Doelwit van die gesinstyd / Sondag ontmoeting:Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien. Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind. Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God vir die mens leer om verantwoordelik te wees vir alles wat Hy gemaak het. Geniet die les. Lees die verhaal:Die verhaal kan dalk lank raak. Jy is welkom om dit uit 'n kinder bybel ook te lees. Indien jy hierdie teks gebruik, kan jy vir die kinders vrae om te tel hoeveel keer die Bybel sê dat God sê "Dit is goed" Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie 'n mens om die grond te bewerk nie. Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Die Here God het toe 'n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis. Daar het 'n rivier in Eden ontspring om die tuin nat te maak, en van daar af het dit verdeel en vier riviere geword. Die eerste rivier is die Pison en dit loop rondom die hele Gawila, waar daar goud is. Die goud van daardie land is suiwer. Daar is ook balsem en oniks. Die tweede rivier is die Gihon en dit loop rondom die hele Kus. Die derde is die Tigris wat oos van Assirië verbyloop, en die vierde is die Eufraat. Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas. GENESIS 2:4-15 AFR83 https://bible.com/bible/6/gen.2.4-15.AFR83 Kyk die verhaal: Ouer en jonger kan albei die video's maar kyk. Dis geskik vir almal.Aktiwiteit/ Gesprek na die video:Dis belangrik met die kinders te gesels oor alles wat in die video gebeur. Julle kan oor die volgende gesels na aanleiding van die video: 1. Kan jy onthou hoe God lewe in Adam geblaas het. Kan jy voel dat jy ook asem het, en dat God jou wil lewe gee. 2. Watter dinge kan mense doen wat diere nie kan doen nie? 3. Hoe is ons verantwoordelik vir die wereld? Vir die ouer kinders: 4. Wat kan jy doen om meer verantwoordelik vir die wereld te wees? (Waar is die mens nie meer verantwoordelik vir die wereld nie?) Doen iets lekker saam:Albei hierdie prentjies leer die kinders iets oor die skepping wat uniek is. Prentjie nommer 5 is gemik op kleiner kinders, maar prentjie nommer 4 is gemik op ouer kinders. Prentjie nommer 4 wil graag sien dat die kinder soek vir die antwoorde in die Bybel. Albei prentjies is geneem uit "77 Bybel aktiwiteite vir kinders", uitgegee deur Christian Art Vertel ons van vandag se ontmoeting:
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die predikant van ons gemeente en skryf hierdie weeklikse blog vir ons. Archives
March 2022
Categories |