Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, Die moeilikste sondes om te bely is daardie sondes wat jy nie dadelik geweet het sonde was toe jy dit gedoen het nie. Gewoonlik gaan dit gepaard met ouerskap, ‘n baie relevant onderwerp vir ons aangesien ons kinder snog klein is. Baie klein is.
Jy neem aan dit is goed om jou kinders nie kontaksport te laat doen nie, want jy vrees hulle gaan seerkry. Die resultaat is egter dat hulle dit agter jou rug doen en steeds seerkry. Dan eindig jy ook by die hospitaal, maar die keer ry jy laataand huistoe deurtrek van die wonder oor wat hulle nog vir jou wegsteek. Waarvoor kan jy hulle nog nie vertrou nie? Die beginsel geld egter altyd. Ons goeie intensies kan soms die grootste foute ooit wees – sonde. Nie alle sonde was sonde voor jy dit gedoen het nie. Jy wou nie sonde doen toe jy jou kind belet om kontaksport te doen nie, maar dit het ‘n negatiewe uitwerking op jul verhouding gehad (nota aan ouer wat hierdie blog lees: Kontaksport is ‘n blote voorbeeld – Jy mag maar bekommerd wees oor jou kind, en jou kind belet ook. Dit gaan nie noodwendig die gevolg hê wat ek beskryf nie, maar dit kan dalk). En dis juis die punt. Ons dink dat al ons dade en besluite altyd die uitwerking sal hê wat ons wil hê dit moet, maar dit het nie altyd nie. Ons mis soms die punt, en dit is sonde. Wanneer ons enige iemand seermaak, doen ons sonde. Wanneer ons kies om te na te kom ter wille van ‘n beginsel waarin ons glo, doen ons sonde. As sondaars sukkel ons daarmee om die bekende sondes te bely, wat dan nog te sê van die sondes wat ons nie besef het was sonde nie. Dalk is jy nie eers oop vir die idee dat daardie sonde wat jy gedink het die regte ding was werklik sonde was nie? Hoe ookal jy daaroor voel, daar is net twee opsies wanneer dit kom by sondes wat ons identifiseer in ons lewens: Rasionaliseer, of bely. Rasionaliseer is waar jy probeer om die verlies wat jou sonde gebring het weg te verduidelik aan die hand van jou goeie intensies. Sinne soos: “As ek dit nie vir jou gedoen het nie, sou jy nêrens wees nie…” of “Dit was net omdat ek jou liefhet dat ek dit gedoen het (dis wonderlik dat jy dit uit liefde gedoen het, maar om iets uit liefde te doen is dieselfde as om te bely – bely dus maar net). Die maklikste manier is om gewoon om verskoning te vra. Sê net jy is jammer, en leef dan anders. Indien jy nie anders gaan leef nie, gaan jy nie in ‘n ritme kom van anders optree nie. En anders optree is die resultaat van dissipelskap. Indien jy jou sonde weg probeer rasionaliseer gaan jy waarskynlik jouself issoleer. Mense wil nie tyd saam met ander spandeer wat nie kan herken of erken dat hulle sonde doen nie. Die toppunt van rasionalisering is waar jy weier om die sonde te herken (gewoon besef dis daar), of te erken (gewoon dit noem). Indien jy besluit om jou sonde te erken en te herken lê daar vir jou ‘n weg van uitnemendheid. Op daardie reis sal jy besef jy is nie ‘n slaaf van die sonde nie, maar vrygekoop deur Jesus. Mense wat werklik verlos is en uit dankbaarheid leef is ook dankbaar vir dit wat hulle leer uit die sonde wat hulle gedoen het. Jy kan vandag kies om die leuen te glo dat daar nie sonde in jou lewe is nie. As ‘n gelowige kies jy dan ook die pad sonder geestelike groei. Geestelike groei is onmoontlik sonder om sondes te bely en te groei.
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |