Sy eie lewe. Laat my lammers wei. En as Petrus hierdie visie skielik snap, dan is sy reaksie soos enige gelowige wat tot inkeer kom… wweer tot bekering kom… My Here en My God. Van nou af nie my wil nie, maar U wil. Nie my kyk na die lewe nie, maar hoe U na die lewe kyk. Nie uit my eie krag nie, maar in die krag en in die Naam van Jesus. Vriende… Geloofsgroei, geloofsverdieping… geloofstransformasie… gebeur nie sonder stampe en stote nie. Soos Petrus dink ons dat ons geroep word om Jesus se naam, Sy eer, sy idees en sy woorde te beskerm teen mense wat dit misverstaan of verdraai of verwerp. Ons dink Jesus gaan baie trots wees op ons as ons Hom beskerm. En Jesus probeer uitspel… die pad na geloofsverdieping is deur te sterf. Die pad na God se hart is deur lief te hë, weer uit te nooi, by die viswaters van jou skuldgevoelens te gaan haal. En te sê:”God sien jou ook raak. Jy het ook n plek in God se plan. Word deel van die span wat sê:”Laat My lammers wei.”
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |