Stap 1: Stel persoonlike doelwitte waaroor jy beheer het.Eintlik het jy geen idee of jy bevordering by die werk gaan kry nie. Jy weet ook nie of jou kar gaan breek nie. Dalk gebeur iets erger. Iets wat ek dalk nie eers in hierdie blog kan noem nie. Punt is dit: Jy het geen idee wat 2020 inhou nie. Dalk beplan jy om jou besigheid met 'n lasersny masjien te groei (soos ek), en toe breek die ding net voor kersfees en die parte wat jy nodig het om dit te herstel kos meer as R7000 (voor Jan Taks sy 15% bysit). Ek kon nie weet dat die masjien sou breek nie, en jy kan nie weet wat alles in hierdie jaar gaan gebeur nie. Jy kan net jou reaksie kies teenoor dit, en word gevorm deur jou verhouding met God. Jy kan kies hoe baie bybelstudie jy doen. Jy kan kies hoe baie eredienste bywoon. Jy kan kies oor jou eie geestelike groei. Daardie geestelike groei is presies wat jy nodig het vir 2020, nie nog doelwitte wat kan breek nie. Kies persoonlike groei bo materiële groei. Dalk voel jy dat daardie verhoging eintlik joune moes wees. Wie sê dit moes wees? Dalk sou jy swak wees in daardie spesifieke betrekking, maar na die regte groei, kan jy briljant wees. Jesus vertel 'n verhaal om dit goed te illustreer. Dis die verhaal van die slaaf wat getrou was oor min, maar 'n goeie rentmeester was, en toe aangestel was oor baie. Matteus 25:21 - Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ Jy het teen die tyd seker agtergekom dat vreugde 'n groot rol speel in hierdie blog. Dis waarom dit in BOLT was, en ook nou na verwys word in Matteus 25:21. God wil hê ons moet vreugde beleef, maar God weet ook dat die beste manier vir ons om Hom te leerken deur reise is (Lees die hele Genesis as jy wil as voorbeeld - as jy bang is, bel my, en kom maak 'n draai by my garage en dan lees ons dit saam deur). God wil sien dat ons reis om Hom te leerken. Reise is persoonlik, feite oor God sonder persoonlike ervaringe is net boeke kennis. Jy moet persoonlik met Hom reis in 2020 om vreugde te beleef. In plaas van bekommerd wees oor alles wat nie jou kant toe gaan kom in 2020 nie, fokus eerder op jou eie geestelike groei. Dis meetbaar. Stap 2: Meetbare doelwitteEk het so vinnig iets hieroor gesê, maar ek gaan weer daarna verwys aan die hand van 'n voorbeeld van ons tyd. My generasie ouers is baie opgevoed in wat dit vat om kinders groot te maak. Wel, soortvan. Ons weet wat dit neem om die mylpale raak te sien. Vir die van julle wat nie weet wat dit is nie, gaan ek vinnig verduidelik wat dit is. Mylpale is daar om seker te maak jou kind groei ordentlik teen die regte tempo, en sodat jy kan weet wanneer jou kind nie die mylpale bereik nie. Indien kinders die mylpale mis, is jy in groot moeilikheid. Jy gaan sien hoe ouers gebel word, dokters gespreek word, ens ens. Wanneer mylpale gemis word, MOET daar mos fout wees. NS: EK het eers op 15 maande tande begin kry. Die dokter op die dorpie waar ons groot geword het was nie te bekommerd nie. "Ag dominee" het hy volgens oorlewering vir my pa gesê: "Ek ken nie matriek kinders sonder tande nie." Let wel, ek het op nege maande al geloop (En ja, ek hardloop en oefen nogsteeds). Die punt is dit: HOE WEET EK EK BEHAAL MY MYLPALE AS OUER?! Ons is so gefokus op die mylpale van kinders (en baie keer ander) dat ons vergeet om te kyk na die mylpale wat ons behoort te behaal. Miskien fokus jy te min op jou eie mylpale. Ek weet van min mense wat hul eie doelwitte bereik deur te meet hoe ander vorder met hul doelwitte. Fokus op jou eie geestelike groei. Gee vir dit gesonde mylpale. Is jou tiener moeilik? Moenie net bid dat hulle sal maklik word nie (maklik is dalk nie die regte woord nie), bid dat jy sal groei om hulle meer lief te hê en te verstaan. Meetbare doelwitte vir jouself... Dis nie 'n nuwe gedagte nie. Dit kom al van die bybelse tyd af. In bykans al Paulus se briewe praat hy persoonlik met mense oor hul gedrag teenoor mekaar, en hul verhouding met God. Stap 3: Skryf jou storie elke aand
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |