Wat is geduld, en waarom sukkel ons so daarmee?Daar is maar min dae waar ons as ouers nie erens sukkel met geduld nie. Ons kinders sien dit en ons moet seker maak ons deel met hulle hoe om hierdie vrug van die Gees te leef te midde van die foute wat ons daarmee maak. Jakobus 1:12 verwys daarna dat ons 'n geskenk ontvang wanneer ons geduldig is. Mag jy vandag in die ontmoeting met jou kinders leer hoe om daardie geskenk uit te leef. Tema:Geduld! Teksvers(e): Gal 5:22-23aDie vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Kom ons begin met 'n video ('n poppekas)In die volgende video poppekas sien ons hoe Douglas leer dat geduldig wees 'n geskenk het. Kan jy raai wat dit is? Gesels oor geduld:Die volgende vrae is belangrik om met kinders oor te gesels wanneer dit kom by geduld: 1. Wat maak julle elkeen ongeduldig? 2. Hoe dink julle kan ons mekaar help om meer geduldig te wees? Die geduld-speletjie:In hierdie speletjie sien ons hoe belangrik dit is vir ons hele gesin om elke dag te groei in geduld. Geniet die speletjie. Gebed:"Here, leer ons as gesin om altyd te groei in ons geduld maak nie saak wat gebeur in ons lewens nie.
Amen."
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die predikant van ons gemeente en skryf hierdie weeklikse blog vir ons. Archives
March 2022
Categories |