Toegewyd aan die nuwe generasie leiers en gesinne in ons gemeente en gemeenskap
Al ons nuutste materiaal is beskikbaar op ons twee blogs. Al die materiaal vir die jaar is reeds vooruit gewerk. Jy kan dit datum-vir datum volg, of jy kan op jou eie spoed werk.
Sodat jy met jou gesin en kinders kan groei en saam God se liefde beleef.
Ons Nuwe Generasie is gefokus op kreatiwiteit. Kinders leer hulself moeg by die skool. Ons wil die belewenis van God voorstel aan kleuters, kinders en tieners as dit wat dit is - 'n Blewenis!
Jy kan elke week se materiaal wat met die kinders gedoen word, hier aflaai.
Daar is ook weekliks materiaal beskikbaar om voor te berei vir die eredienste. Daardie materiaal is so saamgestel dat dit ook na die erediens gebruik kan word om die erediens se tema aan te vul.