'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

6 Januarie 2022 (Algemene erediens)

2/5/2022

0 Comments

 
​Ons almal voel verskillend oor laaste kom. Hier is ‘n paar voorbeelde van mense wat laaste kom:
 
Voorbeeld 1: Gee nie om vir laaste kom in iets waarin hy of sy nie goed is nie.
Voorbeeld 2: Wil nooit laaste kom nie, selfs al is hy of sy nie goed in iets nie.
Voorbeeld 3: So gewoond aan eerste kom dat laaste kom so vreemd is dat dit hom of haar eintlik ontstel.
 
Voorbeeld 4: Gee nie om om selfs laaste te kom in iets waarin hulle al bewys was as die beste nie. Iemand wat al die Tour de France gery het sal deelneem net vir di pret, hulle het mos al gewen. Veral as hulle dalk al ouer is. Iemand soos Roger Federer. Waarom speel hy nog tennis? Ek dink nie hy gaan weer ‘n ‘major’ wen nie, maar hy hou aan speel. Dink daaraan. Hy hoef nie, maar hy wil. Dis absolute vreugde.
 
In vandag se erediens wil ek met jou gesels oor nog iemand wat gehaat het om tweede te kom, en na ‘n radikale verandering baie trots was om laaste op die lys te wees. Hy was trots op laaste wees.
 
Dis Paulus.
 
Paulus was eerste in die ry om Christene te vermoor. Om die waarheid te se hy het briewe gekry by al die Joodse leiers wat opdrag gee dat hy dit mag doen. Hy was gevra deur die Jode, volgens Handelinge 6 en 7, om die Christene te vervolg. Waarom was hy gevra? Wel, Paulus hou van eerste kom. Hy het duidelik ‘n reputasie gehad vir probleme oplos. Hy het ook gekom uit ‘n invloedryke familie. Goeie kombinasie. ‘n Wenner, goeie spreker, ‘n invloedryke en ryk familie.
 
En tog lees ons dat hy homself laaste noem. Wat het in sy lewe gebeur dat hy trots was om laaste te kom?
 
Dis Jesus.
 
Jesus het so radikale impak gehad op sy lewe dat hy bereid was om laaste op die lys te wees.
 
Kom ons lees saam wat gebeur het:
 
Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.
 
Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe.
 
Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn. Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is.
 
Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is. In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het.
 
1 KORINTIËRS 15:1-11 AFR83
 
Een van die kommentare wat ek gelees het verwys na hierdie gedeelte as “die evangelie volgens Paulus”. Paulus plaas ‘n ontmoeting met Jesus as die nommer een rede waarom iemand homself of haarself ‘n apostel kan noem.
 
Dis vandag nogsteeds dieselfde.
En dan begin hy met die lys van mense wat vir Jesus ontmoet het voor hom. Let wel dat hy na homself verwys as die ontydig gebore een – asof hy wens dat hy vroeër gebore was sodat hy self vir Jesus kon sien op aarde. Dalk het Paulus gedink dat as hy vir Jesus op aarde gesien het hy so meegevoer sou wees deur Jesus se teenwoordigheid en kruisiging, dat hy nooit die gelowiges sou vervolg nie.
 
Wat egter belangrik is is dat Paulus dink hy hoort onder aan die lys. Waarom sou hy so trots wees daarop?
 
Jesus se teenwoordigheid het ‘n groot impak op Paulus se lewe gehad. Voor Jesus moet hy eerste op die lys wees, en nou? Nou is hy net bly om op die lys te wees.
 
Hoe voel jy om eerste te wees op enige lys?
 
Dink so daaraan: As jy op die lys is van mense wat vir Jesus ken, maak geen ander lyste saak nie, en dis waarom Paulus so bietjie sy kompetisie-gees verloor.
 
Nou wil ek met jou gesels oor die Tour de France en hul tradisie vir laaste kom. Hul tradisie vir laaste kom was so wonderlik dat hulle self ‘n prys daarvoor gehad het. Die persoon wat laaste kom, ry met die “Lanterne Rouge”. Die tema is so interessant in die tyd wat ons leef dat Max Leonard ‘n boek daaroor geskryf het.
 
Die titel van die boek was “Lanterne Rouge: The Last man in the Tour de France”. Die boek is vol stories wat absoluut briljant was. Hier is ‘n paar foto’s waar duidelik geïllustreer word dat van die deelnemers net so bly is om laaste te kom as eerste te kom.
 
Een van die beste stories is die een van Abdel-Kader Zaaf van Algerië. Die arme man kon nooit die toer voltooi nie, maar was 20 minute voor die einde in eerste plek. Hy en sy spanmaat was in eerste plek met omtrent 20 minute oor in die ren en baie dors. Hulle het weggebreek van die res van die peloton en gemik na die eerste persoon wat vir hulle water sou gee. Uitdaging was egter dat dit rooiwyn was. Abdel-Kader Zaaf was egter ‘n Moslem en glad nie gewoond aan enige iets soos wyn, bier, of brannas nie. Die gevolg is dat hy omtrent 300 meter voor die einde van die ren neergesak van ontrekkingsimptome en dus nie kon voltooi nie.
 
Terug by die Tour de France en die relevantheid van vandag se erediens. Of hy nou eerste of laaste kom, lyk my jy is bekend in die Tour de France.
 
Ek dink Paulus het dieselfde emosie beleef. Hy praat daarvan dat hy harder as die ander gewerk het as apostel, betekende as dit kom by harde werk op die lys is hy dalk eerste, maar nie as die een wat Jesus ontmoet het nie.
 
Jy het nie noodwendig beheer oor hoe en wanneer jy vir die Here ontmoet nie. Geen-een van ons het nie, maar ons het beheer oor hoe hard ons werk in die Koninkryk.
 
Maak seker dat jy op daardie lysie is as iemand wat trots is op die manier wat hy leef.
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur