Van gesprek met God tot ontmoeting met God, en waarom praat die begin van hierdie leefstyl is.Gebed is ‘n gesprek wat lei tot ‘n ontmoeting met God. Gebed is eintlik baie makliker as wat ons dink. Die moeilike deel is om God te ontmoet. Gebed is eerstens gesprek met God. Praat met God. Daarom kan almal bid. Daar is niemand wat nie met God kan praat nie. Daar is niemand wat nie kan se: “Hey God, hoekom moet ek vandag blog as ek nie lus is nie.” Almal kan bid, want almal kan praat. Selfs ekstreme introverte kan na binne toe praat. So wat keer ons om te bid? Eerstens probeer ons te veel antwoorde kry in gebed, eerder as om net te praat met God. Kom ek gee jou ‘n voorbeeld uit die boek in die Bybel met die meeste gebede: Psalms. Regdeur die 150 psalms wat ons lees sien ons dat daar vrae gevra word aan God, maar ons sien baie min dat God dit direk, in aanhalingstekens, antwoord. So waarom bid die skrywers van die psalms dan enigsins as God so min antwoord? Gebed help ons om sin te maak van ons lewens. Vanuit ons gebede waarin ons ons naakte emosies met God deel, ons diepste wroegings en grootste uitdagings, vind ons maniere om dit sin te maak. Op daardie manier is gebed sielkundig baie goed, want ons kan presies vir God se wat ons dink. Die Bybel praat oor baie dinge wat ons nie mag doen nie, en dit alles vir ons eie beswil, maar nêrens word daar gesê jy mag oor sekere dinge nie bid nie. Ons kan enige iets in gesprek bring na God. Letterlik niks is verbode nie. Die vyf minute gesprek beginsel: Hierdie beginsel vir gebed is baie eenvoudig, en ek gaan dit illustreer deur my verhouding met my warm vrou, Chanelle. Ek was omtrent dadelik verlief op haar, maar ek moes begin praat. Ons was dadelik gemaklik met mekaar, maar elke keer wanneer ons mekaar gesien het moes ons deur die eerste vyf minute van gesprek beweeg om mekaar werklik te ontmoet. Op ons eerste “date” het ons meer as 45 minute by haar huis se voordeur gesels voordat ons besluit het wat om te doen. Ek sal daardie voordeur kuier nooit vergeet nie. Ons kon nie ophou praat nie. Ons het gegaan van gesels na mekaar ontmoet, en dis waarom ons nie weg beweeg het van die voordeur af nie. Ons was vasgevang in die plek waar ons geweet het ons kon praat – ons sou oor uur leer dat enige plek kon gesels. Dis daardie wete dat ek en sy orals kon gesels wat belangrik sou wees vir ons verhouding. Elke aand wat jy met God praat as jy in die bed klim gebruik dieselfde ding. Jy is in die voordeur, so begin net gesels. Dit gaan jou nie lank neem voor daardie voordeur jou vasvang en jy besef dat Hy jou daar ontmoet nie. Gebed is om van gesprek te gaan na ontmoeting, en God soek dit vir ons elkeen. Sielkundig is dit baie goed om net met God te praat sonder dat Hy antwoord. Sielkundiges weet dat die eerste paar minute van enige gesprek belangrik is. Jy wil nie iemand in die rede val nie. Jy wil hê dat al die emosies moet uitkom, maar dis nie altyd so maklik nie. Soms sukkel mense om te praat, en dan vra sielkundiges vrae vir mense om beter te verstaan wat die persoon voel. Die persoon word nie dadelik gehelp om sin te maak van die emosies nie – dit kom waarskynlik eers later. Die persoon moet net praat. Dis dalk waarom God ook nie dadelik praat nie – ons moet praat. En Hy wil he dat ons die geleentheid moet aangryp. Namate ons leer om net konstant te se hoe ons voel, beweeg ons in ‘n meer intieme ritme van gebed, waar ons sekere tendense kan optel. Baie gesprek met God oor een onderwerp kan sekere sleutel woorde uitwys. Daardie woorde is die sleutel tot ‘n gesprek met iemand wat jy vertrou. Dit kan as volg werk: “Hey dude (dude is manlik of vroulik vir enige iemand in jou lewe), ek kom agter ek bid baie oor geld wanneer ek met God gesels. Waarom dink jy is dit so?” Daardie persoon wat jou help, is GEBEDSVERHORING. Daardie sensitiwiteit leer ons dan meer akuraat oor ons emosies met God praat. Sinne soos: “Here ek is kwaad vir ‘dude’!”, word sinne soos: “Here, help my om te verstaan waarom ek so kwaad raak vir ‘dude’, asseblief.” Om na te dink oor daardie vraag kan jou dan help om meer vrae aan jouself te gee. “Here, is dit dalk omdat ek dink hulle moet anders leef? Is dit hul leefstyl wat my pla?” Dis dan wanneer jy beweeg van gesprek na ontmoeting. Van gesprek, ek wat se wat ek soek of waaroor ek wil gesels, na ‘n ontmoeting waarin Hy met my praat, of ons wat met mekaar praat. Volgens John Owen gaan dit oor ‘n dieper fokus op God. Onthou meditasie is om te fokus op God en Sy werking in ons lewens. Die diepste fase van christelike meditasie of fokus op God is wanneer ons karakters gevorm word. Volgens Calvyn, die Genève se predikant van die 1500’s, beleef nie alle gelowiges die gawes van die Gees nie, maar gaan hy verder: “almal kan dit beleef”. Hy gaan verder: “Die Woord van God word nie ontvang wanneer dit bo in ons gedagtes ronddwaal nie, maar wanneer dit ingesink het in ons harte...” So watter tipe ontmoeting soek ons met God? Ons soek ‘n belewenis, en dit gebeur deur ‘n meer intense soek na God, nie net arms in die lug gooi en vra dat God moet help nie. Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Ons sien duidelik dat Paulus wil hê die gemeente in Efesiërs moet beleef hoe diep en wyd en pragtig God se genade is, maar dat hulle daarmee sukkel. Daarom stel hy voor dat hulle dit deur gebed doen. Gebed is die sleutel tot ons verstaan van hoe groot God in ons lewens is.
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |