In vanoggend se Bybelstudie het ons by hierdie tema stil gestaan. Indien jy nog nie die video gekyk het van die Bybelstudie nie, hier is dit: Ons sien in God se Woord dat versorging die deurlopende tema in die Bybel is. Dis die tema wat onderliggend is aan die eerste gemeentes se groei, en ook die manier wat die dissipels vir die wereld wys dat hulle volgelinge van Jesus Christus is.![]() Die Bybel kom wys op verskillende plekke dat ons vir mekaar, onsself, asook plante en diere en dan ook mensgemaakte objekte moet sorg. Dink jy ons sorg genoeg vir die voorwerpe wat ander maak? Lewe ons in 'n samelewing wat omgee, of gee ons nie eintlik om oor ons staatsgeboue of historiese geboue nie? Die manier wat ons vir mensgemaakte objekte sorg is ook die verheerliking van die Here! Hier is die drie teksverse waarna ons gekyk het. Elke teksvers word gevolg deur 'n vraag of uitdaging in jou eie lewe:Hierdie teksvers kom wys duidelik dat ons moet trots wees op ons voorkoms. Selfs in 'n wereld waar ons baie meer by die huis is, moet ons netjies en trots wees op onsself. Dit wys dat ons trots daarop dat God ons gemaak het. Baie mense kan egter nie so mooi na hulself kyk nie agv verskillende redes. Dit neem niks weg van God se liefde vir hulle nie. In daardie gevalle moet ons as kerk van Christus bereid wees om hulle die fisiese versorging te gee wat nodig is. Kyk jy mooi na jouself? Is jy trots op hoe mooi God jou gemaak het? In hierdie teksvers gaan dit nie net oor die fisiese versorging van weduwees nie, maar ook die emosionele versorging. 'n Ander manier om hierdie teksvers te vertaal is om te se dat dit mense is wat emosioneel vergete is. Mense wat nie meer in jou gedagtes is nie. Weet jy van iemand wat werklik emosioneel vergete is? Wat vra God van jou om vir daardie persoon te doen? Hierdie teksvers help ons om te verstaan dat die versorging van objekte nie net iets wat die waarde daarvan beklemtoon nie, maar 'n taak is waartoe God ons roep. Wanneer God ons roep, is Hy altyd trots op ons wanneer ons ons beste in daardie taak gee. Jy kan nie 'n dissipel van Jesus wees sonder om werklik die versorging van almal en alles ernstig op te neem nie. Ons het die kapasiteit om almal en alles te versorg omdat ons volgens ons gawes leef. Wanneer ons take soos grassny of skottelgoed was ersntig opneem, maak ons dit 'n roeping. Daardie roeping is 'n gawe van God en is ook die versorging van alles en almal. Die post-moderne mense sukkel om balans te vind in sy lewe. Een van die redes is omdat ons te veel op onsself fokus en te min op mense rondom ons. Mag jy volgende hierdie teksverse se roepings gaan leef in hierdie tyd!
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |