Inleidend2016 was 'n wonderlike jaar vir ons gemeente se jeug. Al die eer kom aan die Here toe daarvoor. Hy het toegewyde vrywilligers gestuur, die jeug se energie laat kook en die ouers opgewonde maak. Dankie aan elke vrywilliger wat so baie tyd en energie in hierdie bediening bele het in 2016, asook die ouers wat hul kinders so toegewyd kerk toe gebring het. Ons gee vir God die eer aan elkeen van julle. Hy het die jeugbediening van krag na krag te laat gaan in 2016. Die pad om die nuwe generasie te bemagtig om 'n keuse vir God en Sy kerk te maak is egter een wat konstant moet groei. In 2017 gaan ons nog meer intens in ons kinders bele, en elke ouer en vrywilliger word tot hierdie taak geroep. Ons gaan saam hierdie avontuur aanpak. Ons roeping vir 2017Die kerk is geroep deur God om alles te doen om die nuwe generasie te bemagtig om Hom, ons leier, te dien. Wat die jeugbediening aanbetref word daar sover 'n kinder-en kleuterkerk aangebied, en dan ook Sondagskool, wat vir die h/skool kinders ook is. Ons het in 2016 die volgende uitdagings met die bediening beleef: Die kinder-en kleuterkerk is in die oggende gedurende die erediens, en sluit af wanneer die erediens verby is. Dit gee hierdie vrywilligers net 35-40 minute om met die kinders te werk. Daarna gaan die kinders Sondagskool toe, waar daar dan 'n ander les aangebied word vir 20-30 minute. In ons beplanning vir 2017 het ons nuut gedink oor hierdie stelsel. Ons het dus die kinderkerk en Sondagskool in een program geplaas. Die gevolg is dus dat ons die kinders met 'n les (ons praat eintlik van 'n ontmoeting, nie 'n les nie) besig hou van 09:15 tot 10:15, maar in meeste gevalle 10:30. Dit gee ons meer tyd met die kinders in een les. Daarom wil ons 'n beroep doen op ons ouers om saam met die kinders 09:00 die erediens by te woon, en daarna 'n lekker koppie koffie of tee te geniet terwyl ons nog besig is met die kinders tot 10:30 toe. As u die kinders voor 10:15 in die oggend wil neem na kerk is die realiteit dus dat hul les nog nie klaar sal wees nie. Ons gaan dieselfde stelsel gebruik met ons tieners. Ons noem dit Jeugkerk. Hulle begin 09:115, en maak 10:30 klaar. Al verskil is dat hulle elke twee weke bymekaar kom, juis omdat ons wil sien dat hulle steeds eredienste saam met hul ouers bywoon. Hul kalender vir die eerste kwartaal lyk as volg: 29 Januarie - Facebook - Coonect met God en ander mense 5 Februarie - Die man aan die Kruis - Onverstaanbare genade 12 Februarie - Woon hoofdiens by 17 Februarie - Jeugbash van 18:00-21:00 by die kerk 19 Februarie - Paulus - Op ‘n nuwe geloofspad 26 Februarie - Saggeus - Wat sien jy? 5 Maart - Woon hoofdiens by 12 Maart - Die vrou van Johannes 8 - Ek is regtig vergewe 19 Maart - Woon hoofdiens by 26 Maart - Pilatus Skuld van die onbetrokkenes Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie nuwe proses. Ons kinders is vir ons belangrik, en ons wil sien dat hulle groei in hul verhoudings met God, en dat u as ouers bemagtig is om ouers te wees wat weet dat God hulle liefhet.
1 Comment
Vincent Rudd
2/8/2017 12:29:56 am
Man dis nou werklik mooi. Ek is opgewode. Baie geluk julle. laat weet my asb hoe om deel te he aan die BLOG
Reply
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |