'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

Erediens - 11 April 2021

4/10/2021

0 Comments

 

Wie preek?

Gerrit Visser

Tema:

Afgekeurde dissipels (waarom is dit dat Jesus gevolg word, maar dat mense nie Sy lewe wys vir ander nie.)

Afkondigings:

Kliek hier

Votum en Seëngroet:

Here God, dankie dat U ons raaksien, dankie dat U ons nie net raaksien nie, maar dat U aandagtig na ons kyk. Dankie dat U na ons kyk soos ‘n kenner van goeie kuns. Dat U die lyne op ons gesigte raaksien. Dankie dat U elke haar op ons koppe al getel het. Dankie vir die Heidelbergse Kategismus wat vir ons herinner dat U teenwoordigheid volkome is. Dankie dat daar geen plek is wat U, die kenner van ons as U kunswerke, kan gaan waar U ons nie volkome raaksien nie.

Amen.

Toetrede:

Ons gaan nou daardie pragtige gedig van TT Cloete sing. Psalm 84:4 en 5. Die titel van die lied is “Hoe lieflik is U wonings Heer...” Een van daardie wonings is die een waarin jy ook nou staan.

Geloofsbelydenis:

Die Heidelbergse Kategismus is een van die drie belydenisskrifte wat ons as lidmate van die NG Kerk mee identifiseer. Dit help ons om te beskryf wat ons glo. Van die antwoorde en vrae klink dalk nie so van toepassing in ons lewens vandag nie, maar baie is van uiterste belang. Veral die eerste vraag. Die belangrikste vraag: “Wat is my enigste troos in lewe en in sterwe?” Wat is jou enigste troos, wat is my enigste troos? Dis om te weet dat ek aan Jesus behoort.
 
Wat ‘n wonderlike gemoedsrus! Om te weet dat ons aan God behoort. In lewe en in sterwe.
 
Die eerste dissipels van Jesus sou nie so gevoel het voordat hulle vir Jesus ontmoet het nie. Hulle was diegene wat gesigloos was. Soos hierdie mannetjie. Mense wat nie ‘n doel gehad het vir die groter opbou van die geestelike lewe van diegene rondom hulle nie.
Sien een van die mees radikale idees wat Jesus met Sy volgelinge gedeel het was dat God met hulle is, dat Hy met hulle is. Hulle is nie alleen nie.
 
Hulle was die afgekeurde dissipels. Ek en jy was ook al nie gekies nie. Ek en jy was ook al afgekeur. Ek en jy het ook al gestaan op ‘n speelgrond waar ons nie gekies word nie. Dalk was dit nie die sportveld nie. Dalk was dit jy wat alleen gestaan het met ‘n briefie vir iemand vir jy omgegee het was afgekeur was.
 
Ons almal was al nie goed genoeg nie, en omdat die dissipels ook nie was nie, het ons iets met hulle in gemeen. Hulle, wat afgekeur was, sou die Bybel skryf, hulle sou die karakters wees wat die kragtigste boodskap op aarde verkondig. Die boodskap dat God met ons is. Ons is nie alleen nie.
 
En omdat ons nie alleen is nie, kan ons nou ook bely. Ons kan vertel wat ons glo oor God se genade. Die man wat hierdie belydenis geformuleer het was ook afgekeur. Nadat hy hierdie belydenis saamgestel het, sou hy met sy lewe betaal het daarvoor. Hy was vermoor vir hierdie belydenis.
 
Afgekeur.
 
Ons mag nooit dink dat diegene wat afgekeur is nie ‘n boodskap vir ons het nie. Van hulle skryf dalk wêreld veranderende belydenisse. Belydenisse wat ons herinner aan God se teenwoordigheid. Belydenisse soos die Heidelbergse Kategismus.

Loflied:

Lied 493:3,4. In hierdie lied kan ons nou die Here loof en prys vir Sy nabyheid en liefde. Kom ons sing dit staande.

Kinderoomblik:

Die kinders sien hoe kry die Duplo mannetjies gesigte.

Epiklese gebed:

Here, ons kom vra nou dat U die Woord vir ons sal oopbreek sodat ons meer kan leer oor hoe U nabyheid ons nader trek. Ons wil by U kom leer, o Vader van liefde. O Seun van God ons wil by U leer, en Heilige Gees, ons eer U dat dit U is wat spesifieke oomblikke vir ons uitwys as gesaghebbend vir die oomblik.

Amen.

Skriflesing:

Matt 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
​

Johannes 3:6 Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Prediking:

Ons begin van se prediking met hierdie gesaghebbende Woorde van die Here in ons lewens. “Baie wat vir my sê ‘Here, Here’, en dan ook op ‘n nader plek ‘het ons nie in U Naam duiwels uitgedryf nie...’ Daar is twee redes waarom Jesus op enige plek in die Bybel iets sal sê. In albei gevalle dra dit ewigheidswaarde.

Die eerste rede waarom Jesus iets vir die dissipels sê en dit na 2000 jaar nog by ons is, is omdat dit bedoel is vir alle eeue en op iets in die toekoms wys.

Die tweede rede is omdat die konteks van daardie tyd toelaat dat die saak aangespreek word. Hierdie is dan die rede waarom Jesus hier met die dissipels gesels oor diegene wat Hom moet volg – Sy dissipels.

Dis duidelik dat dit op die toekoms betrekking het. Jesus praat van mense wat na Sy dood en opstanding in Sy Naam dinge sou doen wat nie Hom noodwendig verheerlik nie. Hy sê dit omdat die dissipels dit of op daardie oomblik sal verstaan, of eers na Sy dood en opstanding. Daaroor kan ons nie seker wees nie, maar ons kan oor iets anders sekerheid hê: Jesus verwag van elkeen wat Hom volg om hul eie motiewe te toets.

So is daar nog altyd, regoor die eeue, mense wat in die Naam van Jesus dinge doen wat nie die toets van Sy liefde slaag nie.

Baie wil graag in die seëninge van die Koninkryk deel, maar dan nie aan die toegangswaardes voldoen nie, of dan maak asof hulle die toegangswaardes het, maar dan op die ou end dit nie het nie. Die rede hiervoor is dat hierdie afgekeurde dissipels iets het wat nie altyd in die wêreld is nie. Hulle is bereid om by Jesus te leer. Onthou die Fariseërs wou dit baie keer nie doen nie. Die sleutel tot ware dissipelskap is leerbaarheid. Daardie leerbaarheid is nie net van toepassing wanneer ons foute maak nie, maar is ook ‘n pro-aktiewe benadering wat versterk kan word deur daaglikse Bybelstudie, gebed, en die deel van aktiwiteite in die Koninkryk wat jou siel versterk.

In hierdie teksverse waar Jesus sê ons moet uit Gees gebore word, gesels Hy met Nikodemus, iemand wat ‘n baie gesiene leermeester in Israel was. Jesus sien sy leergierigheid raak, selfs al is Hy ‘n ou man. Daardie houding van leerbaarheid is die sleutel tot geestelike groei, en ja, geestelike groei vra soms van ons ongemaklike vrae.

Nikodemus sou volgens die standaarde van Jesus se tyd nie ‘n afgekeurde dissipel wees nie, maar wat van die ander?

Die oënskynlik afgekeurde dissipels wat agter hom aangestap het is vandag nog in ons midde. Vandag nog sal ons gereeld in die breë kerk mense wat Hy vir Sy diens roep nie sien as deel van die prentjie van Sy genade nie. Hulle is soms mense op straat, prostitute, dwelmverslaaftes, anderskleuriges, mense wat nie deel van die groep is nie. Ons wys hierdie mense weg van ware konneksie met God terwyl hulle soms die sterkste konneksie met God het. Ons kan by enige iemand van God se teenwoordigheid en genade leer.

Die rede waarom hierdie tema van “Here, Here” op die tafel geplaas word is dus tweefoudig:
​
1. Daar was toe waarskynlik reeds mense wat so vir Jesus wou dien. Maak asof hulle dit doen, maar nie werklik heeltemal in dit is nie, maar die voordele van volgelingskap wil misbruik. Vandag nog is daar baie mense wat die voordele van dissipelskap wil geniet. Dis lekker om die Here te dien en jouself Sy volgeling te noem omdat daar dalk aansien met dit saamkom. Tans is daar twee reekse op DSTV wat handel oor pastore (of dan dominee’s) wat of ‘n vrou soek, of wat reeds ‘n vrou het en wil wys hoe hulle leef en uitreik na die gemeenskap.

Om Jesus se volgeling te wees kom soms met groot aansien. Daar is Christen tydskrifte, films, en musiek. Meer as 75% van Suid-Afrika identifiseer hulself as gelowige kinders van God. As dit waar is, beteken dit daar ten minste 45 miljoen mense elke Sondag êrens aan ‘n gelowige aktiwiteit besig is. Indien jy dit indeel in kleiner kerke kan dit as volg lyk:

As al 4500000 op ‘n Sondag by ‘n kerk is, sal daar 450000 gemeentes moet wees wat elk 100 lidmate moet bedien. As elke lidmaat dan R100 gee in ‘n erediens as bydrae, sal daar R45000000,00 in omloop wees. Dis baie geld, en baie mense, wat tot gevolg het dat daar ‘n baie groot kans is dat om te sê jy ‘n volgeling van Jesus is groot voordele kan inhou.

Daarom moet elkeen Sy motiewe toets wanneer Hy agter Jesus aanstap. Dit neem opoffering.

Is jy bereid om daardie opoffering vandag te maak?


2. Die tweede rede is dat hierdie ‘n wesenlike probleem was in die tyd van Jesus maar ook vandag. Dit bly ‘n probleem en sal aanhou om ‘n uitdaging te wees tot Jesus se terugkeer. Mense volg Hom vir die verkeerde redes.

Vandag wil ek kies om eerder ‘n afgekeurde dissipel te wees volgens menslike standaarde, maar ek ken Hom persoonlik, as wat ek iemand is wat volgens cliche redes aanvaar word, maar my lewe wys nie dat ek werklik die Seun van God ken nie.

Wat kies jy vandag?

Ek bid dat jy sal kies om afgekeur te word deur die wêreld, maar deur leerbaarheid sal groei as ‘n ware dissipel van Jesus.

Amen.

Slotlied:

​Kom ons sing Lied 599:1-2 as lof aan hierdie God wat teenwoordigheid aan elkeen beloof, en veral ook aan diegene wat volgens die wêreld gesigloos is, wat afgekeur is, ook in die wete dat ek en jy al elkeen nie goed genoeg was nie.

Seëngroet:

Daarom kan ek nou afsluit met die volgende woorde van Jesus: “Wat uit die mens gebore is, is mens, maar wat uit Gees gebore is, is Gees.” Mag jy uit Gees gebore word en groei om elkeen te aanvaar as Sy kinders, veral tydens hierdie tyd van opbou na Pinkster.
 
Amen.

0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur