Lewendige Uitsending:Daar is vandag verskeie lewendige uitsendings via Gerrit en die gemeente se Facebook kanale.
Jy om 08:00 sowel as 09:15 kyk na die erediens via een van die kanale. Die erediens word deur albei uitgesaai. |
Opgeneemde video's:Daar is vandag twee jeugboodskappe om na te kyk. Dit is vir die kinders en die tieners.
Die praktiese ontmoetings met aktiwiteite en ekstra video's is beskikbaar op die kinderkerk en tienerkerk se blogs. Dis baie eenvoudig en ouers en kinders kan dit saam doen, of tieners op hul eie. Daar is ook 'n opname van elke Sondag se erediens reeds voor die erediens beskikbaar. Dis onder op hierdie bladsy.
|
Lees die preek:Jy kan ook elke week se preek lees, deur hier te kliek.
Om 'n preek te lees is baie belangrik, want jy lees weer sekere dinge raak wat jy dalk vroeër gemis het terwyl jy daarna geluister het. |
Hoofgebou erediensAlmal soek blydskap in hul lewens. Of doen hulle? Om blydskap te mag beleef is 'n groot voorreg. Dis waaroor hierdie erediens gaan.
|
KinderkerkIn hierdie verhaal oor God se skepping kom sien ons hoe Hy die mens maak en vir hom leer om te sorg vir alles anders wat gemaak is.
|
TienerkerkBaie mense wonder waarom God dan mense gemaak het? As Hy God is, waarom mense maak? Hy kan mos enige iets doen?
|