Twee weke gelede het ons begin met ons nege weke reeks oor die vrug van die Gees. Vandag gaan ons voort daarmee, en gaan ons fokus op vreugde. Laas keer het ons gefous op liefde en veral op selfliefde. Indien jy dit nog nie met jou kinders bespreek het nie, gaan kyk gerus daarna op hierdie blog. Wat is vreugde? - 'n Video-speletjieIn hierdie pragtige video word verduidelik wat die verskil tussen vreugde en plesier is. Die Bybel is vol van wonderlike waarhede oor God, veral dat God ons altyd vashou en vir ons Sy vreugde gee. Vreugde - 'n PoppekasIn hierdie pragtige poppekas sien ons wat gebeur as ons met vreugde leef. Volgende week!Ons gaan volgende week verder met die vrug van die Gees deur te kyk na die volgende vrug van die Gees. Dit is vrede. Gebed:Here, help ons asb om as gesin en mense van God u vreugde te beleef in alles wat ons aanpak.
Amen.
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die predikant van ons gemeente en skryf hierdie weeklikse blog vir ons. Archives
March 2022
Categories |