![]() Ons lees nie gereeld in die bybel van Jesus se tyd saam met kinders nie. Om die waarheid te sê daar is net 'n handjie vol gebeure waarby kinders betrokke was tydens Jesus se bediening op aarde. Daar is die keer toe Hy 'n kind genees het wat konstant in die vuur geval het. Hy genees die dogtertjie van Jaïrus, en ook 'n paar ander genesings. Die vraag is egter wat ons kan leer oor hoe Jesus na kinders kyk vanuit verskillende plekke waar hulle met Hom omgaan. Daar is twee verhale wat belangrik is. Die eerste een is in Lukas 18 waar Jesus die kindertjies seën. Die mense het ook kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Toe die dissipels dit sien, het hulle met die mense daaroor geraas. In Markus se verklaring (in Markus 10) sien ons dat Jesus daarna die kindertjies optel en seën. Die ouers se behoefte is dat Jesus hulle sal aanraak, wat dalk kan dui op 'n behoefte na genesing wat daar onder die ouers was. Jesus raak hulle aan op die beste manier - Hy seën hulle. Jesus se verwagting van ons is dat ons dieselfde sal doen. Kinders het liefde en aanraking nodig - geestelike aanraking. Hoekom sou Jesus wil hê moet ons dit doen? Jesus sien kinders as katalisators vir wonderwerkeDie antwoord lê in die verhaal van die vermeerdering van die brood en vis. Dis die enigste wonderwerk wat in al vier evanglies (Matteus, Markus, Lukas en Johannes) voorkom - Iets belangriks het daardie dag gebeur vir hulle om al vier oor verskillende generasies dit vir die nageslagte neer te skryf. Die eerste drie evangelies noem net dat die dissipels die vis en brood gekry het maar nie wie dit gegee het nie. Johannes kom verduidelik dat dit 'n kind was wat sy kos weggegee het vir 'n wonderwerk. Dalk was hierdie verhaal so boeiend vir die dissipels omdat hulle iets eers later agtergekom het. Iets wat deur Johannes verduidelik word. KINDERS IS BELANGRIK, EN KAN DIE WêRELD VERANDER! Ons moet na kinders kyk as katalisators wat wonderwerke kan gee. "Wie nie soos 'n kindjie word nie..."Jesus se woorde tydens die seën van die kinders is belangrik. In hierdie verhaal sien ons dat Hy sê dat dit vir ons onmoontlik is om die Koninkryk te beleef as ons nie soos kinders word nie. Jesus wil hê dat ons onskuld en optimisme nie moet vervaag nie - dit gebeur egter te maklik. Hoekom wil Jesus hê moet ons optimisme en onskuld altyd daar wees, want dit is een van die boustene om verandering te bring en 'n katalisator te wees. Dis egter nie die enigste bousteen nieDaar is baie ander boustene ook nodig om 'n katalisator te wees, maar om steeds met kinderlike onskuld, deursettingsvermoë en geloof te dien, dra God se goedkeuring weg vir 'n lewe van uitnemendheid.
Mag jy die kinders rondom jou sien as agente of katalisators wat groot verandering en wonderwerk kan bring.
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |