![]() Die grootste idees op aarde is gewoonlik die breekbaarste. Die konteks van hierdie aanhaling deur die karakter Marcus Aurelius is juis dit. Hy verwys eintlik na demokrasie, die idee van Rome. 'n Idee wat so kosbaar en breekbaar is dat dit beskerm moet word te alle koste. Die afgelope naweek het ons gemeente saam gebraai by die kerkgebou. Wat 'n fees was dit nie! Die idee van gasvryheid is ook breekbaar. Die idee dat elkeen welkom is in die huis van die Here was nog altyd breekbaar. By ons gemeente moet ons aanhou om hierdie beginsel uit te leef. Of ons nou oud of jonk, wit of swart of watookal ons uiterlike is, is irrelevant. Die belangrikste is dat hierdie beginsel geleef word omdat ons identiteit sterk is. Ons identiteit is Christus. Sy gasvryheid is ons inspirasie. Mag hierdie breekbare idee van gasvryheid aan almal sigbaar wees in alles wat jy doen, en mag elkeen tuis kom in ons gemeente omdat hulle Christus se gasvryheid hier beleef.
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |