![]() Ons almal was al daar. Breekpunt. Die pilare waarop jou lewe staan wankel soos jou kredietkaart tydens 'n seevakansie. Nog iets wat jou breekpunt toe kan jaag is natuurlik ook die kredietkaart. Dis November, en meeste van ons wil net by die see of 'n vakansie-oord ons stres weg kuier, drink of slaap. Doen dinge anders hierdie jaar. In plaas daarvan dat jy die jaar afsluit om jou kredietkaart die hoogte in te jaag of iets te drinke te kry om jou sorge te vergeet, begin met goeie geestelike invloed. Op 22 November gaan Henk Gous ons die vakansie inlei op 'n positiewe noot. Moenie jou lewenskrisise wegwens of wegdrink of enige so iets nie. Verander dit in groeigeleenthede. Gaan hou vakansie en raak stil oor wat 2018 vir jou inhou. Wanneer ons eerlik is oor wat in 2017 alles gebeur het en wat ons potensieel traumatiseer het, kan ons dit hanteer, en kan ons die vakansiepret stormloop. Na dit gaan dit vir jou soveel makliker wees om 2018 te tekkel voor hy kekkel. Verander jou lewenskrisisse in groeigeleenthede. Ek gaan, ek hoop ons sien jou daar.
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |