'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Erediens - 18 Julie 2021

7/17/2021

0 Comments

 
Picture
Inleiding:
 
WH Auden het gesê: “We would rather be ruined than changed. We would rather die in our dread than climb the cross of the moment and see our illusions die.”
 
Hy was heeltemal reg. Dis presies hoe die mens is. Ons leef in die wanindruk dat deur nie te verander nie, enige iets bloot net herstel kan word wat agter uit gaan. Dit is gewoon nie so nie.
 
In die tyd wat Jeremia geleef het, het die mense ook gedink dat die regte denke alleenlik hul situasie kan verander. Die resultaat was chaos.
 
 
Votum en Seëngroet:
 
Genade vir julle en vrede van God ons Vader, en die Here Jesus Christus, deur die kragtige werk van Sy Heilige Gees, Amen.
 
 
Inleiding tot God se Woord:
 
Vandag se Skriflesing is uit Jeremia 4:1-28. Ons gaan na verskeie van hierdie teksverse verwys, maar nie almal saam lees nie. Die tema van die preek is Chaos, en onthou maar die woorde van WH Auden waarmee ek die preek begin het.
 
 
Gebed:
 
Voordat ons die Woord van die Here lees, kom ons bid egter eers vir Sy genade dat ons dit mag verstaan.
 
Here, ons kyk na ons land, en ook na die res van die wêreld en dan lyk dit vir ons na chaos, so asof U nie daar teenwoordig kan wees nie. Maar ons kom bely vanmore weer dat U orals teenwoordig is. U is in ons lewens. U laat ons nooit alleen nie. Openbaar asseblief nou ook U Woord sodat ons kan leef. Amen.
 
 
Skriflesing:
 
Ons lees saam uit Jeremia 4:23-28, maar gaan na ‘n paar ander verse uit hierdie stuk ook kyk deur die loop van ons erediens:
 
23 Ek het na die land gekyk, en dit was onbewoonbaar,
na die hemel, en die lig was daaruit weg;
24 ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe,
na al die heuwels, en hulle het geskud.
25 Ek het gekyk, en daar was geen mens nie,
selfs die voëls het weggevlieg.
26 Ek het gekyk, en die vrugbare grond het in woestyn verander,
al die stede het in puin gelê.
Dit is die Here wat dit in sy gloeiende toorn gedoen het!
27 Ja, so sê die Here:
Die hele land sal verwoes wees,
maar Ek sal dit nie totaal vernietig nie.
28 Daaroor moet die aarde treur
en die hemel daarbo donker word,
want Ek het my voorneme bekend gemaak,
Ek staan by my besluit, Ek sal nie van plan verander nie.

 
 
In Jeremia 4:23-26 lees ons ‘n vreemde gedig wat Jeremia, ‘n jong profeet, se radikale visie van die wêreld waarin hy leef verwoord. Wat sien Jeremia in hierdie gedig voor hom afspeel:
 
  • Hy kyk na die land – dis onbewoonbaar.
  • Hy kyk na die berge – hulle het gebewe.
  • Hy het gekyk – daar was nie mense nie.
  • Hy het gekyk na die vrugbare grond – dit was verander in woestyn.
 
Jeremia kyk na die wêreld rondom hom, en wat hy sien kan ons net opsom met een woord: Chaos. Sy visie is veel anders as dit wat ons in die Skeppingsverhaal in Genesis 1 lees. In Genesis 1 word daar orde geskep. Hier het alle orde verdwyn. Dit was leeg, maar as gevolg van menslike toedoen.
 
As Jeremia ‘n dokter was, sou sy diagnose van die wêreld wees: Stukkend en sterwend.
 
Die rede vir hierdie droewige diagnose is ook nie polities of ekonomies van aard nie. Dis iets veel erger. Dis om sonder God te wil leef. Die mense het die Here vergeet. God vergelyk Sy mense se gedrag as soekend na die verkeerde dinge. Om te soek na die verkeerde dinge, altyd iets anders te wil hê, lei tot chaos. Hoor wat sê God vir Sy volk in Jeremia 2:23b:
 
Jy was soos 'n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop...
 
God sê vir Sy mense, en ook vir ons vandag: “Hou op soos daardie steeks donkie wees wat altyd sy eie pad wil volg...” God vra van ons om terug te keer na Hom toe. Dis in die lig van hierdie geestelike verval van vers 23b en die daaropvolgende verse dat Jeremia die chaos rondom hom sien.
 
Die chaos het dus ‘n rede. Hy kyk nie na die chaos en weet nie waar om te begin nie. Hy weet waar om te begin. Hy wil begin by God. God sê vir hom: “Bekeer julle, na my toe”, in vers 1 van Hoofstuk 4.
 
“As julle wil bekeer Israel, bekeer julle na My toe...”
 
Die chaos waarna Jeremia hier verwys lê op drie vlakke:
 
  • Ons kan dit letterlik opneem, juis in die lig van ekologiese krisis wat ons beleef. Daar is regtig plekke op aarde waar diere al weg getrek het. Ons ei gemeente kan getuig hoe fase 5 van laasjaar se inperking die gevolg gehad het dat die uile weer hier tussen ons in die woonbuurt kom woon het, maar nou is die buurt weer te besig.
  • Op sosiale vlak sien ons ook chaos. Jy kon gewoon maar net die nuus dopgehou het die afgelope week om dit te sien.
  • Op persoonlike vlak sien ons ook chaos rondom ons afspeel. Ons sien dit elke keer wanneer die pandemie onder ons ingaan.

Met alles wat rondom ons afspeel, kan ons nie anders as om te dink dat die chaos lei tot totale sterfte van ons wêreld nie, maar gelukkig is ons gelowiges wat anders na die wêreld kan kyk. Ons sien hierdie oomblikke nie as klaagliedere nie, maar geleenthede. Geleenthede om Christus se lig te gaan uitstraal na ‘n wêreld wat Hom so nodig het.
 
Wie van U onthou daardie Jan de Wet liedjie: “Maar te midde van al hierdie chaos wat ons glad nie meer kan keer, weet my hart verseker: Hierdie kind kom weer.” Hy sing van Jesus wat vir ons die wêreld so oopsluit om deel te wees van enige oplossing vir oënskynlike chaos.
 
Ons een reaksie kan wees dat ons na die chaos kyk en gewoon ontken dat dit daar is. Baie mense het hierdie reaksie. Hulle maak grappe oor die plundering wat die afgelope week gebeur het, so asof dit nie ‘n impak op hulle het nie. Om grappe oor die plundering te stuur waartydens meer as 200 mense dood is, is om in ontkenning te leef dat daar iets gebeur het wat werklik ‘n ramp was. Ons mag dit nooit doen as gelowiges nie.
 
Wat is Jeremia se reaksie op die chaos? Ons vind dit in vers 19-21 van hierdie teks:
 
O die krampe in my ingewande, o die benoudheid in my hart!
My hart bons wild, ek kan dit nie tot bedaring bring nie,
want ek het die geluid van die ramshoring gehoor,
en die oorlogskrete!
Die val van die een stad na die ander word uitgeskreeu,
die hele land is verwoes.
Met een slag is my wonings vernietig,
in een oomblik my woonplekke.
Hoe lank sal ek nog die vyande se vaandel sien,
die geluid van die ramshoring hoor?

 
Hy treur. Dit ontstel hom so dat dit iets aan sy binneste doen. Dis asof dit selfs sy maag omkrap. Ons moet treur oor elke oomblik van geweld en korrupsie in ons land.
 
Verruil vandag jou “escape plan” vir “game plan”. Wanneer jy dink jy wil Suid-Afrika ontsnap, sit jou plan eers eenkant en vra jouself die volgende vrae af:
 
  1. Is ek bereid om net so baie tyd te spandeer aan ‘n moontlike immigrasie as wat ek bereid is om tyd te spandeer aan mense leerken wat ek nie van te vore geken het nie?
  2. Is ek bereid om net so baie tyd in ‘n aktiewe gemeente te spandeer wat hard werk in haar gemeenskap om ‘n verskil te maak as wat ek tyd spandeer aan soek vir die regte TV program?
  3. Is ek bereid om net so baie tyd in gebed te spandeer as wat ek spandeer aan die gebede vir ander aanstuur?
  4. Is ek bereid om net so baie tyd in aksies te spandeer wat gemik is op sosiale en geestelike uitdagings as wat ek bereid is om tyd saam met my vriende te spandeer.
  5. Sal ek net so baie van my eie kos deel as wat ek het en die Here vertrou dat Hy vir my steeds sal voorsien.
 
Maak hierdie vyf vrae se beginsels van jou tyd reg spandeer deel van jou “game plan” vir Suid-Afrika. Dan sal jy kan treur, maar ook kan opstaan en ‘n verskil kan gaan maak.
 
Amen.

0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur