'N GEMEENTE IN AFRIKA VIR DIE HELE WÊRELD
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur

kinderkerk blog

13 Maart 2022 - Jakob en Esau

3/12/2022

0 Comments

 

Kinderkerkblog - Sondag 6 Maart 2022 3/5/2022  0 Comments
  ​Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien.

Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind.

Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God vir die mens leer om verantwoordelik te wees vir alles wat Hy gemaak het. Geniet die les.

Picture

Jakob en Esau se verhaal:

Dis belangrik om weer saam met die kinders te kyk na die verhaal van Jakob en Esau.

Doen 'n aktiwiteit saam:

Hierdie is 'n wonderlike aktiwiteit oor vergifnis om saam met die kinders te doen.
Picture

    Wat het vandag vir jou beteken?

Submit
0 Comments

Kinderkerkblog - Sondag 6 Maart 2022

3/5/2022

0 Comments

 

​Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien.

Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind.

Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God vir die mens leer om verantwoordelik te wees vir alles wat Hy gemaak het. Geniet die les.

Picture

Isak en Rebekka:

Aktiwiteit:

    Wat het jy vandag geleer oor Isak en Rebekka se lewe:

Submit
0 Comments

Kinderkerk blog - 27 Feb 2022

2/26/2022

0 Comments

 

Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien.

Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind.

Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God vir die mens leer om verantwoordelik te wees vir alles wat Hy gemaak het. Geniet die les.

Picture

​Onthou dat daar 'n kort "questionaire" is aan die einde van elke ontmoeting. Elke ouer en kind wat dit saam voltooi kry 'n ster op 'n kaart. Indien jy 15 sterre vir die jaar bymekaar gemaak het, bederf ons jou kind met 'n boekprys aan die einde van die jaar.

Vandag se tema: Abraham luister na God

Die verhaal van Abraham is in Genesis 12 tot 26.

    Abraham vorm kinderkerk 2022

Submit
0 Comments

Sondag 13 Februarie - Kinderkerk blog

2/11/2022

0 Comments

 

​Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien.

Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind.

Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God vir die mens leer om verantwoordelik te wees vir alles wat Hy gemaak het. Geniet die les.

Picture

​Onthou dat daar 'n kort "questionaire" is aan die einde van elke ontmoeting. Elke ouer en kind wat dit saam voltooi kry 'n ster op 'n kaart. Indien jy 15 sterre vir die jaar bymekaar gemaak het, bederf ons jou kind met 'n boekprys aan die einde van die jaar.

Vandag se tema: Noag luister vir God

Kyk die storie:

In die verhaal van Noag wat na God luister sien ons dat ons ook kan leer om vir God te luister.

Doen saam iets:

Albei hierdie aktiwiteite is daar om groot en klein kinders te leer van Noag se ark.
Picture
Picture

    Kinderkerk - Sondag 13 Februarie 2022

Submit
0 Comments

6 Februarie 2022 (Kinderkerk blog)

2/5/2022

0 Comments

 

Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien.

Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind.

Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God vir die mens leer om verantwoordelik te wees vir alles wat Hy gemaak het. Geniet die les.

Picture
​Onthou dat daar 'n kort "questionaire" is aan die einde van elke ontmoeting. Elke ouer en kind wat dit saam voltooi kry 'n ster op 'n kaart. Indien jy 15 sterre vir die jaar bymekaar gemaak het, bederf ons jou kind met 'n boekprys aan die einde van die jaar.

Vandag se tema: Hoe gemaak met woede?

Kinders sukkel soms met woede. Dis een van die kragtigste emosies wat kinders moet leer om te verken. Dit was ook 'n uitdagibng vir Abel se broer, Kain.

Kyk die storie:

Die verhaal is een van die totale tragedie, maar dit leer ons dat woede kan lei tot groot sonde. So hoe kan iemand sy of haar kinders leer om weer te leef met hierdie kragtige emosie?

En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.
​
EFESIËRS 6:4 AFR83

https://bible.com/bible/6/eph.6.4.AFR83
So wat doen ons met hierdie kragtige emosie? As ouers is ons eerste plig om 'n konteks te skep vir ons kinders waar hul woede nie ander laat struikel nie.​

Wees pro-aktief met woede. Ouers wat hul kinders ken, verstaan wat hulle kwaad maak. Ouers wat dit verstaan, help hulle om hul volle potensiaal te bereik.

Doen hierdie saam: Aktiwiteite wat kan help om te verstaan hoe jou kind woede beleef:

Picture
Picture

Albei hierdie prentjies het iets met mekaar in gemeen. Dit beeld vir Kain en Abel uit, maar albei is ook besig om te wys watter aspekte van die kind se lewe vir hul spesiaal is.

Die kleur prent kan gebruik word om te kyk wat dit is wat die kind spesiaal maak. Een van die grootste redes vir woede onder kinders is jaloesie. 'n Fokus op wat kinders spesiaal maak help hulle om te verstaan dat hulle nie woedend hoef te wees nie. Dit kan lei tot 'n lewe van maatjies of broers en susters wat mekaar se sukses vier.

Kain kon nie Abel se sukses vier nie, en daarom raak hy woedend.

En dis waarmee prentjie twee help. Dit help ons om te verstaan dat hoe ons kyk na onsself belangrik is vir 'n lewe van vreugde.

    Kinderkerk - 6 Februarie 2022

Submit
0 Comments

Sondag 30 Januarie 2022 (kinderkerk blog)

1/29/2022

0 Comments

 

Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien.

Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind.

Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God vir die mens leer om verantwoordelik te wees vir alles wat Hy gemaak het. Geniet die les.

Picture

Onthou dat daar 'n kort "questionaire" is aan die einde van elke ontmoeting. Elke ouer en kind wat dit saam voltooi kry 'n ster op 'n kaart. Indien jy 15 sterre vir die jaar bymekaar gemaak het, bederf ons jou kind met 'n boekprys aan die einde van die jaar.

Vandag se tema: Wat is sonde?

Hierdie gesprek is 'n baie moeilike gesprek met kinders, omdat sonde iets is wat nie altyd weet jy doen nie. Daarom kan kinders in sekere ontwikkelingsfases nie besef hulle doen die verkeerde ding nie, maar dit eers later agterkom.

Kyk na die verhaal:

Wat gebeur in hierdie video?

Adam en Eva wys vir ons wat die gevolg is van sonde. Sonde is om nie na God se raad te luister nie. Sonde is om die merk te mis waarvoor God ons bedoel het om te leef. Adam en Eva kan enige vrugte eet, maar hulle kies die vrugte wat hulle nie mag eet nie.

Dis sonde.

Verder sien ons nog iets hier gebeur. Die slang is lustig, en wil graag he dat ons sonde doen. God het Hom verwerp oor Hy 'n opstand teen God wou voer, maar dit nie reggekry het nie. Nou is hy kwaad.

Daarom vra God van ons om na Hom te luister. Sy boodskap bly belangrik, maak nie saak in watter deel van ons lewens ons is nie.

​Onthou dit.

Aktiwiteit:

Picture

    Kinderkerk Sondag 30 Jan 2022

Submit
0 Comments

Sondag 23 Januarie 2022 (kinderkerk)

1/22/2022

0 Comments

 

​Doelwit van die gesinstyd / Sondag ontmoeting:

Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien.

Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind.

Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God vir die mens leer om verantwoordelik te wees vir alles wat Hy gemaak het. Geniet die les.
Picture

Onthou dat daar 'n kort "questionaire" is aan die einde van elke ontmoeting. Elke ouer en kind wat dit saam voltooi kry 'n ster op 'n kaart. Indien jy 15 sterre vir die jaar bymekaar gemaak het, bederf ons jou kind met 'n boekprys aan die einde van die jaar

​Lees die verhaal:

​Die verhaal kan dalk lank raak. Jy is welkom om dit uit 'n kinder bybel ook te lees. Indien jy hierdie teks gebruik, kan jy vir die kinders vrae om te tel hoeveel keer die Bybel sê dat God sê "Dit is goed"
Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is. Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie 'n mens om die grond te bewerk nie. Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak. Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Die Here God het toe 'n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis. Daar het 'n rivier in Eden ontspring om die tuin nat te maak, en van daar af het dit verdeel en vier riviere geword. Die eerste rivier is die Pison en dit loop rondom die hele Gawila, waar daar goud is. Die goud van daardie land is suiwer. Daar is ook balsem en oniks. Die tweede rivier is die Gihon en dit loop rondom die hele Kus. Die derde is die Tigris wat oos van Assirië verbyloop, en die vierde is die Eufraat. Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.
​
GENESIS 2:4‭-‬15 AFR83

https://bible.com/bible/6/gen.2.4-15.AFR83

​Kyk die verhaal: Ouer en jonger kan albei die video's maar kyk. Dis geskik vir almal.

Aktiwiteit/ Gesprek na die video:

Dis belangrik met die kinders te gesels oor alles wat in die video gebeur.

Julle kan oor die volgende gesels na aanleiding van die video:

1. Kan jy onthou hoe God lewe in Adam geblaas het. Kan jy voel dat jy ook asem het, en dat God jou wil lewe gee.

2. Watter dinge kan mense doen wat diere nie kan doen nie?

3. Hoe is ons verantwoordelik vir die wereld?

Vir die ouer kinders:

4. Wat kan jy doen om meer verantwoordelik vir die wereld te wees? (Waar is die mens nie meer verantwoordelik vir die wereld nie?)

​Doen iets lekker saam:

Albei hierdie prentjies leer die kinders iets oor die skepping wat uniek is. Prentjie nommer 5 is gemik op kleiner kinders, maar prentjie nommer 4 is gemik op ouer kinders.

Prentjie nommer 4 wil graag sien dat die kinder soek vir die antwoorde in die Bybel.

Albei prentjies is geneem uit "77 Bybel aktiwiteite vir kinders", uitgegee deur Christian Art
Picture
Picture

​Vertel ons van vandag se ontmoeting:

    Sondag 23 Januarie 2022 - Kinderkerk ontmoeting blog

Submit
0 Comments

Sondag 16 Januarie 2022

1/16/2022

0 Comments

 

Doelwit van die gesinstyd / Sondag ontmoeting:

Ons wil graag met al die ontmoetings ouers en kinders bymekaar bring, asook die gemeentelid wat die kinders met die ontmoeting bedien.

Die doelwit is vir jou om dieper te groei met jou kind.

Die doelwit van vandag se ontmoeting is vir die kinders om meer te leer oor hoe God die skepping sistematies gemaak is. Geniet die les.
Picture

Onthou dat daar 'n kort "questionaire" is aan die einde van elke ontmoeting. Elke ouer en kind wat dit saam voltooi kry 'n ster op 'n kaart. Indien jy 15 sterre vir die jaar bymekaar gemaak het, bederf ons jou kind met 'n boekprys aan die einde van die jaar.

Lees die verhaal:

Die verhaal kan dalk lank raak. Jy is welkom om dit uit 'n kinder bybel ook te lees. Indien jy hierdie teks gebruik, kan jy vir die kinders vrae om te tel hoeveel keer die Bybel sê dat God sê "Dit is goed"
1 In die begin van alle tyd het God die hemel en die aarde gemaak. 

2 Voor die skepping was alles eensaam en verlate. ’n Angswekkende donkerte het oor die bodemlose dieptes gehang. En ’n ongelooflike sterk wind het heeltyd oor die waters gewaai.

3 God was egter daar en Hy het gesê: “Laat daar lig wees.”

4 Skielik was daar oral lig. God was baie tevrede met die lig wat Hy gemaak het. Hy het dit apart van die donkerte gehou. 

5 God het die lig “dag” genoem en die donkerte “nag”. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die eerste dag van die skepping.

6 God het weer gepraat: “Laat daar ’n soliede massa in die middel van al die waters kom, sodat daar ’n duidelike skeiding tussen die waters sal wees.” En dit het gebeur.

7 God het toe hierdie soliede struktuur gemaak. Dit het die ontsaglike massas waters onder en bo die aarde uitmekaargehou. 

8 God het hierdie blou struktuur in die lug “hemel” genoem. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die tweede dag van die skepping.

9 God het verder gegaan en gesê: “Laat al die water onder die hemelruim op een plek bymekaarkom sodat daar ook droë land sal wees.” En dit was so.

10 God het die droë land “aarde” genoem en die plek waar al die water bymekaargekom het, “see”. God het gesien dat dit wat Hy geskep het, goed was.

11 God het weer gepraat en gesê: “Laat die aarde sy groeikrag wys en laat daar oral welige groen plante uitkom; verskillende plante met hulle sade. Laat daar oor die hele aarde verskillende soorte vrugtebome wees.” En alles het presies so gebeur.

12 Uit die vrugbare aarde het daar oral welige groen plante opgekom, alle denkbare soorte plante. En binne-in elke plant was elkeen se saad. Daar was ook oral vrugtebome. God was baie tevrede met wat Hy rondom Hom gesien het. 

13 Dit het toe nag geword en weer dag. En dit was die derde dag van die skepping.

14 God het gesê: “Laat daar ligte in die hemelruim wees sodat mense kan weet wanneer dit dag en wanneer dit nag is. Laat die ligte die mense help om die regte tyd te bepaal. 

15 Laat die ligte aan die hemelruim ook elke dag vir die mense op die aarde lig gee.” En dit het so gebeur.

16 God het twee groot ligte gemaak. Die ou grote, die son, moes oor die dag heers. En die kleintjie, die maan, oor die nag en die sterre. 

17 God het hierdie twee ligte toe bo in die hemelruim geplaas, sodat dit lig op die aarde bring: 

18 die grote oor die dag en die kleintjie oor die nag. So is die lig van die donkerte geskei. En God was baie tevrede met die son en die maan wat Hy gemaak het.

19 Dit het toe nag geword en weer dag. En dit was die vierde dag van die skepping.

20 God het gesê: “Laat die waters wemel van alle soorte seediere en laat die voëls oor die lengte en die breedte van die hemelruim rondvlieg.”

21 God het toe die groot seediere gemaak, so ook alle diere wat in die waters leef. God het ook elke denkbare soort voël gemaak. Hy was baie tevrede met al die seediere en voëls wat Hy gemaak het.

22 God het hulle geseën en gesê: “Wees vrugbaar en word baie. Maak nou die water van die see vol met allerhande soorte seediere. En laat die hemelruim en die aarde vol swerms voëls wees.”

23 Dit het toe nag geword en weer dag. En dit was die vyfde dag van die skepping.

24 God het gesê: “Laat die aarde verskillende soorte diere oplewer: alle soorte klein- en grootvee, kruipende dinge en wilde diere.” En dit was so.

25 God het toe al die verskillende soorte wilde diere gemaak asook alle soorte klein- en grootvee en al die kruipende dinge op aarde. En God was baie tevrede met die diere wat Hy gemaak het.

26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak ’n mens, ’n mens wat iets van My in hom het en selfs ’n bietjie soos Ek lyk. Hy sal oor die visse in die see regeer asook oor die voëls in die hemel. Hy sal die klein- en grootvee asook al die wilde diere tem. Hy sal oor al die kruipende diere op die aarde heers.”

27 God het toe die mens gemaak. En dié mens het iets van God in hom gehad. Dié mens het soos God gelyk. God het ’n man en ’n vrou gemaak.

28 God het hulle toe geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en kry baie kinders, so baie dat julle oral oor die aarde sal bly. Tem die aarde en heers daaroor. Heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en al die diere op die aarde.”

29 God het verder gesê: “Kyk, Ek gee jou elke plant wat saad dra asook elke vrugteboom op aarde as jou kos. 30En vir al die diere op die land, al die voëls in die lug en al die diere wat op die aarde kruip, gee Ek die groen plante. Dit sal hulle kos wees.” En dit was so.

31 God het alles wat Hy gemaak het, goed bekyk en Hy was baie tevrede daarmee. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die sesde dag van die skepping.

Kyk die verhaal:

Doen iets lekker saam:

Daar is twee aktiwiteite om saam te kan doen vandag. Jy kan saam met jou kinders vandag meer oor die skepping leer deur in te kleur, of deur die iets saam te maak. Nie een van die aktiwiteite is moeilik nie. Onthou dat jou kinders saam met jou leer deur verskillende take saam te doen.
Picture
Picture

Vertel ons van vandag se ontmoeting:

Elke ouer en kind wat dit saam voltooi kry 'n ster op 'n kaart. Indien jy 15 sterre vir die jaar bymekaar gemaak het, bederf ons jou kind met 'n boekprys aan die einde van die jaar.

​Die doelwit is om sommer te hoor wat julle saam geleer het. Dit leer ook vir ons kinders om toegewyd te wees aan hul eie geestelike groei.

    Sondag 16 Januarie 2022

Stuur
0 Comments

Kinderkerk - Sondag 30 Mei 2021 (die tien gebooie - deel 1)

5/27/2021

0 Comments

 

Die tien gebooie

Ons gesels oor waarom dit belangrik is om die tien gebooie te ken.

Vir ons ouers

Die tien gebooie moenie oor gepraat word asof dit net deel is van ons lewe wanneer kinders dinge doen wat stout is nie. Dit moet deel wees van ons leefstyl wanneer ons met kinders gesels.

In hierdie blog gaan die volgende gebeur:

1. Ons gaan kyk na die Bybel.

2. Ons gaan kyk na 'n video oor die tien gebooie.

3. Ons gaan iets saam doen.

4. Ons gaan saam bid.

Wat sê die Bybel?

Picture

Video:

Aktiwiteit:

Ons gaan saam kyk na die eerste drie gebooie, en hulle nog beter leerken. Mag God jou baie seën as ouer en ook vir julle as gesin.

Volgende week:

Dis belangrik dat ons sal aanhou om hirdie video vir kinders te wys.
Die aktiwiteit wat ons saam gaan doen, gaan oor die 10 gebooie en hoe ons dit kan doen. Die tien gebooie is nie altyd maklik om te onthou jie. In hierdie video verduidelik Soekie Krog vir ons kinders (en sommer vir almal) hoe om die tien gebooie te onthou.

Gebed

Here, ons sukkel so baie om die tien gebooie te onthou. Help ons as gesin om elke dag daarvolgens te leef.

​Amen.
0 Comments

Sondag 6 Maart 2021

3/6/2021

0 Comments

 

Tema:

Wat is dankbaarheid?

Hoekom is dit belangrik vir kinders?

Ons lewe in 'n wêreld wat probeer om vir ons weg te neem van die ewige waarheid dat ons dankbaar moet wees vir alles wat God vir ons gee. Vandag se wêreld probeer vir kinders leer dat ons altyd nog moet soek, teenoor Jesus wat ons leer: "Wees dankbaar vir alles wat jy het."

Kyk die video:

In hierdie kort video verduidelik Gerrit waarom dit belangrik is dat ons vir kinders leer om dankbaar te wees vir alles wat hulle het.

Kom ons raak prakties:

Een van die lekkerste maniere om vir kinders dankbaarheid te leer is om 'n lys te maak van alles wat hulle daardie dag sover gedoen het. Dit werk as volg:

Stap 1: Maak 'n lysie van vyf dinge wat elkeen daardie dag sover gedoen het. 'n Voorbeeld sal wees dat almal tande geborsel het, ontbyt geeet het, ens.

Stap 2: Langs elkeen van daardie aktiwiteite of dinge wat almal in die huis gedoen het, skryf neer wat in daardie aktiwiteit het elkeen dankbaar gemaak. Dit kan wees om te sê: "Ek is dankbaar vir tande om te borsel", of selfs iets meer uitdagend soos: "Gister was my tand seer, daarna het ek gebid, en nou voel ek beter."

Stap 3: Die res moet dit dan aanvaar en dankie sê dat elkeen iets op hul dankbaarheidslys gedeel het.

Stap 4: Aan die einde van die dag kan elkeen weer vinnig noem wat daar gebeur het waarvoor hulle dankbaar was.

Video: Die dankbaarheidslys

Gedurende Jesus se tyd op aarde het Hy ons geleer oor dankbaarheid. Hierdie verhaal se video illustreer so mooi hoe daar altyd iemand is wat dankbaar is wanneer jy dankbaar is.

Jesus genees tien mans, maar net een is dankbaar. Het jy geweet dat selfs wanneer jy baie mooi dinge vir baie mense doen, hulle nie altyd almal dankbaar sal wees nie. Daarom moet jy nie hulle dankbaarheid soek nie, maar wel God se goedkeuring. Hy is trots op jou wanneer jy ander help, selfs al sê niemand iets daaroor nie.

0 Comments
<<Previous

    Gerrit Visser

    Gerrit is die predikant van ons gemeente en skryf hierdie weeklikse blog vir ons.

    Archives

    March 2022
    February 2022
    January 2022
    May 2021
    March 2021
    November 2020
    October 2020

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly
  • Tuis
    • Wie is ons >
      • Personeel
      • Vyf vrae >
        • 1. Hoe rus jy?
        • 2. Hoe voel jy vandag?
        • 3. Watter fase van jou lewe is jy?
        • 4. Hoe het jou lewe onlangs verander?
        • 5. Watter werk doen jy?
      • Bybelstudies
      • Kuier
      • Word 'n vrywilliger
  • Groei
    • Blogs >
      • Week van gebed 2022
      • Algemene blog
      • Woensdag Inspirasie
      • Preke
  • Eredienste
    • vandag se erediens
    • Vorige eredienste >
      • 13 Maart 2022
      • 6 Maart 2022
      • 27 Februarie 2022
      • 20 Februarie 2022
      • 13 Februarie 2022
      • 6 Februarie 2022
      • 30 Januarie 2022
      • 23 Januarie 2022
      • 16 Januarie 2022
      • 9 Januarie 2022
      • 2 Januarie 2022
      • 25 Desember 2021
      • 19 Desember 2021
      • 16 Desember 2021
      • 12 Desember 2021
      • 5 Desember 2021
      • 28 November 2021
      • 21 November 2021
      • 14 November 2021
      • 31 Oktober 2021
      • 24 Oktober 2021
      • 17 Oktober 2021
      • 10 Oktober 2021
      • 3 Oktober 2021
      • 26 Setpember 2021 - Wanneer God sê STOP (toe)
      • 19 September 2021 - Nuwe Lewe
      • 12 September 2021 -Hoop
      • 5 September 2021 - 'n Tuiste
      • 29 Augustus - Waarheid
      • 22 Augustus 2021 - Worsteling
      • 15 Augustus 2021 - Vryheid
      • 8 Augustus - Manipulasie
      • 1 Aug 2021 - Hartseer
      • 25 Julie - Oorgerustheid
      • 18 Julie 2021- Chaos
      • 11 Julie 2021 - Deernis
      • 4 Julie 2021 - Vergeetagtigheid
  • Dagboek
  • Nuwe generasie
    • Kinderkerk
    • Kinderkerk blog
    • Tienerkerk
    • Tienerkerk blog
    • Belydenisaflegging 2022
  • Bedieninge
    • Musiek
    • Damesbediening
    • Mannebediening
    • Uitreike
    • Barmhartigheid
  • Koop iets
    • Vleis verkope
    • Entrepreneurs
  • Kontak
    • Word 'n lidmaat
    • Vorms >
      • Aanlyn eredienste
      • Whatsapp biduur