Votum en Seengroet:O, Here, ek ken alles rondom my. In die verkeer erken die karre aan hul embleme, in die winkelsentrum die winkels aan hul name. Loflied: Lied 202Wet: Ons kyk saam na die negende gebod.Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander afle nie. Julle moet die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam. Moenie sondig as jy kwaad word nie. Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ’n houvas gee nie. Die dief moet ophou steel en eerder hard werk. Hy moet sy eie hande vir eerlike werk gebruik sodat hy iets kan hê om met mense in nood te deel. Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. Ja, moenie God se Heilige Gees hartseer maak nie. In julle eenheidsband met die Heilige Gees lê julle waarborg dat julle God se verlossingsdag sal belewe. Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek. (NLV) Efes 4... Skriflesing:As medewerkers van God doen ons 'n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. Ons wil nie hê dat daar met ons bediening fout gevind word nie. Daarom gee ons ook niemand aanleiding tot aanstoot nie, maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Prediking:Handelinge 18 – Paulus het die gemeente daar saamgestel. Hierdie is Paulus se derde brief aan hierdie gemeente, maar ons noem dit 2 Korintiërs, omdat die eintlike tweede brief verlore geraak het. Hoe weet ons daar was ‘n verlore brief? Paulus verwys na sy “vorige brief” in 2 Korintiërs deur sake te noem wat ons nie in die brief 1 Korintiërs kry nie. Daarom weet ons dat daar ‘n verlore brief is. Die verlore brief gaan oor Paulus se hartseer, en die derde brief (wat ons ken as 2 Korintiërs) het te make met die regstel van hul verhouding. In hierdie brief gesels Paulus met die gemeente oor hul verwronge beeld van ware aardse sukses. Sukses is nie enige iets anders as aanstap agter Jesus aan nie. Geloof kan sonder betekenis wees. Tevergeefs (eis kenon – in Grieks. Dit beteken eintlik leeg). Tevergeefs genade ontvang. Dit beteken dat hul geloof sonder inhoud is. 1 Thess. 3:5. Hier gaan dit oor Paulus se arbeid wat sukses het omdat daar groot uitdagings was vir hul geloof. Paulus meet ware geloof aan die resultate wat hy in die gemeente in Thessalonika sien, niks anders nie. “tevergeefs” – sonder inhoud. Leeg. Nutteloos. Paulus verwys in sy eerste brief hierna. “gebede verhoor” – hier gaan dit oor gebede rondom hoe hulle sukses meet. Hulle moet sukses verstaan op die regte tyd, en daardie tyd is NOU. “Fout te vind nie” – Om fout te vind is om gemeet te word aan hul verkeerde standaarde vir sukses. “Die wil van God” – Om saam met ander in verdrukking te staan. 'n Lewe gekenmerk deur:Elkeen van ons wil graag gekenmerk word op 'n sekere manier. Dit geld vir ander mense, God, ons ouers, ons vriende, en ook vreemdelinge. Hierdie behoefte aan gekenmerk word op 'n sekere manier is omdat ons almal se lewens baie verskillend is as kinders. Daar is duisende ervarings wat jou gevorm het tot die manier wat jy vandag is. Hierdie teksverse wil ons herinner dat die ervarings nie moet eindig nie. Ons elkeen bereik 'n tyd wat ons voel dis nou wie ek is, en ek gaan nie verander nie. Die enigste manier wat jy sal verander is om te kyk na die verlede en te verstaan wie jy is. Daardie proses gaan nooit ophou nie. Jy kan nooit diep genoeg delf vir 'n beter verstaan vir jouself as mens nie. Paulus wil kom se vir die gemeente in Korinte: 1. Onthou hoe jy tot geloof gekom het nie. 2. Onthou waar jy vandaan kom. Hierdie twee is nie noodwendig dieselfde nie. In sekere gevalle verskil dit radikaal. 3. Omdat dit nie dieselfde is nie, is daar 'n proses vir elkeen wat voorle vir dieper delf om beter te dien. Hoe dieper jy delf in wie jy is, hoe groter is jou moontlike impak op die wereld. Vrees om na jou verlede te kyk:'n Geleentheid om diep te delf in jou verlede word egter deur baie mense vermy. Die rede? Trauma. Daar is dinge in ons verlede wat ons nie wil ontgin nie. Kies iemand om saam met jou die pad te stap in jou ontgin van jou verlede wanneer daar trauma is. Dis 'n geleentheid vir jou tot geestelike groei. 'n Lewe gekenmerk deur: BraafheidDaar is skakerings van braafheid. Ons mag glad nie oordeel oor 'n ander se braafheid nie.
0 Comments
Leave a Reply. |
Elke Sondag se boodskap hierElke Sondag preek iemand anders. Soms Gerrit, soms Gerhard. Ander kere is dit Dr Adre of Ds. Phil. Archives
May 2022
Categories |