Kyk na die volgende wysheid wat die bybel in Spreuke gee oor hoe om 'n saak deur te voer van begin tot einde:
1. Aanvaar ervare mense se raad: Spreuke 1:25 sê die skrywer dat jongmense nie sy raad wou volg nie. So maklik kry ons as jong leiers 'n idee oor hoe om 'n verskil te maak, maar wanneer ons die idee kry word ons oënskynlik afgeskiet deur ouer, meer ervare mense. Moenie moed verloor as mense jou raad gee en jou idee wil help vorm nie. Die beste planne op aarde het begin by een idee, wat deur groepe ontwikkel is. Daardie goeie raad kan jou help om jou taak of idee tot uitvoering te bring, maar ek en jy moet volwasse genoeg wees om dit te aanvaar. 2. Bou ander op. In Spreuke 15:4 lees ons dat kalmerende woorde lewe bring. Dit geld nie net vir hoe ons met ander praat nie, maar ook met onsself. Wanneer ons 'n uitdaging in die gesig staar of opposisie kry kan ons onsself maklik afbreek. Dis nie God se wil dat ons dit met onsself doen nie. Om 'n taak kan deurvoer moet jy bereid wees om jouself en diegene rondom jou te kalmeer. Dit gee lewe, sê Spreuke vir ons. 3. Moenie instorm nie! Hierdie is 'n moeilike beginsel. Wanneer ons 'n goeie idee het om 'n verskil te maak, moet ons nie instorm nie. Spreuke 19:2 sê oorhastigheid bring foute. Dus moet ons dit wat ons wil bereik moei evalueer, en dan deeglik beplan. Dit help ons om goeie leiers van onsself en ander te wees. Wanneer ons 'n taak goed beplan kan ons dit deursien tot die einde wat ons het reeds gekyk na wat die moontlike uitdagings kan wees. Dis my gebed dat hierdie drie beginsels jou sal help om die take wat op jou bord lê deeglik te kan afhandel. Wat helpjou om die take wat jy deurvoer deeglik af te handel?
1 Comment
|
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |