'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

20 Junie 2021 - NG Horison.

6/19/2021

0 Comments

 
Inleidend:

Vandag wil ek met jou gesels oor ‘n ongewone teksgedeelte vir ‘n getuienis. Dit kom vanuit die boek Prediker. Ek gaan drie verskillende tekste saam lees vir jou. Elkeen van daardie tekste is belangrik omdat dit vir ons help om te verstaan dat God ons liefhet op ons eie unieke reis, en dat Hy deel is van ons elkeen se unieke reis.

Hierdie is deel 5 van ons 6 weke reis getiteld: Padkaart na die hemel. Op hierdie deel van die reis staan ons stil by die Here wat ons elkeen roep om Hom as individue te dien. Ons staan dus stil by onsself. In die beplanning wat ek en Adre en Phil gedoen het, was dit duidelik dat hierdie boodskappe ook sommer baie persoonlik moet wees.

Ek het al die voorreg gehad om in die afgelope vyf jaar gereeld van my eie unieke reis met die Here met u te deel, daarom gaan ek nie so baie daarop fokus nie. Ek gaan egter fokus op daardie onverwagse getuienis in die Boek Prediker.

 
Gebed:

Here, dis ons gebed dat U met ons sal wees in hierdie erediens, waar ons diep delf in wat dit beteken om U werklik in ons eie lewens te leerken.

Amen.

 
Skriflesing en Prediking:

Die eerste teks wat ons saam gaan lees is Prediker 1. Dis hoe Salomo hierdie bydrae tot die literêre wêreld afskop:

Die wêreld bly altyd dieselfde

1 Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem.
2 Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.
3 Wat kry die mens vir sy geswoeg,
sy geswoeg in hierdie wêreld?

Nie regtig ‘n lekker manier om hierdie boek te begin nie. Volgens oorlewering publiseer hy hierdie boek aan die einde van sy lewe. Daarom dink ons dat dit meer pessimisties is as die wyse Spreuke wat hy ook geskryf het, en beslis nie so liefdevol soos Hooglied nie.

Dis beslis ook nie manier wat ons wil hê iemand moet begin getuig oor hoe Hy God in sy of haar lewe gevind het nie. Ons wil eerder sien dat dit meer optimisties gedoen word. Ons wil sien dat mense meer positief getuig.

Ons sal eerder wil sien dat Salomo begin deur te sê: “Harde werk maak jou suksesvol...” Dit klink beter, beslis meer positief.

Maar hy kies om vanuit ‘n ander hoek te begin. Hy begin dalk eerder om die vraag te vra: “Is dit waarmee jy besig is, sinvol vir jou en jou mense?”

En dis ook die onderliggende frase wat herhaal regoor die twaalf hoofstukke van hierdie boek: “Waarmee is jy besig vandag?”

Op ons elkeen se unieke geloofsreis vra God van konstant dieselfde. Waarmee is jy besig?

Die tweede teks wat ons saam gaan lees is uit Prediker 3, die immergewilde Prediker 3, waaruit so baie onderwysers al saalopeninge oulik gedoen het.

Elke ding het sy vaste tyd

1 Elke ding het sy vaste tyd,
elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:
2 daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe,
'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek,
3 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red,
'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou,
4 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag,
'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,
5 'n tyd om klippe weg te gooi, 'n tyd om hulle bymekaar te maak,
'n tyd om te omhels, 'n tyd om weg te bly van omhelsing af,
6 'n tyd om aan te skaf, 'n tyd om te laat wegraak,
'n tyd om te spaar, 'n tyd om weg te gooi,
7 'n tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk,
'n tyd om stil te bly, 'n tyd om te praat,
8 'n tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat,
'n tyd vir oorlog, 'n tyd vir vrede.
9 Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?

10 Ek het gesien dat God aan die mens 'n taak gegee het om hom mee besig te hou. 11 God het elke ding gemaak dat dit pas in 'n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens 'n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. 

In hierdie verse sien ons dat die prediker getuig van iets anders. Hy sê dat elke ding sy vaste tyd het. Dis voorspelbaar. Ons weet wanneer dit tyd is om alles aan te pak in die lewe, en wanneer ons nie weet nie, leer ons uit ervaring wat werklik goed werk, en wat nie.

Hy gaan egter verder deur te praat oor die onbepaalde tyd.

Indien jy vandag van Johannesburg na Pretoria ry sal die GPS sê dat dit omtrent 45 minute sal neem. As jy dus wegtrek om 12:15 behoort jy teen 13:00 daar te wees. Dis voorspelbaar, maar dan is daar die onvoorspelbare dinge, soos byvoorbeeld die feit dat jy ‘n pap wiel kan kry langs die pad, of dat daar dalk padwerke is, of dat een van jou kinders gou langs die pad wil stop om ‘n draai te loop.

Daardie dinge is die onbepaalde tyd. Prediker probeer sê dat ons ook moet getuig oor die onbepaalde tye in ons lewens. Hy probeer sê dat ons maar mag getuig: “Ek sukkel om God te vind. Dankie.” En dan te gaan sit.

Nie baie sal ver ry om daardie getuienis te hoor nie, maar tog is dit ‘n belangrike boodskap. God roep ons ook om te getuig oor die kere wat ons Hom nog sukkel-sukkel soek.

Die derde teks wat ek vir u wil lees, is uit Prediker 11, en dit gaan oor skoonheid. Ons moet skoonheid vind in ons getuienis dat ons God persoonlik ken:
 
Werp jou brood op die water
1 Werp jou brood op die water,
eendag kry jy dit terug.
2 Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke,
want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.
3 As die wolke vol water is,
reën hulle leeg op die aarde;
of 'n boom nou suid of noord val,
dit bly lê waar dit geval het.
4 Wie die wind bly dophou, saai nie,
wie na die wolke bly kyk, oes nie.

5 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles.

Dis duidelik in hierdie verse dat die Prediker tog wil hê ons moet besig wees met die regte dinge in ons lewens, en dat ons moet aanhou hard werk. Hy sluit af met ‘n pragtige deel, wat gaan oor dit wat hy nie verstaan het nie, maar ons vandag meer van verstaan. Hy sluit af deur te verwys na ‘n swanger vrou, en dat ons nie heeltemal verstaan hoe God daardie swangerskap vir 9 maande laat plaasvind nie.

Hy vind egter skoonheid daarin. Hy verklaar dat al verstaan ons dit nie, dit nie vir ons hoef saak te maak wanneer ons oor God getuig nie.

Het jy al skoonheid gevind in die onverstaanbare maniere wat God in jou lewe werk, of nie?
Daar is skoonheid ook in jou lewe, want God is daar.

 
Gebed:

Here, lei ons in hierdie tyd om te weet dat u met ons is, en dat U ons lei om skoonheid in ons lewens te vind, maar ook om te getuig oor die onbepaalde onvoorspelbare tye in ons lewens.

Amen.


Seëngroet:

Ontvang die seën van die Here, en gaan huistoe in Sy vrede. Die genade van die Here Jesus Christus, die liefde van God ons Vader, en die bystand van die Heilige Gees sal met u elkeen wees en bly.

Amen.
0 Comments



Leave a Reply.

    Elke Sondag se boodskap hier

    Elke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil.

    ​Maak nie saak wat gebeur nie, jy sal die erediens hier kan kry.

    Archives

    May 2022
    April 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    June 2021
    May 2021
    April 2021
    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur