Dié wat oor my volk moet waak, is almal blind, Nee, Jesaja was nie besig om te skryf oor Suid-Afrika nie. Hy was egter besig om die waarheid te beskryf oor 'n menslike karaktereienskap wat ons elkeen maar toe goed ken – apatie. In hierdie teks sien ons dat die leiers van Israel hul rol om dinamies te wees verloor het. Hulle het apaties geword teenoor die uitdagings wat hul mense het. Soveel so dat ons in die volgende verse sien dat hulle bereid word om hul eie mense te verskeur. Apatie is die vyand van dissipel-wees. Apatie is ‘n gebrek aan belangstelling, entoesiasme of selfs meegevoel vir jou medemens of enige iets anders.
Waarom nog probeer? Ons voel gereeld so nie net in Suid-Afrika nie, maar waar ook al ons in die wêreld is. Die probleme is te groot. Alles raak net te veel. Ons kan tog nie ‘n verskil maak nie. Na tien jaar van predikant wees verstaan ek daardie gevoel goed. Die uitdagings voel soms net te groot. Soms voel die see so groot, en ons bootjies net te klein.
Apatie is soms deel van ons almal se lewens. Watter motivering is daar om apatie te breek? Die antwoord lê in die tipe dinge wat jou apaties maak. Vir ons almal is daar verskillende redes waarom ons apaties geraak het oor die dinge wat belangrik is. Skryf dit neer, gee dit vir God, en bid dat Hy jou sal wys hoe om dit te verbeter. Die tweede aspek wat Dr. Seltzer aanspreek gaan daaroor dat ons moet beweeg van passief wees na pro-aktief. As ek daarby mag aansluit: Word pro-aktief oor dinge wat jy beheer het. Baie van ons apatie is daar as gevolg van teleurstellings in verhoudings. Wanneer ons ‘n mandaat kry om ‘n verskil te maak volgens dit wat ons glo belangrik is, kan dit lei tot ‘n mindere gevoel van apatie en kan dit lei tot ‘n pro-aktiewe houding. In die bediening in gemeentes help dit om suksesse te vier. Ons raak maklik apaties wanneer ons ‘n gevoel het dat ons nie waardeer word nie. Daar het die kerk (ook ons gemeente) nog baie groei nodig. Ek weet nie wat jou apaties maak nie, maar die avontuur van dissipel-wees gaan nie gebeur wanneer jy apaties sit nie. Jy leef elke dag, skop die apatie tot in die nag 😉. Lees meer oor apatie in hierdie briljante artikel: https://www.psychologytoday.com/za/blog/evolution-the-self/201604/the-curse-apathy-sources-and-solutions
0 Comments
Leave a Reply. |
Gerrit VisserGerrit is die gemeente se leraar en skryf gereeld oor die nuutste gebeure in die gemeente Archives
January 2022
Categories |